中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dr Jocelyn Solomons ’n baanbreker vir billikheid vir vroue in sport
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 08/08/2024

Ter viering van Vrouemaand laat die Universiteit Stellenbosch (US) die kollig op buitengewone studente en personeellede op ons kampus val wat vroueregte en geslagsgelykheid voorstaan. Deur hulle toewyding en leierskap inspireer en dryf hulle positiewe verandering. Dr Jocelyn Solomons het met 'n PhD oor vrouerugbyontwikkeling grense verskuif en 'n veranderingsagent vir vrouesport in die land geword. Solomons blink as dosent in die Afdeling Sportwetenskap aan die US nie net uit in die akademie nie, maar skitter ook as 'n bekroonde Latynse danser en gekwalifiseerde Zumba-instrukteur.

Wat laat jou hart klop?

Om deel te wees van vooruitgang en verandering wat die status quo uitdaag. Of dit nou met studente, stelsels of navorsing is. My beker loop oor wanneer ek met studente werk – om hulle te mentor en om te sien hoe hulle gedurende hulle akademiese reis in verskillende weergawes van hulleself ontluik. Die wete dat ek elke dag 'n verskil in soveel lewens kan maak, hetsy dit deur individuele interaksie of die bre?r invloed van my navorsing is, laat my hart klop.

Vertel ons van jou reis om van 'n jong meisie met 'n voorliefde vir dans tot 'n junior dosent in krag en kondisionering aan die US te vorder?

Spreuke 18:16 lui: “Die geskenk van 'n mens skep vir hom ruimte." [Afrikaanse 2020-vertaling] Dans, as my Godgegewe talent, het beslis baie deure vir my oopgemaak. Dit het alles begin toe ek 'n volle beurs ontvang het om by Somerset-kollege skool te gaan. Die skool het nie net my liefde vir sport gekweek nie, maar my ook gehelp om akademies uit te blink. Met sy sterk Christelike waardes het ek altyd gevoel die blootstelling wat ek gekry het deur by een van die topskole in die land skool te gaan, het my daarop voorberei om later in my lewe te floreer.

Ek onthou nog die dag toe ek by 'n loopbaanuitstalling in die skoolsaal besef het ek wil sportwetenskap studeer – dit was die enigste graad wat die woord 'sport' bevat het! Ek het die regte as my tweede opsie gelys, want eerlikwaar, die res het alles vervelig gelyk. Ek was gelukkig om 'n beurs te ontvang om aan die US te studeer, waar ek in 2014 met my graad in sportwetenskap begin het. Ek het my voorgraadse én nagraadse grade voltooi, en langs die pad het dosente my dikwels gevra om sekere modules, insluitende dans, te "demi".

Ek het nooit daaraan gedink om 'n dosent te word nie, maar 'n geleentheid het binne die Afdeling ontstaan, en my mentor, wyle prof Wilbur Kraak (destyds Departementshoof), het my aangemoedig om aansoek te doen. Toe ek die nuus ontvang dat my aansoek suksesvol was, het dit soos 'n sterk bevestiging gevoel dat 'n groep mense in my vermo? glo om 'n verskil in studente se lewens te maak. As ek terugkyk, het ek nooit beplan om 'n dosent te word nie – dit is asof die loopbaan my gevind het.

Wat het jou ge?nspireer om in jou PhD-verhandeling op vrouerugby en die persepsie van die sport in Suid-Afrika te fokus?

Ek en prof Kraak het gedurende Covid 'n dinkskrum oor potensi?le navorsingsonderwerpe gehou. Ek het geweet ek wil hê my onderwerp moet in rugby as sport gewortel wees, so ons gesprekke het natuurlik om mansrugby gewentel – dis waarmee ek meer vertroud was. Net toe ek op die punt staan om hierdie wonderlike idee voor te lê, het hy my uitgedaag met 'n enkele vraag: "… wat dan?" Die vraag het my laat herbesin oor die onderwerp in terme van die blywende impak daarvan, eerder om net 'n hardekopie van 'n proefskrif te wees.

Prof Kraak het as my studiepromotor nie geskroom om die moeilike vrae te vra nie, en hy het dikwels my blindekolle uitgewys. Hy het my laat besef dat ek as vrou van kleur uniek geplaas is om navorsing oor vrouerugby in Suid-Afrika aan te durf. Ons het albei saamgestem dat hierdie navorsing nie net as 'n platform sou dien om die lewens van die deelnemers aan die studie te be?nvloed nie, maar dit sou my as navorser ook 'n nuutgevonde perspektief gee en die geleentheid om 'n veranderingsagent vir vrouesport in die land te word.

Hoe het die akademiese en sportgemeenskap jou navorsing oor vrouerugby ontvang?

