中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dr Selina Palm bou br?e vir gendergeregtigheid
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 15/08/2024

Ter viering van Vrouemaand laat die Universiteit Stellenbosch (US) die kollig val op buitengewone studente en personeel op ons kampusse wat hulle vir vroueregte en geslagsgelykheid beywer. Hulle bevorder positiewe verandering deur hulle toewyding en leierskap. Dr Selina Palm is 'n bevrydingsteoloog en feminisnavorser wat op die komplekse interseksie tussen godsdiens en geweld fokus. Sy is 'n navorsingsgenoot by die Eenheid vir Godsdiens- en Ontwikkelingsnavorsing aan die US se Fakulteit Teologie en lewer navorsings-, opvoedings- en konsultasieprojekte vir uiteenlopende soorte organisasies wêreldwyd.

Wat laat jou hart klop?

Ek was nog altyd passievol oor geregtigheid, vryheid en agentskap. Ek is reeds van 12-jarige ouderdom af aan kampvegters vir swartmenseregte en sosiale geregtigheid blootgestel, waarvan baie ook geloofsleiers was en ek het altyd hierdie dimensies met mekaar geassosieer. Ek het vroeg reeds gesien hoe kwesbare kinders verskillende geslagsrisiko's en -rolle regoor die wêreld ervaar, en dit het my latere besluit gerig om nie 'n ma te word nie, maar om te werk om skadelike ondervindings vir ander kinders te verander. Ek onthou hoe my ma, toe ek baie klein was, briewe vir Amnestie Internasionaal politieke gevangenes geskryf het en verduidelik het hoe stelsels, soos apartheid in Suid-Afrika, baie onregverdig kan wees – soveel so dat my pa in 1959 in ballingskap gegaan het.

 Was daar 'n bepalende oomblik in jou lewe wat jou verbondenheid tot geslagskwessies verstewig het?

Ek was 24 toe ek in die Filippyne met mishandelde en verwaarloosde kinders gewerk het. Ek het gesien hoe ouderdom, geslag, gesinstrukture en ekonomie kan oorvleuel om onderdrukking te skep in 'n land wat berug was vir die seksuele misbruik van kinders. Ek het ook vroue ontmoet wat net so oud was soos ek en wie se lewensbesluite deur baie verskillende strukturele kontekste bepaal is, maar wat vir hulle agentskap geveg het. Nadat ek die Filippyne verlaat het, het ek die geleentheid gehad om saam met die feministiese ekonoom, prof Diane Elson, te studeer wat my verbondenheid daartoe om gendervooroordele binne sosiale en ekonomiese stelsels te ondersoek, versterk het en my stelselsbenadering as feministiese navorser gevorm het.

Wat het jou ge?nspireer om op kruisende benaderings tot kinderregte, gendergelykheid en geslagsgebaseerde geweld in jou loopbaan te fokus?

Audre Lorde het dit uitstekend gestel: "Daar bestaan nie iets soos 'n enkelkwessiestryd nie, aangesien ons nie enkelkwessielewens lei nie." Ek is deur die o? van bruin vroue uit verskillende kulturele agtergronde aan feminisme bekendgestel. Ek het ook in 'n gemengde gesin grootgeword en my geleefde ervaring was dat verskillende aspekte van ons identiteit met mekaar verband hou. Jy kan nie aan een aspek raak sonder dat dit die ander be?nvloed nie. Ek werk oor baie verskillende kruisings van identiteit en onderdrukking heen, maar die kern van soveel daarvan is dominansieparadigmas van super-ondergeskiktheid. Ek dink dit is so belangrik dat ons hierdie komplekse kruisings oorbrug en nie in silo's terugtrek nie.

Hoe inkorporeer jy genderaktivisme in jou navorsings- en konsultasiewerk, en oor watter inisiatiewe lê jou die naaste aan die hart?

Ek is passievol oor die oorbrugging van omstrede onderwerpe soos geloof en aborsie, kulturele praktyke en queer identiteite, kinderregte en strafoortuigings, vroue en bediening, asook akademie en aktivisme. Ek probeer dapper gesprekke voer wat die uiteenlopende stemme versterk van diegene wat dikwels agterbly en ek gebruik feministiese navorsingsmetodologie? as platforms om intergeslagtelike siklusse van geweld te verbreek. Dit is vir my belangrik om dít waaraan ek professioneel werk, met my optrede in my persoonlike lewe en as leke-geloofsleier in my plaaslike kerk te belyn.

Watter invloed het jou inisiatiewe op die gemeenskappe gehad waarmee jy al gewerk het, veral ten opsigte van die voorkoming van geslagsgebaseerde geweld?

Ek het al binne soveel instellings gewerk om binnestaander/buitestaander-perspektief te bied op dít wat hulle doen. In die laaste paar jaar het ek nie net binne drie verskillende Suid-Afrikaanse universiteite, insluitend by US, as 'n feministiese navorser oor geslagsgebaseerde geweld gewerk nie, maar ook met wêreldwye GBG-voorkomingsbaanbrekers soos The Prevention Collaborative en die Verenigde Nasies se Trustfonds in meer as 100 lande. Ek help organisasies, die regering en gemeenskappe om hulle invloed uit te brei deur te luister en by praktisyns te leer en by die grondoorsake van geslagsgebaseerde én kindergeweld betrokke te raak.

Het jy 'n eiesoortige standpunt oor gendergelykheid of feminisme?

Die Indiese ekonoom Amartya Sen roep 'n herinnering uit sy kinderdae op waar hy moes toekyk hoe mense reg voor 'n propvol koswinkel weens hongersnood sterf. Hierdie vroe? oomblik van 'verkeerdheid' het hom ge?nspireer om weer van voor af oor wêreldwye hongersnode na te dink. Ek hoop my eie oomblikke waarin ek verkeerdheid rondom skadelike gender- en seksuele sosiale norms gesien het, kan 'n klein bydrae saam met ander lewer om 'n genderregverdiger wêreld vir die volgende geslag te daar te stel. Dit sluit bell hooks se idee van onderrig in om in ons opvoedkundige pedagogie te oortree om die radikaal kruisende idee te dien dat niemand werklik vry is totdat almal vry is nie.

 Wat geniet jy om te doen as jy nie met werk besig is nie?

Ek woon langs die see in Kaapstad en is lief vir swem en duik asook dans. Om binne-in die skoonheid van die skepping en in my liggaam in te kom, is van die maniere waarop ek feministiese selfversorging beoefen, 'n gevoel van perspektief behou en my liggaam aan die beweeg hou. As 'n globale hibried is ek ook gek daaroor dat die oseaan al die vastelande in die wêreld verbind.

?Wat is jou toekomstige navorsingsprojekte waaroor jy opgewonde is?

Ek is genooi om as voorsitter vir 'n werkgroep oor geloof en die be?indiging van geweld teen kinders te dien vir die Seksuele Geweld Navorsingsinisiatief en hoop om van die wonderlike navorsing wat ons al gedoen het, in praktiese hulpbronne vir Afrika-geloofsleiers om te skakel. Ek fasiliteer ook menseseksualiteit-storievertelwerkswinkels in Suider-Afrika met queerorganisasies en -geloofsleiers, 'n inisiatief wat met die hulp van die US se Sosiale Impak-inisiatief begin het. Laastens gaan ek voort om by die kruisings van ekonomie, gestremdhede en geslagsgebaseerde geweld te werk.