中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dr Ethel Phiri verbou klimaatslim inheemse gewasse
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 07/03/2024

Dr Ethel Phiri, ? dosent in die Volhoubare Landbouprogram in die Fakulteit AgriWetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US), kombineer wetenskaplike kundigheid met tradisionele kennis met die oog op voedselsekerheid en omgewingsvoordele. Phiri het met Engela Duvenage gesels oor hoe sy en haar span klimaatslim inheemse gewasse verbou.

My oggende begin tipies met ? wandeling deur ? kweekhuis by die Universiteit Stellenbosch. Ek en my studente gaan die sprinkelstelsel na wat ons Bambara-grondbone van voedingstofverrykte water voorsien.

Ons s? is een van die eerste eksperimentele kweekhuisgebaseerde aeroponika-stelsels in ? ontwikkelende land waar ? inheemse peulplant gekweek word deur ? generiese Internet van Dinge-platform in die nastrewing van klimaatslim landbou-opsies te gebruik. My PhD-student, Mosima Mabitsela, het die bewys-van-konsep vir die kweek van Bambara-grondbone in so ? stelsel verlede jaar in die Heliyon-vaktydskrif gepubliseer.

In die somerre?nvalgebiede van Afrika suid van die Sahara is hierdie vinnig groeiende gewas bekend as tindlubu, ditloo, jugoboon of grondertjie. Dit is ? tipe ondergrondse gewas, aangesien die sade (of neute) ondergronds in peule ontwikkel.

Vir my smaak Bambara-grondbone soos ? kombinasie van kekerertjies, grondboontjies en gewone boontjies. My ouma, Nciphile Thewa Khumalo, kweek dit in haar tuin, saam met sorghum, patats en inheemse pampoene. Sy sal baie verbaas wees om te sien hoe hulle in ? kweekhuis floreer eerder as in iemand se huistuin of op ? stuk gemeenskaplike grond.

Ek wou al sedert die ouderdom van 12 ? wetenskaplike wees. Ek het in 2002 ? BSc-graad in natuur- en omgewingswetenskappe aan die Universiteit van Johannesburg voltooi, gevolg deur ? honneursgraad in plantkunde. ? PhD in dierkunde, oor varswaterkrappe, het aan die US gevolg.

Ek het sedertdien na my eerste liefde teruggekeer – plante en landbou. As ? dosent en navorser in die Volhoubare Landbou-program van die US se Fakulteit AgriWetenskappe bestudeer ek hoe om onderbenutte inheemse Afrika-gewasse (sommige noem dit weesgewasse) soos spinasieagtige imbuya-, tinhlumayo- en marama-bone, asook graansoorte soos imfe en amabele (sorghum) meer kommersieel lewensvatbaar en selfs meer modieus te maak. Ek kombineer wetenskaplike kennis met tradisionele wysheid om samewerking te bevorder en die welstand van mense en die omgewing te verbeter.

Ek glo ons kan die wêreld voed, selfs in ? al hoe warmer toekoms, deur meer van die geharde, plaagbestande en klimaatslim gewasse te verbou waarmee tipies in ontwikkelende lande geboer word. Dit sal ons help om na ? meer volhoubare, diverse en inklusiewe landboustelsel te beweeg wat plaaslike gemeenskappe en die samelewing bevoordeel.

Hierdie artikel is oorspronklik in Nature gepubliseer. 

Foto: Dr Ethel Phiri in die aeroponika-kweekhuis waar sy sorghum verbou.