中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Sope Williams lê die naakte werklikheid van seksuele korrupsie bloot
Outeur: Corporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Gepubliseer: 22/09/2024

Prof Sope Williams van die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Regsgeleerdheid, ? toonaangewende kenner in openbare verkryging, anti-korrupsie en ontwikkelingsreg, het haar loopbaan daaraan gewy om deursigtigheid en aanspreeklikheid in bestuur te bevorder. Haar onlangse navorsing het ? ontstellende tendens ontbloot – die alomvattende probleem van seksuele korrupsie in Suid-Afrika. Die onderwerp sal op 27 September by die US onder bespreking wees wanneer 'n dokumentêr Rising Voices: Unmasking Sexual Corruption in South Africa vertoon sal word, gevolg deur 'n gesprek.

Williams, 'n lektor van die Departement Handelsreg aan die US, het haar vir die eerste keer in die kwessie van seksuele korrupsie begin verdiep toe sy deur die Open Contracting Partnership, ? nieregeringsorganisasie (NRO) wat in die VSA gevestig is, genader is om geslagsresponsiewe verkryging in Suid-Afrika te ondersoek. Haar bevindings het aan die lig gebring dat ondernemings wat deur vroue besit word, dikwels voor unieke uitdagings te staan kom om toegang tot openbare kontrakte te kry, insluitend versoeke vir seksuele dade in ruil vir die verkryging van staatstenders.

“Hoewel my studie ? klein steekproef behels het, het byna elke vroulike besigheidseienaar met wie ek gepraat het, ? storie oor seksuele korrupsie. Ek was regtig verbaas om dit te hoor, want oor die algemeen is die meeste van die vroue wat verkryging kan bestuur, eienaars van ondernemings. Hulle is gewoonlik opgevoed en middelklas, so hulle is nie jou tipies kwesbare klas mense nie," verduidelik Williams

Hierdie verrassende ontdekking het meegebring dat sy haar in die kwessie verdiep het. Haar navorsing het gou uitgebrei om samewerking met die Duitse Ontwikkelingsko?perasie-agentskap GIZ in te sluit, wat ook werk op hierdie gebied begin doen het.

“Ek is gevra om na die wetlike raamwerk oor seksuele korrupsie in Suid-Afrika te kyk. Ek het die wetlike raamwerk teen seksuele korrupsie in Suid-Afrika gekarteer deur te kyk na die mate waarin seksuele korrupsie gekriminaliseer word en hoekom daardie wetlike raamwerke nie werk nie. Ek stel reeds die afgelope drie jaar in hierdie onderwerp belang en het dit in verskillende fasette in verkryging en in ander sektore nagevors.

Volgens Williams word seksuele korrupsie selde as ? afsonderlike verskynsel erken in die anti-korrupsieraamwerk óf die raamwerke wat geslagsgebaseerde geweld aanpak. Die lae profiel van seksuele korrupsie word voorts meegebring deur hindernisse om dit aan te meld en om doeltreffende regstelling te bekom.

Sy beklemtoon die belangrikheid daarvan om die term “seksuele korrupsie" eerder as “seksafpersing" (sextortion) te gebruik, wat alternatiewelik gebruik word, maar ook die afgelope jare ? ander betekenis aangeneem het weens die opkoms van kuberafknouery en -afpersing.

" Seksuele korrupsie manifesteer as enige versoeke vir enige soort seksuele aktiwiteit of intieme aktiwiteit in ruil vir toegang tot openbare dienste of voorregte," verduidelik sy.

“In Suid-Afrika kom dit voor in elke sektor waar daar hekwagters is. Ons sien dit in gesondheid, onderwys, immigrasie en openbare verkryging. Dit manifesteer gewoonlik op dieselfde manier – ? vrou kan gevra word om ? man te ontmoet wat haar toegang tot sekere dienste of geleenthede kan bied. Hy vra dan vir een of ander soort seksuele kontak, of soms vir ? intieme foto, in ruil vir toegang tot die diens of geleentheid.

