#USVroue
Van baanbrekersnavorsing en akademiese uitnemendheid tot betekenisvolle gemeenskapsbetrokkenheid, die vroue van die Universiteit Stellenbosch (US) help skep ’n beter toekoms, plaaslik én wêreldwyd. Ter viering van Nasionale Vrouemaand plaas ons die kollig op die merkwaardige #USVroue wie se bydraes vooruitgang dryf en die US se verbintenis tot uitnemendheid, inklusiwiteit en innovasie vergestalt. Verken hierdie spesiale versameling stories, foto’s en besinnings wat hulde bring aan die noodsaaklike rol wat hulle in die bevordering van kennis in diens van die samelewing speel.


Wêreldwye erkenning en prestasies
’n Viering van #USVroue wie se werk en leierskap internasionale erkenning verwerf het.
Denkleiers en uitblinkers
#USVroue gee gestalte aan gesprekke in die samelewing. Verken enkele meningsartikels oor geslagsverwante kwessies wat op nasionale mediaplatforms verskyn het.
Prof Anita Bosch
Hoekom word sekere beroepe steeds deur mans oorheers? Hierdie vraag fassineer navorsers al lank, veral aangesien vroue se salaris-, bevorderings- en leierskapsvooruitsigte noue verband hou met die beroepe waartoe hulle toegang het. Prof Anita Bosch, die bekle?r van die Navorsingsleerstoel: Vroue by die Werk aan die Stellenbosch Besigheidskool, ondersoek dit in ’n artikel vir Business Day.
Lees meerProf Lindy Heinecken
Struikelblokke vir geslagsgelykheid in die weermag moet oorkom word
Prof Juliana Claassens
Die alchemie van voedsel en geregtigheid op Vrouedag
Prof Lisanne du Plessis & Dr Lynette Daniels
Suksesvolle borsvoeding by die werk laat samelewings werk
Prof Renata Schoeman
SA-vroue loop groter risiko om toksiese stres by die werk te ervaar
Prof Sibusiso Moyo
Skeidsmure moet afgebreek word om vroue, meisies in die wetenskap te bevorder
Prof Amanda Gouws
Suid-Afrikaanse vroue beleef uitsluiting van die samelewing weens geslagsgebaseerde geweld – hoe hulle terugveg
Ondersteun studente en transformeer die toekoms
Ons jaarlikse reeks, #dagindielewe, wat in Mei ter viering van Werkersdag verskyn het, plaas die kollig op ons personeel. Vanjaar het ons professionele administratiewe steundienstepersoneel uitgelig wat ’n tasbare verskil in studente se lewens maak. Verken die stories van sommige van die merkwaardige #USVroue wat in die reeks verskyn het.
Candice Egan
Help studente om te floreer deur skenkerondersteuning
Dr Heidi October
Bemagtig die volgende generasie leiers
Anne Havemann-Serfontein
Vorm studente se reis deur toegewyde ondersteuning