中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
? Dag in die Lewe: Lisinda de Jager
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 21/05/2024

As die klusteronderrigko?rdineerder by die Afdeling Studentesake van die Universiteit Stellenbosch (US) en die inwonende hoof van Heemstede, speel Lisinda de Jager ? deurslaggewende rol in die vorming van studente se ervarings buite die klaskamer. Danksy haar regsagtergrond en ? diepgaande passie vir studente-ontwikkeling, ondersteun en bestuur De Jager leierskapsinisiatiewe aktief en bevorder sy daardeur gemeenskaps- én persoonlike groei onder ? diverse groep studente. Ons vier Werkersdag in Mei en dra hierdie reeks profiele op aan ons personeel en hulle deurslaggewende bydraes tot die US.

Wat behels jou rol by die US? 

My rol as ? klusteronderrigko?rdineerder is in die Sentrum vir Studentelewe en Leer gebaseer en ek werk saam met die groter span in die Afdeling Studentesake. Ek is oorhoofs verantwoordelik vir die ontwikkeling, ondersteuning en bestuur van die opvoedkundige ervarings buite die klaskamer van studente in die Rubix-kluster. Ek ko?rdineer leierskapsondersteuning binne Rubix en werk nou saam met studenteleiers en personeel, spesifiek saam met die span by Studentesake. Voorts is ek die inwonende hoof van Heemstede. Ek deel ? leef- en leerruimte met 219 studente, insluitende voornemende onderwysers, maatskaplike werkers, rekenmeesters, ingenieurs en dies meer.

Hoe lyk ? tipiese dag by die werk?

Dit is moeilik om ? tipiese dag te definieer, want geen twee dae is dieselfde nie. Die studentegemeenskappe se ruimte is vloeibaar. Oor die algemeen woon ek vergaderings oor studentefasiliteite by, ontwikkel ek opleidingsmateriaal en ko?rdineer ek projekte in studentegemeenskappe. Op sommige dae is ek by tugsake betrokke. Ek ontmoet studenteleiers van verskeie strukture dwarsdeur die dag en saans. Sommige vergaderings gaan oor strukturele en organisatoriese pligte en verantwoordelikhede, maar baie fokus ook op die gesondheid en welstand van studente, hulle akademiese sukses, sosiale insluiting en gevoel van behoort.

Talle aande en naweke word deur studente-ontwikkelingsaangeleenthede in beslag geneem. Ek het gelukkig ? groot mate van outonomie oor my werk, so ek het ruimte om kreatief in my pligte te wees, met kollegas en ander afdelings saam te werk en met studente te skakel. Ek is dankbaar dat my rol my ook die buigsaamheid bied om tyd te maak vir familie en vir persoonlike groei.

Hoe het jou opvoeding of vorige ervarings jou vir hierdie taak voorberei?

Ek is ? US-alumnus en het ? meestersgraad in die regte. Ek het as ? prokureur gepraktiseer voordat ek in Maart 2016 by die Afdeling Studentesake aangesluit het. My rol vereis ? ho? vlak van aanpasbaarheid omdat verandering ? konstante faktor in hierdie posisie is. Dit vereis ? bereidwilligheid om by en saam met ons studente te leer.

My vorige werk het my geleer om gemaklik te wees met konflik en om die kompleksiteit en diversiteit van gemeenskappe en individue te waardeer. Dit het my geleer hoe om professioneel te wees, verhoudings te bou en aandagtig te luister. Met ons werk moet ons kan verstaan wat gesê word, maar ook luister na wat nié gesê word nie.

My regsagtergrond help my om analities te wees, asook met die opstel van beleide, standaarde en ander dokumente. My lewens- en werkservaring (voorheen en nou) het my gehelp om realisties te wees oor wat ek uit moeilike tye en mislukkings leer en dit as boustene vir die toekoms te gebruik.

Wat geniet jy die meeste van jou rol en werk by die US? 

Die studente. Hulle lewenslus, veerkragtigheid en die manier waarop hulle vorentoe beweeg, is werklik inspirerend. My werk is nie ? werk nie, dit is ? leefstyl. Dit bied my die geleentheid om saam met studente te stap in hulle oorgang van skool na universiteit. Dis werklik merkwaardig om hulle persoonlike ontwikkeling te aanskou, asook hoe hulle met verandering en uitdagings worstel.

Vertel vir ons iets opwindends oor jouself wat min mense sou verwag.

Ek is passievol oor openbare redevoering en debatvoering en is sedert 2008 betrokke by kompetisies, waar ek as ? geakkrediteerde nasionale beoordelaar dien. Nog iets wat ek geniet, is om klavier en trekklavier te speel. My droom is om eendag ? koor te begelei.

FOTO: Stefan Els