Vroue is veral kwesbaar vir korrupsie weens hul behoefte aan groter toegang tot openbare dienste, soos voortplantings- gesondheidsorg, sê Williams. Hulle dra dikwels die verantwoordelikheid om kinders, mense met gestremdhede en bejaardes te versorg, wat vereis dat hulle toegang tot hierdie dienste namens hul afhanklikes moet kry.

Akkurate statistieke is moeilik verkrygbaar weens die sensitiewe aard van die misdaad en omdat dit nie genoegsaam aangemeld word nie, maar Williams haal ? peiling aan wat deur Corruption Watch gepubliseer is en wat bevind het dat 14% van jongmense slagoffers van seksuele korrupsie was. Sy meen die werklike voorkoms is veel ho?r.

“Dit is veral problematies in sektore soos onderwys en immigrasie. Vroue wat vlugteling- of werkspermitte nodig het, is uiters kwesbaar. Ons het ook gevind daar is ? groot probleem in die hofstelsel en die omvang van seksuele korrupsie in die strafregstelsel sal jou skok," sê sy.

Terwyl bewyse toon dat vroue disproporsioneel geteiken word, word mans, transgender mense en diegene wat nie met gendernorme konformeer nie, ook geraak.

Ontoereikende wetgewing

Suid-Afrika se wetlike raamwerk teen korrupsie het histories gefokus op finansi?le transaksies, wat beide die gewer en die ontvanger van omkoopgeld kriminaliseer. Hierdie benadering is egter onvoldoende om seksuele korrupsie aan te pak, meen Williams.

Sy noem ? voorbeeld uit die behuisingsektor wat die ontoereikendheid van die wetgewing illustreer.

“Daar is ? vrou wat sowat tien jaar lank op die lys vir ? HOP-huis in een van die provinsies in die noorde was. ? Amptenaar het ? paar jaar gelede na haar huis gekom en gesê: 'Kyk, jy is nou bo aan die lys. So, ons gaan vir jou ? huis toeken'. Maar toe stap hy by haar huis binne en sê: 'Om seker te maak jy kry die huis, sal ek hier op jou bed wag'. Die vrou was geskok toe sy besef hy verwag om seksuele omgang met haar te hê. Sy het hom dadelik gevra om te gaan. Sy het nooit haar huis gekry nie. Sy bly vandag nog in die krot

“As die vrou toegegee en ? seksuele daad uitgevoer het om ? HOP-huis te kry, sou sy nie die amptenaar kon verkla nie, want ingevolge die wet sou sy ook aan ? misdaad skuldig gewees het. Dit behoort nie so te wees nie. Seksuele korrupsie moet anders as ander korrupsie behandel word, want dit sluit ? seksuele misdryf in. Ons kan nie sê dat beide die gewer en die ontvanger medepligtig is en dat albei ? misdaad gepleeg het nie. Met seksuele korrupsie is daar altyd magsmisbruik. Die wet moet die staatsamptenare teiken wat hul posisie misbruik, nie die slagoffer wat weens desperaatheid of ander benadeling in ? gekompromitteerde situasie ingedwing word nie.

Williams wys op verskeie lande wat stappe gedoen het om seksuele korrupsie meer doeltreffend aan te pak. Tanzani? het ? afsonderlike oortreding bekend as "seksuele omkopery" wat die openbare amptenaar wat seksuele bevrediging verkry, kriminaliseer. Indi? vereis van organisasies met meer as tien werknemers om komitees te hê wat gemagtig is om verslae van seksuele teistering of korrupsie te ondersoek. Lande soos Sri Lanka, Kroasi? en Brasili? het ook spesifieke wette ingestel om seksuele korrupsie aan te pak, ingevolge waarvan dit as ? geslagsmisdaad erken word waarvoor geskikte aanmeldingskanale vereis word.

Opvoeding en bewusmaking

Benewens wetsveranderinge benadruk Williams die belang van opvoeding en bewusmaking.