Die reaksie was positief. Mense is daarvoor te vinde om die navorsing te bespreek en die bevindinge daarvan te verstaan. Daar is egter nog baie werk om te doen om die bevindinge in praktiese oplossings te omskep. Dit sal samewerking met kundiges en besluitnemers in die rugbyomgewing verg om 'n daadwerklike verskil te maak.

Wat beskou jy as jou belangrikste prestasie in jou loopbaan tot dusver?

Die geleentheid om 'n TV-platform met prof Kraak te deel en 'n Afrikaanse onderhoud oor my navorsing in dans én rugby te voer – dit was 'n belangrike en onvergeetlike ervaring.

Is jy by enige spesifieke inisiatiewe of programme betrokke wat daarop gemik is om geslagsgelykheid in sport te bevorder?

Ek is opgewonde oor my podsendingreeks wat binnekort bekendgestel word. Hierin bespreek ek sleutelkwessies in vrouesport met kundiges wat op én van die veld af betrokke is. Ons beklemtoon die hindernisse wat vroue in die gesig staar en ondersoek die positiewe aspekte en moontlike oplossings.

Watter raad sal jy aan jong vroue gee wat daarna streef om by sportwetenskap of mededingende sport betrokke te raak?

Daag op. Selfs al voel jy bang of onvoorbereid of al twyfel jy in jou vermo?. Onthou waarom jy begin het.

Hoe handhaaf jy die balans tussen jou veeleisende loopbaan en jou persoonlike lewe en belangstellings, soos om mededingend te dans?

Baie versigtig! Gelukkig oorvleuel dans, krag en kondisionering en my navorsing in 'n sekere mate – dink aan die ringe van die Olimpiese Spele se kenteken. Wat ek in die lesingsaal leer, pas ek toe in my dansopleiding. Wat ek in die werklike lewe toepas en leer, doen ek ook oor navorsing. En wat ek navors, bring ek terug na die lesingsaal.

'n Tipiese week sluit 'n gimnasiumsessie elke oggend voor werk in, gevolg deur 'n volledige werkdag. Woensdae word aan navorsingsverwante take gewy. Ek woon twee aande per week dansoefensessies by. Naweke word aan gesinstyd en danskompetisies gewy. Ek maak ook seker my voorbereiding vir die week is teen die Sondag gedoen. Op papier lyk dit alles netjies georganiseerd, wat beslis by my tipe A-persoonlikheid aanklank vind.

Watter rol het jou gesin tot dusver gespeel om jou loopbaan en akademiese doelwitte te ondersteun?

Hulle was nog altyd ongelooflik bemoedigend en ondersteunend – in só 'n mate dat die grense wat ek sien, ekself is. As dit nie vir my broer was wat my oortuig het om vir my honneurs in te skryf nie, sou ek dalk tevrede gewees het met net my graad in sportwetenskap en om binne 'n ho?prestasie-spanopset as krag- en kondisioneringsafrigter te werk. Ek is ook gese?nd om 'n voormalige professionele rugbyspeler as 'n lewensmaat te hê wat nou 'n krag- en kondisioneringsafrigter is. Gelukkig verstaan my ondersteuningspan my dryfkrag en passie, maak nie saak hoe vreemd, onverwags of selfs skrikaanjaend my idees soms mag lyk nie.

Hoe dra die samewerkende kultuur en navorsingsondersteuning by die US by tot jou werk en professionele ontwikkeling?

Om deel te wees van die Vroe? Loopbaan-Akademiese Program (ECAD) het aan my doelbewuste en intensionele geleenthede vir loopbaanbevordering en -ontwikkeling gebied. Dit het my toegelaat om strategies te wees oor my persoonlike en professionele ontwikkeling. Die samewerkende kultuur binne die program moedig my aan om ontvanklik te wees vir nuwe idees oor onderrig en navorsing en om selfs nuwe perspektiewe te vind oor die uitdagings wat ek in die klaskamer ondervind.

Wat is jou doelwitte en aspirasies vir die toekoms op die gebied van sportwetenskap en genderaktivisme?

Ek streef daarna om as 'n swaargewig op die navorsingsgebied van sportwetenskap, veral oor vroue in sport, erken te word. Ek voorsien ook dat ek as 'n spesialiskonsultant of adviseur met sportorganisasies en unies sal saamwerk oor onderwerpe soos afrigtersopleiding en -ontwikkeling, asook oor spelerontwikkelingspaaie in ons sport. My uiteindelike visie is om deel te wees van 'n era wat baanbrekerswerk doen in billikheid en gelykheid vir vroue in sport, veral in ons land – hetsy dit nou in vroueleierskaprolle, afrigting of as atlete is.

FOTO: Stefan Els