中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dr Jean Farmer – 'Vroue kan self die weg baan'
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 14/08/2024

Ter viering van Vrouemaand laat die Universiteit Stellenbosch (US) die kollig val op buitengewone studente en personeel op ons kampus wat hulle vir vroueregte en geslagsgelykheid beywer. Hulle bevorder positiewe verandering deur hulle toewyding en leierskap. As Programbestuurder by die US se Transformasiekantoor is dr Jean Farmer ? passievolle stem vir vroueregte op die kampus.

Vertel ons meer van jou reis van jou grootwordjare in Hanoverpark tot akademikus by die US.

Ek het moeilike kinderdae gehad, maar daar was ander met groter uitdagings. Iemand het my sedert sewejarige ouderdom misbruik en toe ek 12 word, het die misbruiker uit ons huis getrek. Ek is in dieselfde tyd ho?rskool toe. Ek is nie seker dat dit ? bewuste besluit was nie, maar ek was vasbeslote om onafhanklik te word, wat beteken het ek moes goed op skool vaar. My ma was ? ywerige leser en het ? voorbeeld gestel. ? Vriendelike bibliotekaresse het my en my suster toestemming gegee om twee keer die toegelate getal boeke uit te neem. Ons vakansies het uit lees bestaan.

My onderwysers by die Groenvlei Sekondêre Skool het in ons toekoms geglo. Hulle het ons op versetoptogte gelei, maar het nooit ons onderwys afgeskeep nie. Hulle het ons aan letterkunde en wiskunde blootgestel wat nie in die Bantoe-kurrikulum voorgekom het nie. Ons het aanhalings van Nelson Mandela, Winnie Mandela, Steve Biko en ander geken lank voor dit wettig was.

Ek het my voorgraadse studie en honneursgraad aan die Universiteit van Wes-Kaapland voltooi. Teen daardie tyd was ek gewoond daaraan om deel van die verset te wees en persoonlike uitdagings te bestuur terwyl ek seker gemaak het ek voltooi my akademiese werk. Dit was nie altyd veilig om vroegoggend en saans van Hanoverpark af skool of universiteit toe en terug te reis nie. Ek het nie altyd geld gehad vir die volle busfooi nie, so het ek dikwels die helfte van die pad in die donker gestap, maar ek het elke liewe dag klas bygewoon.

Ek het aanvanklik verpleegkunde gestudeer en daarna 'n BA-honneursgraad en Opvoedkunde-kwalifikasie verwerf. Ná 16 jaar het ek uit die onderwys bedank. Anders as in die 1980's, kon ek toe by die US inskryf. Ons het in Somerset-Wes gewoon en my kinders was nog klein. Ek het ? MPhil in interkulturele kommunikasie en ? PhD in ho?r onderwysstudie voltooi terwyl ek verskeie deeltydse en daarna voltydse poste by die Universiteit beklee het.

Is daar ? bepalende oomblik in jou lewe wat jou toewyding tot geslagskwessies betref?

Ek is nie seker dat dit ? 'oomblik' was nie, maar eerder die besef oor die wydverspreide mishandeling van meisies en vroue wat ek aanskou het toe ek grootgeword het. Die vroe? swangerskap en die skooluitvalsyfer van jong meisies in Hanoverpark het my gepla. Twee van my vriendinne het opgehou om skool toe te kom en ? paar maande later het hulle albei babas verwag. Ek het my ou woonbuurt ? paar jaar gelede besoek en dit het my nog hartseerder gemaak om my ou kennisse in die agterplase van die klein asbesdakhuisies te sien woon waarin ons grootgeword het. Hulle is nou oorgrootjies vir babas wat ook by hulle woon. Dié kringloop, wat meestal vroue en kinders raak, is werklik boos en meedo?nloos.

Het jy ? unieke standpunt oor geslagsgelykheid of feminisme?

Ja, feminisme is in wese interseksioneel. Swart vroue (wat almal insluit wat as vroue identifiseer) verdien geleenthede vir gelykheid in alle sfere – hetsy in die akademie, die formele nywerheid- of die informele sakesektor.

Watter groot uitdagings het jy, veral as ? swart vrou in die ho?r onderwys, in jou akademiese loopbaan ervaar en hoe het jy dit oorkom?

As ? swart vrou is daar altyd die bewyslas. Ek glo hoe verder jy van witheid af is, hoe groter is dié las. Ek erken dus dat ander vroue groter uitdagings as ek het. Swart vroue des te meer. Wanneer ons wel praat, word daar nie na ons geluister nie of word ons laat voel dat ons te veel, uit ons beurt of te hard praat. Ek sien so gereeld dat mans op hulle fone of skootrekenaars besig raak sodra ? vrou begin praat. Ek het mans aangevat wat dit doen. Ek het die selfvertroue om my stem te laat hoor en as daar nie ? enkele woord is om ? ongemaklike gevoel te beskryf nie, sal ek ? duisend woorde gebruik.

Kan jy ? paar insigte uit jou navorsing oor swart vroue se ervarings in die ho?r onderwys beskryf?

Daar is die kwessie van onbewustelike vooroordeel, veral teenoor swart vroue, ? las wat uit die patriargale stelsels in die samelewing spruit. Ons word nie gementor (as dit nodig is) nie, en ook nie vertrou en bevorder nie.

Ek het vir my navorsing onderhoude met altesame 19 swart vroue van verskeie ho?ronderwysinstellings gevoer oor hulle trajek na akademiese poste in die ho?r onderwys. My navorsing toon dat ons van kleins af deur ? verskeidenheid uitdagings in die gesig gestaar word, waarvan sommige regtig ekstreem is. Hoewel ons almal deur ons kinderjare volhard en sukses behaal het, het ons almal gevoel die grootste beperkings het in werkplekke voorgekom. Die vroue kon die uitdagings van onderwys, mishandeling, inhegtenisnemings gedurende verset teen apartheid, die dood van ouers en so meer oorkom, maar die grootste uitdagings vir sukses het by sekere instellings voorgekom.  

Ek het ook uit belangstelling met wit vroue oor bemagtiging en uitdagings gepraat. Baie vroue voel dikwels asof hulle oor die hoof gesien word, ook dat daar ? gebrek aan geleenthede en ondersteuning in hulle akademiese loopbane is.

Op watter prestasie in jou loopbaan tot dusver is jy die trotsste?

Dat ek dalk ? stukkie van die weg vir ander vroue gebaan het.

Hoe dink jy kan die akademiese omgewing meer inklusief en ondersteunend vir vroue-navorsers gemaak word?

Menslike hulpbronne en bestuur moet luister. Verskillende vroue het verskillende ondersteuningstrukture nodig – of dit nou mentorskap, kindersorg, praktykgemeenskappe, studieverlof of wegbreke is. Stel ? reeks ondersteuningstrukture aan vroue beskikbaar.

Watter raad sou jy aan jong vroue gee wat aspirasies het om die ho?ronderwyssektor en die akademie te betree?

Skryf in. Doen aansoek. Doen die graad. Die tyd gaan in elk geval verby. Maar onthou dat jou gesondheid – geestelik en liggaamlik – eerste kom.

Wat is jou toekomstige navorsingsplanne of projekte waaroor jy opgewonde is?

As iemand wat die US gedurende apartheid besoek het en nou hier werk, kan ek die veranderinge wat oor 30 jaar plaasgevind het, maklik raaksien en vergelykings tref. Ons moet dit egter in ? ruimte omskep waar mense wat nou hier is en wat nog kom, tuis voel. Ons is nog nie daar nie en ek wil graag uitvind wat die proses en vordering belemmer.

FOTO: Stefan Els