“Ons moet as ? samelewing nadink oor hoe ons onderrig kan verbeter en hoe ons die normalisering van geweld teen vroue en meisies kan te?werk. Dit moet reeds op skool begin en meisies en seuns moet geleer word dat seks nooit ? bedingingsinstrument moet wees nie

“? Deel van die rede waarom dit voel asof seksuele korrupsie genormaliseer is, is dat in ? land soos Suid-Afrika met soveel seksuele geweld en so ? ho? voorkoms van verkragting, seks as ? bedingingsinstrument nie as die mees lewensbedreigende aspek van die probleem beskou word nie.

“Seksuele korrupsie lyk minder skokkend as jy dink aan die ander soorte seksuele geweld wat plaasvind, soos verkragting, vrouemoord en geslagsgebaseerde geweld."

Meer vroue in magsposisies en in bestuursposisies sal ? verskil maak om seksuele korrupsie teen te werk, sê Williams.

“Dit is nie te sê dat vroue nie seksuele korrupsie pleeg nie, maar dis beslis nie op dieselfde skaal as mans of met dieselfde mate van straffeloosheid as mans nie. Dit is eintlik nogal skaars dat vroue mense op so ? manier viktimiseer.

“Groter geslagsgelykheid rakende indiensneming en beter aanmeldingsmeganismes binne organisasies sal derhalwe ? verskil maak. Die ander groot prioriteit is dat ons mense van beter gehalte in senior poste in die regering en in die openbare administrasie moet aanstel."

Dit is problematies dat seksuele korrupsie soms as ? indiensnemingsaangeleentheid in werkplekke hanteer word en nie as ? misdaad beskou word nie, sê Williams.

“Teen die tyd dat seksuele korrupsie voor ? tribunaal of hof kom, is dit gewoonlik die oortjies van die seekoei. Dit verg ? spesiale soort sterk persoon om die regstelsel te trotseer, want dit is brutaal vir vroue. Jy word dikwels van voor af geviktimiseer terwyl jy ondervra word.

“Dit kan selfs lewensgevaarlik wees. In van die werk wat ons gedoen het, veral met die African Women Against Corruption Network, het sommige van hul kli?nte uiteindelik selfmoord gepleeg. Dit is nie ? las wat almal kan dra nie."

Mans moet aan boord kom

Om navorsing oor seksuele korrupsie te doen was soms ? emosioneel uitdagende reis, erken Williams.

“Dit kan nogal uitputtend wees om meer oor seksuele korrupsie te wete te kom, want dit maak jou so kwaad. Die geslagswerk wat ek in die algemeen doen, nie net die seksuele korrupsiewerk nie, het regtig my o? oopgemaak. Ek sien dinge baie duidelik. Ek het besef hoeveel van die wanfunksie in ons samelewing te wyte is aan die patriargie en die mate waarin vroue almal anders se lewe ten koste van hul eie subsidieer," meen sy.

“As jy kyk na die anti-korrupsiewet wat die gewer en die ontvanger van omkoopgeld kriminaliseer, besef jy dat die wet nie met vroue se insette geskryf kon gewees het nie. Dit is natuurlik uit die perspektief van mans geskryf. Jy besef hoeveel in ons samelewing rondom die idee van manlikheid en die uitsluiting van vroue ontwikkel het, terwyl dit op amper elke vlak hindernisse en struikelblokke vir ons geskep het."

Om seksuele korrupsie aan te pak verg ? begrip dat dit hoofsaaklik ? probleem is wat deur mans geskep en gepleeg word, sluit Williams af. “Dit is nie ? probleem wat deur vroue opgelos kan word nie, want dit is iets wat mans bevoordeel. Ons het mans nodig om saam te werk as ware bondgenote, as feministe en as mense wat omgee vir die toekomstige welstand van hul eie dogters en susters, om ons te help om hierdie probleem aan te pak."?

  • Prof Williams is een van die kenners wat te sien is in 'n dokumentêr Rising Voices: Unmasking Sexual Corruption in South Africa, wat op Vrydag 27 September om 15:00 in Kamer 1031 by die Fakulteit Regsgeleerdheid op die US se hoofkampus vertoon sal word. Die dokumentêr ondersoek die kwessie van seksuele korrupsie in Suid-Afrika deur die o? van slagoffers. Bespreek jou plek hier.?