中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Constance Matlholwa sê gendergeweld die stryd aan
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 13/08/2024

Ter viering van Vrouemaand laat die Universiteit Stellenbosch (US) die kollig val op buitengewone studente en personeel op ons kampus wat hulle vir vroueregte en geslagsgelykheid beywer. Deur hulle toewyding en leierskap inspireer en bevorder hulle positiewe verandering. Constance Matlholwa is die Programko?rdineerder vir MIV, Gender en Seksualiteite by die US se Eenheid vir Gelykwaardigheid. Sy speel ? deurslaggewende rol in die stryd teen gendergeweld en die ondersteuning van inisiatiewe om ? veilige en inklusiewe omgewing by die Universiteit te skep.

Wat laat jou hart klop?

Om uit my interaksie met mense te leer en te groei en om na hulle stories te luister. Ek is ook ? smulpaap.

Is daar ? bepalende oomblik in jou lewe wat jou toewyding tot geslagskwessies versterk het?

Om geslagsgebaseerde diskriminasie en geweld in my werk as MIV-berader te ervaar en te aanskou, het my o? oopgemaak. Ek het met baie jongmense te doen gehad wat seksueel misbruik is en ek was meestal die eerste mens aan wie hulle hul mishandeling onthul het. Hulle het dikwels nog aan skok gelei en het gevrees dat hulle nie geglo sou word nie. Ek het gesien watter geestelike impak geslagsgebaseerde geweld op individue het en besef hoe groot die behoefte aan ? veilige ruimte vir oorlewendes is, asook aan duidelik uitgestippelde verwysingsroetes om die oorlewendes se las te verlig.

Het jy enige mentors of rolmodelle gehad wat jou loopbaan aansienlik be?nvloed het?

Ja, dr Catherine Egbe is ? wonderlike mentor. Sy is ? spesialis-wetenskaplike by die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad en haar werk fokus op tabakgebruik, -beheer, -staking en -voorkoming. Sy was my bestuurder en het my geduldig alles geleer wat ek oor sistematiese literatuuroorsig weet. Haar vertroue in my en haar steun het my selfvertroue aansienlik laat toeneem. Sy het my aangemoedig om my doelwitte selfgeldend na te streef. Ek is haar ewig dankbaar.

Wat het jou ge?nspireer om ? loopbaan in voorspraak oor MIV, geslag en seksualiteit te volg?

Nadat ek gegradueer het, het ek vrywilligerswerk by die gemeenskapsgebaseerde organisasie Siphesihle Home-Based Care in Tembisa, Gauteng, gedoen. Ek was ? gemeenskapsversorger en my verantwoordelikhede was om basiese berading aan jongmense en volwassenes te bied wat met MIV leef of diegene wat daardeur geraak word, soos kinders wat weens vigs wees gelaat is. Gedurende hierdie tyd was ek ook ? ondersteuningsversorger wat adolessente wat MIV opgedoen het, oor hulle MIV-status moes inlig. Een uitdaging was die stigma in ons gemeenskappe. Die waninligting het dit vir jongmense moeilik gemaak om hulle status te verwerk omdat hulle met negatiewe stories grootgeword het wat met MIV geassosieer word. Ek het deurgaans hulle stryd en veerkragtigheid aanskou en dit het ? diep passie gekweek om hulle regte en welstand te ondersteun en om ? kampvegter vir hulle te wees.

Wat beskou jy as die belangrikste prestasie in jou loopbaan tot op hede?

Gedurende my tyd by klinieke het ek nakomingsberading verskaf. Voormalige pasi?nte van hierdie klinieke is steeds dankbaar en onthou wat ek vir hulle gesê het. Die wete dat ek alles in my vermo? gedoen het en hulle lewe op die een of ander manier verander het, maak dit die moeite werd.

Wat dink jy is die grootste struikelblokke vir die oplossing van geslagsgebaseerde geweld in Suid-Afrika?

Geslagsgebaseerde geweld in Suid-Afrika is kompleks en veelvlakkig. Ons het goeie beleide, maar dit word nie konsekwent toegepas nie en daar is ? gebrek aan politieke wil. Daar is ? behoefte aan ? geko?rdineerde benadering wat alle belanghebbendes insluit, insluitende gemeenskappe op voetsoolvlak.

Watter deel van jou werk as die Programko?rdineerder vir MIV, Gender en Seksualiteite by die Eenheid vir Gelykwaardigheid vind jy die bevredigendste?

Om die jongmense met wie ek interaksie het, te bemagtig deur inligting te verskaf en veilige ruimtes te skep, veral rondom veiliger seks en hulle geslagsidentiteitsreis. Dit is ? eer, want hierdie mense is meestal op hulle kwesbaarste en kies tog om my met hulle stories te vertrou.

Vertel ons van jou gesin en hoe het hulle jou op jou reis ondersteun?

Ek is van Noordwes, waar die meeste van my familie bly. My grootste ondersteuner was my pa, Mpho, wat ? paar jaar gelede oorlede is. My sib, niggie en nefies maak my mal, maar hulle wil altyd hoor of ek oukei is en hou my op die hoogte van sake. Ek het jare lank in Gauteng gebly, maar het Stellenbosch toe gekom omdat ek ? nuwe uitdaging in ? ander omgewing nodig gehad het.

Oor watter toekomstige persoonlike en US-projekte is jy opgewonde?

Ek is tans besig met my meestersgraad in openbare gesondheid en is opgewonde om die kennis en vaardighede wat ek opgedoen het, aan te wend om ons dienste te verbeter. My belangstellings is tabakgebruik (veral met hookah-pype), MIV, asook seksuele voortplantings- en jeuggesondheid.

Watter raad sou jy aan jong vroue gee wat daarna streef om die gebied van geslagsvoorspraak te betree?

Daar is nog soveel werk om te doen en meer stemme is nodig. Jong vroue moet hulle kennis vergroot deur te lees en by hulle onderskeie gemeenskappe betrokke te raak om hulle probleme te verstaan. Gemeenskappe het gewoonlik interessante idees oor wat gedoen kan word.

Hoe vier jy Vrouedag? 

Ons het baie sterk vroue in Suid-Afrika, so ek kies een interessante vrou en verdiep my op Vrouedag in haar werk, lewe en stories.

FOTO: Stefan Els