中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
? Dag in die Lewe: Valdene Southon
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 09/05/2024

Valdene Southon is veel meer as bloot ? assistent by die Universiteit Stellenbosch (US) se Kampusgesondheidsdiens. Sy speel ? sleutelrol wat veel verder strek as die tipiese grense van administratiewe werk. Sy het ? agtergrond in die regte en ondersteun die Universiteit se gesondheidsinisiatiewe danksy haar vermo? om daaglikse werksaamhede deurentyd te verbeter. Ons vier Werkersdag in Mei en dra hierdie reeks profiele op aan ons personeel en hul deurslaggewende bydraes tot die US.

Wat behels jou rol by die US? 

Ek is die assistent van die Senior Direkteur van die Kampusgesondheidsdiens, dr Pierre Viviers. My verantwoordelikhede strek veel verder as die tradisionele administratiewe take. Ek is die primêre ko?rdineerder vir die Senior Direkteur se kantoor, hou toesig oor ? magdom projekte en verseker dat daaglikse bedrywighede glad verloop. Ek dien voorts as ? betroubare raadgewer en bied waardevolle insigte en ondersteuning waar nodig. My rol behels ? mengsel van strategiese denke, projekbestuur en ? skerp vermo? om die behoeftes van die Direkteur en die Organisasie te antisipeer en aan te pak. Ek is ook die Sekretariaat van die Institusionele Komitee vir Personeelgesondheid en -welstand.

Hoe lyk ? tipiese dag by die werk?

Ek sal tipies my verantwoordelikhede (van administrasie tot projekte tot strategiese ondersteuning) balanseer en dit in ooreenstemming met my energievlakke uitvoer, maar die meeste dae lyk so:

· Oggend-bestekopname om die dag te beplan;

· Projekwerk beslaan die grootste deel van die oggend (wanneer die brein nog vars is!);

· Kantoorbestuur vind voor middagete plaas;

· Administratiewe pligte volg ná middagete (e-posse, oproepe, Teams-boodskappe, ensovoorts);

· Ek neem op sekere tye van die dag ? blaaskans van 5 minute;

· Laatmiddag-bestekopname om enige uitstaande sake af te handel of voorbereiding vir die volgende dag te doen.

Hoe het jou opvoeding of vorige ervarings jou vir hierdie taak voorberei? ? 

Ek het my regsgraad behaal en waardevolle vaardighede bekom wat my nogal aansienlik in hierdie rol gehelp het. Regsfakulteite lei jou op om kritiese denke en probleemoplossing toe te pas en hoe om eties en professioneel op te tree. Die jare se ondervinding (meer as 15 om presies te wees) kom ook met sy eie stel aangeleerde vaardighede wat jy nie noodwendig leer wanneer jy ? graad voltooi nie. Sagte vaardighede soos verhoudingsbestuur, die ontwikkeling van leierseienskappe en sterk kommunikasievaardighede is alles deel daarvan. Ek voltooi vanjaar ? nagraadse diploma in toekomsstudie en dit was tot dusver nogal leersaam. Ek is geneig om so gou as moontlik nuwe kennis in ons afdeling toe te pas.

?

Wat geniet jy die meeste van jou rol en werk by die US? 

Wat my werklik besiel is om te weet dat al werk ek in ? administratiewe hoedanigheid, my pogings die belangrike werk van ons gesondheidsorgpersoneel by die Kampusgesondheidsdiens regstreeks ondersteun en uiteindelik ? impak op die sorg en welstand van pasi?nte het. Pasi?ntondersteuning is nie ? eenrigtingstraat nie en gereelde gesprekke met personeel en studente oor hul behoeftes is belangrik. In die woorde van dr Max Goodwin van die TV-reeks New Amsterdam: “Hoe kan ek help?"

Om in ? studente-omgewing te wees help mens voorts om tred te hou met die jonger mense en hoe hulle die alledaagse lewe hanteer. Ek sien altyd uit na die nuwe studente-inname en om waar te neem hoe hulle die realiteit van die lewe ná skool en buite die gesin aanpak. Ons leer elke jaar by hulle. Mens kry die gevoel van lewenslange leer en dat jy ? positiewe impak op ander mense se lewe maak. Om hier te wees bied professionele groei én persoonlike bevrediging!

Vertel vir ons iets opwindends oor jouself wat min mense sou verwag. 

Ek is ? baie ekspressiewe en uitgaande mens en geniet dit om met my gesin en vriende te sosialiseer. Ek is ? lid van ? sosiale stapgroep wat gereeld oornagstaptogte doen in plekke soos die Cederberg, Robertson en McGregor. Ek het die Otter-roete voltooi en was in trane toe ons op die laaste dag by die berg afgestap het. Ek blameer uitputting én die louter skoonheid van moederaarde vir daardie trane. Ek is ook ? ywerige aanhanger van gruwelfiksie: Stephen King is ? groot treffer op my boekrak en meer onlangs het ek Koreaanse rillerreekse op TV begin kyk. Ek beplan ook ? potsending saam met ons volwasse seun wat by ons woon en sy lewe beplan sodat hy eendag kan uittrek. ? Heel ander stel re?ls vir ouers én kinders tree in werking sodra jou kind 21 word! Nou moet ek net die tyd vind om dit van die grond af te kry!

FOTO: Stefan Els