中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Thandile Ngxikwe inspireer met vasberade leierskap
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 21/08/2024

Ter viering van Vrouemaand laat die Universiteit Stellenbosch (US) die kollig val op buitengewone studente en personeel op ons kampus wat hulle vir vroueregte en geslagsgelykheid beywer. Deur hulle toewyding en leierskap inspireer en bevorder hulle positiewe verandering. Thandile Ngxikwe is die voorsitter van die Verenigingsraad by die US en is tans besig met 'n Nagraadse Diploma in Volhoubare Ontwikkeling. Danksy die inspirasie van haar ouers se aktivisme, is Ngxikwe 'n dinamiese studenteleier wat baie tyd en energie spandeer om bewustheid te skep oor kwessies wat vroue en meisies raak.

Vertel ons 'n bietjie meer oor jou kinderjare en opvoeding en hoe dit jou passie vir sosiale geregtigheid en aktivisme be?nvloed het?

Ek het saam met albei my ouers in 'n omgewing grootgeword waar ek altyd aangemoedig is om te droom en dapper te wees. My ouers was aktiviste in die vroe? 1980's, so politiek is altyd in my huishouding bespreek en dit het my ook in politiek laat belangstel. Soos ek ouer word, is dit die politiek van my identiteit en bestaan in ons samelewing wat my passie vir aktivisme be?nvloed.

Hoe het jy by studenteleierskap by die US betrokke geraak?

Ek het nie geakkommodeer en ingesluit gevoel in die kampusruimte ten opsigte van die kultuur en sommige praktyke nie. Ek wou in studenteleierskap wees sodat ek tot die verandering van die kultuur kon bydra om meer inklusief te wees vir swart meisies soos ek. In die begin was dit moeilik om 'n voet in die leierskapsdeur te kry, veral binne die koshuisomgewing, omdat ek gesien is as ietwat van 'n vuurvreter en my aktivisme hoofsaaklik oor die Swart ervaring gaan. Ek dink my vrymoedigheid het my eweknie? bang gemaak dat ek die ruimte sou radikaliseer, wat 'n bevooroordeelde aanname was. Om die balans tussen my groot persoonlikheid, my vermo?ns en my sterk politiek te vind en te bemeester, was een van die grootste uitdagings wat ek binne studenteleierskap ondervind het.

Wat is van die invloedrykste inisiatiewe of veldtogte waarvan jy al deelgeneem het, veral dié wat verband hou met geslagsgebaseerde geweld (GBG)?

Ek was deel van die leierskap en organisering van die GBG-betogings in 2019 en 2020 op kampus en in Kaapstad. Ek werk saam met die organisasie P2P (Post2Parliament) en ons het 'n paar suksesvolle geldinsamelings- en bewusmakingsinisiatiewe geloods waar ons goed saam met organisasies soos die Uyinene-stigting en die V&A Waterfront gewerk het. Ons het die Wetsontwerp op die Nasionale Raad teen Geslagsgebaseerde Geweld bepleit, wat 'n voortdurende poging is om te verseker dat dit goed ge?mplementeer word. Ek is ook deel van Anti-GBV SA, 'n organisasie wat daarop gemik is om die aktivismepogings van ander organisasies soos #TotalShutDown te laat herleef deur saam met organisasies en regeringsentiteite soos die Departement van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede te werk om te beplan hoe anti-GBG-verminderingsbeleide beter ge?mplementeer kan word.

Het jy vroulike rolmodelle of vroue wat as mentors vir jou opgetree het?

My grootste rolmodelle is mama Winnie Mandela en Brenda Fassie (my ma is natuurlik die cliché-antwoord, maar sy is tussen hierdie wonderlike vroue). Hierdie vroue se krag en moed spoor my aan om net so dapper te leef soos hulle dit gedoen het in 'n tyd toe dit nie aanvaarbaar was nie, veral nie vir swart vroue nie. Hulle is pragtige swart vroue wat my inspireer om my drome na te jaag en in my waarheid te leef. Ek het by die Universiteit ook 'n paar wonderlike vroue ontmoet. Dr Uhuru Phalafala staan vir my uit as mentor danksy die manier hoe sy my potensiaal kon raaksien en my kon help om daardie potensiaal te koester.

Hoe handhaaf jy 'n balans tussen jou akademiese verantwoordelikhede en jou aktivismewerk?

Dit is 'n voortdurende stryd wat ek al by sommige geleenthede verloor het! Omdat ek my hande vol het met studenteleierskap, aktivisme en die ontvouing van die lewe, het my akademie swaargekry omdat ek dit nie altyd kon prioritiseer nie. Die bestuur van hierdie balans het mettertyd en deur ervaring verbeter. Ek offer my slaaptyd op, want ek het al die ure nodig wat ek kan kry om te verseker dat ek by alles kan uitkom (wat nog steeds nie altyd moontlik is nie).

Watter stokperdjies of belangstellings geniet jy afgesien van jou aktivisme en akademiese strewes?

Ek is baie lief daarvoor om buite te wees en nog meer as dit goeie weer en warm is. Ek geniet 'n mooi dag deur te gaan stap of te draf of om 'n nuwe restaurant saam met my vriende en familie uit te toets. Ek is baie lief vir musiek en dans en ek geniet dit ook om te lees.

Hoe ontspan en sien jy om na jou eie welstand gegewe die emosioneel-veeleisende aard van jou werk in maatskaplike geregtigheid en GBG-voorspraak?

Ek is baie bevoorreg om deur my gemeenskap gedra en ondersteun te word in al my werksaamhede. My vriende en familie het my ruimte gegee om te uiting te gee aan my gevoelens en te huil oor al die uitdagings wat ek in hierdie werk ervaar. Ek praat daaroor in terapie, en ek hou dagboek net sodat ek altyd ook na myself omsien. Musiek help ook baie.

Wat is jou akademiese en aktivisme-doelwitte vir die toekoms?

Dit is 'n groot vraag met 'n groot antwoord, veral omdat ek soveel belangstellings in verskeie dinge het! Ek vertrou al die magte wat oor my gestel is om my na die beste pad te lei ten opsigte van die rigting wat ek van hier af moet inslaan. Een ding wat ek wel weet, is dat ek klaar is met studenteleierskap na hierdie jaar, en ek sal waarskynlik ook my meestersgraad deeltyds doen.

FOTO: Stefan Els