中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Yaadein Padiachy bevorder gelykheid met oortuiging en passie
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 30/08/2024

Ter viering van Vrouemaand laat die Universiteit Stellenbosch (US) die kollig val op buitengewone studente en personeel op ons kampus wat hulle vir vroueregte en geslagsgelykheid beywer. Deur hulle toewyding en leierskap inspireer en bevorder hulle positiewe verandering. Yaadein Padiachy is ? aspirant- politieke wetenskaplike wat besig is met haar honneursgraad. Sy het verskeie leierskaprolle by die US beklee, soos die Studenteraadslid verantwoordelik vir Vroue- en Gay-bemagtiging, asook as ? assistent in die Eenheid vir Leierskap, Diversiteit en Insluiting. Sy glo daarin om vir inklusiwiteit en verandering te veg deur leierskap, voorspraak en navorsing te kombineer.

?Wat het jou laat besluit om politieke wetenskap aan die US te studeer?

Ek het in my tienerjare besef talle van my passies het met sosiale geregtigheidskwessies te make gehad, soos die voortsetting van apartheidstandaarde, armoede, geslagsongelykheid en gay-regte. Ek het daarvan gedroom om Suid-Afrikaanse politiek te hervorm op ? manier wat op hierdie kwessies fokus. Ek het gevoel ons politici doen dit nie, derhalwe het ek politieke wetenskap gekies om self die werk te doen.

Was daar ? deurslaggewende oomblik in jou lewe wat jou toewyding tot geslagskwessies versterk het?

Ek kan nie so ? oomblik onthou nie; dit is eerder iets wat inherent aan my is. Ek was in ? konserwatiewe Christelike skool en tog het baie van my vriende het as 'gay' ge?dentifiseer sonder dat ons geweet het wat dit beteken. As ek in die nuus en media gesien het hoe LGBTQIA+-individue gemarginaliseer word, het dit my verwar. Ek dink die respek wat ek vir my LGBTQIA+-vriende gehad het, het ? verbintenis geword om hulle gelykheid en regte in die samelewing te verdedig.

Is daar vroue wat mentors of rolmodelle vir jou is?

My grootste rolmodel in hierdie verband was seker my ma. Sy was baie dinamies in die korporatiewe wêreld en ? kampvegter vir leierskap, diversiteit en insluiting. Sy was ? rolmodel wat my herinner het om altyd aan te hou veg. In ? konserwatiewe tyd toe geslagsgelykheid nie so algemeen was nie en rassegelykheid nog nuut was, het my ma my altyd ondersteun om teen onderdrukkende stelsels terug te veg.

By watter aktivisme-werk is jy op die kampus of akademies betrokke?

Ek is vanjaar vir ? honneursgraad in politieke wetenskap gekeur. Die navorsing vir my mini-tesis het op die geleefde ervarings van uitsluiting van LGBTQIA+-individue in Suid-Afrikaanse geslagsbeleide gefokus. Ek het opgemerk dat LGBTQIA+-individue in verskeie openbare sektore soos gesondheid, justisie en onderwys nie dieselfde geleefde ervarings gehad het as burgers wat binne die binêre begrip van geslag val nie. Ek het ook as ? studente-assistent in die Eenheid vir Leierskap, Diversiteit en Insluiting gewerk, waar ek met studenteleiers in hulle gemeenskappe kon saamwerk oor kwessies soos geslag-nie-konformerende insluiting in koshuisruimtes. Ek was in 2022/'23 die leier van Vroue- en Gay-bemagtiging in die Studenteraad en het ? podsending bekend as Stay WAQE begin, wat etlike geslagskwessies op die kampus aangepak het. Ek was ook ? paneellid by ? Gender Dynamix-seminaar, waar ons die belangrikheid bespreek het van die implementering van beleide en raamwerke in ho?ronderwysinstellings wat die behoeftes van LGBTQIA+-individue spesifiek aanpak.

Vertel ons van jou gesin en hoe hulle jou gedurende jou akademiese reis ondersteun het.

Ek is so gese?n met my gesin en hoe hulle my ondersteun. Soos ek genoem het, was my ma ? rolmodel wat my voortdurend ondersteun het om my akademiese reis voort te sit en teen onderdrukkende stelsels te veg. My pa het my oneindigende ondersteuning en gerusstelling gebied. Nog belangriker was dat hulle families se geskiedenis ? voortdurende bron van motivering was. Hulle is albei van Indiese afkoms en het op skepe van Indi? hierheen gekom en toe Suid-Afrikaanse apartheid deurleef. Ek glo alles wat ek doen is vir die mense vir wie ek lief is. Ek wil my gesin trots maak op die feit dat hulle Indiese dogter hindernisse vir alle gemarginaliseerde mense die hoof bied.

Wat beskou jy as jou belangrikste prestasie in jou lewe tot dusver?

Die voltooiing van my eerste graad. My generasie is geneig om druk te voel om soveel eerbetone te bekom as wat ons kan; ek hou daarvan om elke oorwinning te vier. My BA-graad is een van die grootste van hierdie oorwinnings. Dit is ook ? beduidende prestasie, omdat ek die eerste in my familie is wat ? BA-graad op so ? manier aan ? tersiêre instelling voltooi. Ek dink ook aan my graad as ? wegspringblok om aan te hou om vir gemarginaliseerde gemeenskappe voorspraak te maak en dit is hoekom dit so ? groot prestasie vir my is.

FOTO: Stefan Els