中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Van baanbrekersnavorsing en innoverende vooruitgang tot transformerende gemeenskapswerk, maak personeel van die Universiteit Stellenbosch 'n blywende impak op Suid-Afrika en verder. Terwyl ons Nasionale Vrouemaand herdenk, bied ons 'n spesiale webblad met artikels, foto's en meningsartikels wat die uitsonderlike bydraes van #USVroue tot die samelewing vier. Hulle pogings is deurslaggewend in die bereiking van die US se visie om Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit te word wat wêreldwyd as uitnemend, inklusief en innoverend erken word, en waar ons kennis tot diens van die samelewing bevorder.

Wenner van die
2024 Templeton-prys

Prof Pumla Gobodo-Madikizela, bekle?r van die SARChI-leerstoel in gewelddadige geskiedenisse en historiese trauma, en die stigtersdirekteur van die Sentrum vir die Studie van die Nadraai van Geweld en die Strewe na Herstel (AVReQ) is as die 2024 Templeton-pryswenner aangewys.

Lees meer

Ter viering van Vrouemaand het die Universiteit Stellenbosch (US) die kollig laat val op 16 buitengewone studente en personeel op ons kampus wat hulle vir vroueregte en geslagsgelykheid beywer. Deur hulle toewyding en leierskap inspireer en bevorder hulle positiewe verandering.

#USVroue is baanbrekers, invloedryke meningvormers en denkleiers. Hulle perspektiewe op aktuele kwessies word plaaslik én internasionaal hoog gerespekteer, en hulle verskyn gereeld in rubrieke, meningsartikels en televisieonderhoude. Ontdek hier van hulle mees onlangse mediaverskynings.

As ’n voorkeurwerkgewer heg die Universiteit Stellenbosch groot waarde aan diversiteit in die werkplek en benut die instelling die unieke talente en sterk punte van ons dinamiese personeel. Gedurende ons jaarlikse Werkersdagvieringe in Mei het ons 'n blik op #ndagindielewe van sommige van ons spanlede gedeel. Hier is meer oor sommige van die #USVroue wat in die veldtog uitgelig is.

Corina du Toit

Bestuurder: Impakhub vir Volhoubare Ontwikkeling

Meggan Ceylon

Geleentheids- en konferensiespesialis: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Valdene Southon

Assistent: Kampusgesondheidsdiens

Khanyisa Xinwa

Studente-ondersteuningsko?rdineerder: Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe

Lisinda de Jager

Klusteronderrigko?rdineerder / Inwonende hoof van Heemstede: Afdeling Studentesake

Christine Groenewald

Omgewingsvolhoubaarheidsko?rdineer: Fasiliteitsbestuur