中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Avontuurlustige dokter met 'n hart van goud kry 7 onderskeidings
Outeur: Corporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Gepubliseer: 20/12/2023

'n Week voordat haar November-eksamen aan die Universiteit Stellenbosch (US) 'n aanvang sou neem, het 'n finalejaar mediese student iets buitengewoons gedoen. Sarah Camp (25) het binne net tien dae van die US se Ukwanda-sentrum vir Landelike Gesondheid op Worcester na haar tuisdorp in Hillcrest, Durban, gery om meer as R30 000 in te samel om medestudente te help om hulle studieskuld te delg.

Wat Camp se prestasie nog merkwaardiger maak, is dat sy, nadat sy die 1 200 km per fiets afgelê het, die volgende dag na die kampus teruggekeer het om haar finale eksamen af te lê. Sy het haar MBChB-graad met 'n gemiddeld van 81% en sewe onderskeidings geslaag, wat haar in die top-12 van 2023 se finalejaar-mediese studente aan die US geplaas het. Sy is ook aangewys as die “Beste Plattelandse Kliniese Skool Student van die Jaar".

Deur die loop van haar mediese studies het Camp uiteindelik onderskeidings ontvang in 27 van die 30 modules wat sy voltooi het. "Ek voel ekstaties oor my uitslae, en diep dankbaar," sê die skrander dokter. “Daar was definitief 'n paar wobbles, deurnagsessies en noue ontkomings met spertye langs die pad! Ek dink nie daar is 'n geheim is vir akademiese sukses nie. Ek het nog altyd probeer om slim te werk, om belang te stel in wat ek leer en om daarop te fokus om die basiese beginsels te verstaan. Oor die afgelope paar jaar het ek ook probeer om tyd in die hospitaal te balanseer met tyd agter die boeke en ander belangstellings en projekte."

Inspirasie van prof Thuli Madonsela

Camp is deur prof Thuli Madonsela se pogings ge?nspireer om studente met studieskuld te help. Sy het die ongelooflike tog per fiets afgelê om geld in te samel vir #Action4Inclusion, 'n inisiatief van die Sentrum vir Sosiale Geregtigheid (CSJ) by die US.

“Prof Madonsela beplan aanstaande jaar 300 kilometer te stap om studenteskuld te help delg. Ek het gedink: 'Sjoe, dis ongelooflik. As die professor dit kan doen, waarom kan ek nie?'" verduidelik Kamp.

Sy het die Wes-Kaap 26 Oktober om 06:00 op haar bergfiets verlaat en Saterdag 3 November by haar ouerhuis aangekom waar vriende en familie – en haar hond Spencer – haar jubelend verwelkom het.

“Dit was die rit van my lewe," het Camp agterna gesê. “Ek het nooit gedink ek sal per fiets van een provinsie na 'n ander ry nie. Dit was beslis 'n onvergeetlike ervaring."

Haar vriendin en medestudent, Bianca Tout, het haar vergesel en het die bystandsmotor bestuur. Sy het al die pad langs Camp gery met die nodige toerusting, kos en water in die voertuig. Camp is innig dankbaar vir haar hulp. “Ek waardeer ons vriendskap opreg, want hoewel Bianca onder geen verpligting was om dit te doen nie, maar sy het gekies om hierdie tog saam met my aan te pak," sê Camp.

Hulle het beplan om elke aand te kampeer, maar vreemdelinge langs die pad was hulle baie goedgesind. “Ons het elke dag vooruit geskakel om gastehuise op die plekke waar ons wou oornag, te vra of ons in hulle tuin kon tent opslaan. Met die uitsondering van een, het al die gastehuiseienaars vir ons gratis verblyf vir die nag gegee wanneer hulle hoor wat ons doen.

