Uitslag van die Verkiesing van ? Raadslid deur die Kieskollege van die Donateurs om vir ? vierjaartermyn in die US Raad te dien?
?
?Lede van die Kieskollege van die Donateurs van die Universiteit Stellenbosch was versoek om ’n vakature in die Raad te vul in terme van par 6(l) en 9(2) van die US-Statuut.
Na afloop van die 30 dae wat daargestel is vir skriftelike nominasies deur lede van die kieskollege is daar slegs een geldige nominasie vir mnr Bernard Fick ontvang. Aangesien die daar slegs een vakature is, word mnr Fick as verkose beskou tot die posisie.
Sy termyn sal op 15 Oktober 2024 begin en sal vier jaar duur. Ons wens hom alles van die beste toe en bedank hom by voorbaat vir die diens wat hy aan die US sal lewer. Dankie aan die lede van die kieskollege wat deelgeneem het aan die proses. ?Dankie aan die lede van die kieskollege wat deelgeneem het aan die proses.?
Enige navrae kan gerig word aan
verkiesings@sun.ac.za?. ? ?
Ronel Retief
Rergistrateur
14 Oktober 2024
?
?????????????????????????????Jou ondersteuning maak 'n verskil
Van ? beurse en genootskappe tot kapasiteitsbou programme en studentesukses inisiatiewe, jou ondersteuning stuur ons studente die wêreld in, gereed en bereid om 'n bydrae te maak tot 'n beter toekoms. Hulle sal 'n verskil maak, omdat jy 'n verskil gemaak het.
Filantropie is ewe belangrik tot die US se navorsingsmissie. Baie belangrike en opwindende navorsingsprojekte vorder danksy die volgehoue vrygewigheid van ons gemeenskap van skenkers. Dit is hierdie ondersteuning wat dit moontlik maak dat die Universiteit voortgaan om internasionaal mee te ding as een van die top Afrika universiteite, en met plaaslike relevansie en integriteit.
-
Meer toekomstige gebeure volg binnekort
Vertoon alles ›
-
Geen kennisgewings om te vertoon. Verwys na
Kennisgewings
op US tuisblad.
Vertoon alles ›