Ter viering van Vrouemaand laat die Universiteit Stellenbosch (US) die kollig val op buitengewone studente en personeel op ons kampus wat hulle vir vroueregte en geslagsgelykheid beywer. Deur hul toewyding en leierskap inspireer en bevorder hulle positiewe verandering. In 1991 was Prof Juliana Claassens van die Departement Ou en Nuwe Testament deel van die eerste groep vroulike teologiestudente in die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch (US). Vandag is sy die Hoof van die Gender-eenheid in die Fakulteit en leef sy haar passie vir menswaardigheid en gendergeregtigheid uit.
Vertel ons hoe jou akademiese reis in teologie meegebring het dat jy as ? feminis ? stem vir vroue geword het?
Ek het teologie begin studeer net ? jaar nadat die NG Kerk vroue die eerste keer toegelaat het om predikante te word. Kort ná die aankondiging in 1990 het ek van my hokkie-oefening af huis toe gekom en my pa het gesê: “Ag, Julie, nou kan jy ? dominee word!"
Daar was ? paar vroulike studente wat teologie voor my studeer het, maar daar is selde in die klas erkenning aan hulle verleen. Ek het danksy prof Ferdinand Deist, ? wonderlike dosent, veral op die Hebreeuse Bybel verlief geraak. Dit het my liefde vir letterkunde en die Bybelse teks gekombineer, veral die transformerende krag van stories.
My feministiese ontwaking het later gekom toe ek besef het watter uitdagings vroue in die gesig staar. Ek begin altyd my lesings met ? aanhaling dat 'feminisme die radikale idee is dat vroue mense is'! As ? feministiese vakkundige probeer jy in wese werk vir gelykheid, geregtigheid, vryheid, agentskap en subjektiwiteit, maar jy doen dit in ? stelsel wat deurspek is met ? lang geskiedenis van patriargie en (wit) manlike bevoorregting en mag.
Nadat ek my teologiese studies aan die US voltooi het, het ek ? PhD in die Ou Testament aan die Princeton Teologiese Kweekskool in die VSA gedoen, waar ek vir die eerste keer ? vroulike professor gehad het. Ek is in die Presbiteriaanse Kerk (VSA) georden en ná die voltooiing van my PhD het ek agt jaar lank daar gedoseer, wat my identiteit as ? feministiese vertolker van die Bybel versterk het.
Ek het in 2010 na die US teruggekeer en later die tweede vroulike volle professorskap beklee (2014), in die voetspore van prof Elna Mouton. My reis as akademikus was ongelooflik vervullend. Oor die afgelope 14 jaar het ek gesien hoe die Universiteit verander en meer vrouestudente bygekry het. Talle van hulle sukkel steeds met kwessies soos selfvertroue en geslagsgebaseerde geweld. Dit is regtig wonderlik om ? professor in hierdie tyd en plek te wees, want dit stel my in staat om betrokke te raak by belangrike gesprekke oor geslag, bondgenootskap en die kruispunte van ras, seksuele ori?ntasie en klas.
Vertel ons ? bietjie meer oor die werk van die Fakulteit Teologie se Gender-eenheid?
Die Gendereenheid is amptelik in Maart 2017 tot stand gebring en bou voort op die werk wat ons gedoen het in ? meestersgraad in teologie oor geslag en gesondheid wat deur die Sweedse Kerk geborg is. Oor die jare kon die Gendereenheid ruimte skep vir hoofstroom-gesprekke oor geslag en seksualiteit, nie net binne ons Fakulteit nie, maar ook in bre?r gemeenskappe, omdat ons studente daarheen terugkeer om denkleiers en agente van verandering te word.
Ons doelwit is om ? gemeenskap van vakkundiges te skep wie se navorsing tot ? sentrum van uitnemendheid bydra wat die kruispunt van geslag, gesondheid en teologie kontekstueel ondersoek. Ons volg ? feministiese etos wat daarop fokus om alle stemme te respekteer, magsverhoudinge te ondersoek en die gemeenskap opnuut saam te stel.