“Die reis het my geleer om op die goedhartigheid van vreemdelinge te vertrou – soos met enigiets, is dit mense wat jou ondersteun en in jou glo en jou help om jou doelwitte te bereik. Ons het soveel vriendelike woorde op die pad ontvang en mense het mildelik geskenk. Jy moet net jou hart en verstand oopmaak en uitreik. Mense is dikwels vinnig om Suid-Afrika te kritiseer, maar ons het regtig 'n pragtige land vol pragtige mense. Ek is so ge?nspireer deur ons dapper voorgraadse studente van regoor die land, en deur die passie en onbaatsugtigheid van mense soos prof Madonsela en die span by #Action4Inclusion wat hulle ondersteun. Dit is waaroor Suid-Afrikaans-wees gaan," sê Camp.

Onverwagse terugslag

Kort ná haar terugkeer het Camp ongelukkig 'n terugslag beleef – die fiets wat sy gebruik het, is in Bellville agter van haar motor af gesteel terwyl sy op pad was om dit aan haar vriendin by wie sy die fiets geleen het, Tessa Brooke, terug te besorg. Die skuldige is gevang, maar die fiets is nog nie teruggevind nie. Camp beskou dit as 'n leerervaring: "Die les van die verhaal is moenie 'n fiets agter op 'n motor los nie."

Die borrelende jong vrou is geen vreemdeling vir fisieke uithouvermo? en om die grense te verskuif nie – sy het die Drakensbergreeks van 230 km te voet deurkruis, die 330 km-afstand van Engeland se Teemsrivier in 'n kano geroei en vroe?r vanjaar haar eerste Comrades-marathon aangepak.

Nadat sy haar eindeksamen voltooi het, het Camp se oupa haar met 'n reis na Spanje bederf waar sy in 2017 'n Rotary-uitruilstudent was. Met haar terugkeer het Camp en twee klasmaats (Bianca en Tessa) nog 'n avontuur onderneem: Hulle het 'n tien dae lange sloertoer na Zimbabwe gedoen. Hulle het hulle graduering in styl gevier, die Afrika-bos geniet, gekampeer, ontspan en die landelike gebiede in ons buurland verken.

Camp is passievol daaroor om studente te ondersteun wat weens studieskuld nie toegang tot akademiese rekords kan kry nadat hulle gegradueer het nie. Toegang tot onderwys moet nie van rykdom afhang nie, beklemtoon sy. “Soveel van my medestudente kom uit agtergronde waar hulle baie min finansi?le ondersteuning het. Baie van hulle is die eerste generasie in hulle familie wat universiteit toe gaan. Ons moet almal doen wat ons kan om hierdie baanbrekers te help om hulle ideaal te verwesenlik. My reis was baie simbolies, want dit vertel die verhaal van baie studente wat hulle geboorteplek moes verlaat om in 'n ander provinsie te studeer om hulle lewens te verbeter en uiteindelik terug te keer huis toe nadat hulle afgestudeer het. Hierdie idee was bloot om studente te help waar ek kan en spanning te verlig terwyl eksamens aan die gang was," sê sy.

“Die reis het vir my gewys dat gewone mense buitengewone dinge kan doen as hulle hul daarop toelê – of dit nou is om jou studies te finansier of om die eerste een in jou gesin te wees wat aan 'n universiteit studeer of om die land op 'n fiets te deurkruis. Enigiemand kan fietsry of 'n dag lank klas bywoon. Die beginsel is dieselfde: Dit is nie wat jy doen wat moeilik is nie, dit is om die deursettingsvermo? te hê om dit dag na dag aan te hou doen. En dit is wat jou nader as die volgende persoon aan jou doel bring."

Camp wag op haar finale plasing vir haar internskap van twee jaar wat op 1 Januarie 2024 begin. Sy verkies 'n semi-landelike of kleiner sentrumplasing waar sy goeie blootstelling en ervaring onder die toesig van 'n senior mediese span kan kry.

Op die langtermyn stel Camp in noodgeneeskunde belang, maar in watter veld sy ook al uiteindelik spesialiseer, sal sy altyd die reisgogga hê wat haar na nuwe avonture en nog goeie dade lei.

FOTO: Stefan Els