Ons het sedert 2017 jaarlikse konferensies as deel van ons Master's of Divinity-program aangebied. Dit het ? gevestigde geleentheid geword wat kollegas van regoor die wêreld lok, asook van ons naburige universiteite en plaaslike gemeenskapsvennote. Van die opwindende temas van hierdie konferensies wat tot publikasies gelei het, sluit in Queering the Prophet, wat ooreenstem met my eie navorsing oor Jona en sy voortgesette nalatenskap as ? aktivis vir geregtigheid. Verlede jaar se tema, 'Narrating Rape', het Bybelse verhale van seksuele geweld en die uitbeelding daarvan in populêre kultuur ondersoek.
In jou boek Claiming Her Dignity: Female Resistance in the Old Testament, verken jy vroulike weerstand. Hoe vind hierdie antieke vertellings weerklank in eietydse stryde vir vroueregte?
Dit is ironies dat een van die eksaminatore van my meestersgraad-tesis oor Jefta se dogter (Rigters 11) my gekritiseer het omdat ek geen feministiese vakkundiges ingesluit het nie! Ek onthou in daardie stadium het ek gedink 'nee, ek gaan nie ? feministiese vakkundige wees nie. Ek wil ? goeie vakkundige wees'. Dit was nogal ? reis om my stem te vind en die Bybel vanuit ? feministiese perspektief te begin interpreteer. Van my vroe?re werk bou voort op my PhD waarin ek die beeld van God in verhouding tot vroulike metafore van God as ? roubeklaer, moeder en vroedvrou bedink. Nog ? sentrale tema behels die idee van vroulike verset, wat aanspraak op vroue se waardigheid maak deur geslagsgebaseerde geweld en die geweld van armoede uit te daag. Ek het sedertdien ook gekyk hoe Bybelse tekste in gesprek met populêre literatuur kan tree om vroue se stryd teen onderdrukkende stelsels te illustreer, asook hoe hierdie narratiewe ruimte vir morele nadenke skep.
My jare lange studies hou nou verband met my voortgesette verbintenis tot sosiale geregtigheid. Ek sê altyd die manier waarop ons lees, is ook die manier waarop ons leef. Die gebruik van bybelse en eietydse literatuur as ? metode van bepeinsing is werklik deurtas in my 2020-monografie, Writing and Reading to Survive. Ek het bybelse en eietydse trauma-narratiewe vergelyk. Ek het bybelse verhale ontleed van vroue wat sukkel, maar oorleef terwyl hulle ook vorige trauma, geslagsgebaseerde geweld en voortplantingsverlies die hoof bied.
Onlangs het ek ? kommentaar oor Jona geskryf, ook deur die lens van trauma, geslag, feministiese, postkoloniale en gay perspektiewe. Dit was regtig 'n lonende ervaring. Dié boek word in Oktober vanjaar gepubliseer.
Ek is mal daaroor om met bybelse tekste te werk, want jy het hierdie wonderlike, ryk skatkis van stories en po?sie. Dit is baie menslik vir mense om te swyg wanneer hulle oor hul eie trauma probeer praat. Maar as jy ? storie saam lees, bied dit ? vars perspektief. Dit is minder angswekkend om oor iemand in die Bybel te praat as om jou eie pyn te deel.
Hoe kan ons mans by die gesprek oor geslagsregte en feminisme inbring?
In ons werk in die Gendereenheid en in my klasse probeer ons sin maak van wat as ? krisis van manlikheid beskryf word, wat soms in toksiese manlikheid ontaard. ? Voormalige kollega het altyd gesê as jy nog altyd in ? situasie van beheer en bevoorregting was, voel gelykheid soos ontaarding. Dus, wanneer vroue of mense van kleur ? gevoel van agentskap begin kry of uitpraat, voel baie individue wat nog altyd in ? situasie van bevoorregting was ? gevoel van verlies, of dat hulle van hul regte ontneem is.
As ons onderwerpe in die klas bespreek wat die moontlikheid van verlossende manlikheid uitlig, probeer ons wys daar is ander maniere om ? man te wees en dat ons as vroue en mense van kleur mans as bondgenote nodig het terwyl ons talle uitdagings die hoof bied, insluitend geslagsgebaseerde geweld, diskriminasie en die ontmenslikende werklikheid van armoede.
FOTO: Stefan Els