中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Hamidah Rabiu: Deernisvolle leier met inbors
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 09/06/2025

?JEUGMAAND

Gedurende hierdie Jeugmaand vier ons studente wat positiewe verandering op die kampus, in hul gemeenskappe en verder bevorder. Deur hul leierskap, deernis en toewyding help hulle om ? beter toekoms vir Suid-Afrika te bou. Hierdie profiele laat die kollig val op die impak en energie van ? nuwe generasie studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat verandering bewerkstellig.

Vir Hamidah Adewumi Olabisi Rabiu gaan leierskap oor diens, nie status nie. As ? derdejaar- mediese student aan die US se Tygerberg-kampus, gee Rabiu vorm aan ? toekoms wat op billikheid, insluiting en deernis gegrond is– nie net deur haar akademiese reis nie, maar ook deur haar onvermoeide toewyding tot sosiale geregtigheid en die bemagtiging van studente.

Rabiu, wat Nigeriese ouers het en in Kaapstad gebore en geto? is, het ? diepgaande besef van identiteit. “My identiteit word ten diepste deur my Nigeriese Joroeba-wortels gevorm – my middelste naam, Adewumi, beteken 'Ek begeer die kroon'. As ? swart Moslem-vrou van Afrika is ek onbeskaamd trots op my identiteit," sê sy. Daardie trots is die fondament van haar leierskap: ? vaste oortuiging dat almal verdien om gesien, gerespekteer en bemagtig te word.

Skeppende benadering tot welstand

Rabiu, wat tans as die Portefeuljebestuurder vir Maatskaplike Impak in die Tygerberg-studenteraad (TSR) dien, het kwessies aangepak wat baie ander dalk oor die hoof sal sien: van voedselonsekerheid en menstruasie-armoede tot welstandsondersteuning. “Ek doen voorspraak vir groter institusionele ondersteuning terwyl ek ? kultuur van empatie, samewerking en verandering onder leiding van studente bevorder," sê sy.

Die Tygerberg-spensprojek is een van die inisiatiewe waarop sy die trotsste is: ? geko?rdineerde poging om betroubare toegang tot voedsel in studentekoshuise te verseker. Ander projekte weerspie?l haar kreatiewe benadering tot welstand en insluiting. Sy het geleenthede vir troeteldierterapie bekend gestel, wat aan studente ? oomblik van vreugde en kalmte in baie stresvolle omgewings bied. Deur ? breikring het sy gehelp om aandagtigheid en ? gemeenskapsgevoel in te skerp én komberse aan hawelose mense te skenk. “Ek is veral opgewonde oor ons komende Loopbaandag by die Ho?rskool Scottsdene, waar ons leerders uit gebiede met min hulpbronne sal inspireer om ho?r onderwys na te streef," voeg sy by.

Rabiu se passie vir diens het vroeg ontwikkel. “My ouers, wat albei aktief in die universiteitslewe was, was die toonbeeld van diensbare leierskap. Hulle het my geleer dat leierskap nie oor status gaan nie, maar oor diens." Maar dit was haar rol as mentor in die MenTut-program, waar sy eerstejaarstudente begelei het, wat werklik die stille krag van teenwoordigheid geopenbaar het. “Ek het gesien hoe klein dade van ondersteuning – luister, aanmoedig, opdaag – iemand se reis beduidend kan be?nvloed."

Sulke vroe? ervarings het die deur vir groter rolle oopgemaak, insluitend in die Tygerberg- Akademiese Sakeraad (TASR), waar sy begin besef het hoe beleid en beplanning die akademiese lewe kan ophef. “Hierdie ervarings, veral in die TSR, het my geloof versterk in doelgerigte leierskap wat in gemeenskap, empatie en aksie veranker is."

Transformerende reis

Rabiu se visie is beide ambisieus en gegrond. “Ek visualiseer ? kampus wat billikheid, insluiting en kollektiewe bemagtiging prioritiseer. ? Plek waar sistemiese hindernisse afgebreek word, waar diversiteit gevier word, en waar alle studente – ongeag hul agtergrond – voel dat hulle behoort." Haar daaglikse werk fokus daarop om daardie visie in tasbare uitkomste te omskep: die verbetering van toegang tot hulpbronne, die versterking van gemarginaliseerde stemme en die bou van ruimtes waarin alle studente voel dat hulle kan gedy.

Dit was ? diep transformerende reis, vertel Rabiu. “My empatie, spanwerk en kommunikasie het verbeter. Ek het beter begin luister, en ek het gesien hoe klein dade betekenisvolle verandering kan meebring." Institusionele veranderinge, soos beter beleide oor finansi?le bystand, bevestig die impak van haar werk. “Die wete dat ek gehelp het om ? meer ondersteunende omgewing vir studente te skep is iets waarop ek ongelooflik trots is."

Maar die werk was nie sonder uitdagings nie. “Een van die moeilikste dele was die gebrek aan konsekwente ondersteuning en deelname van sleutel-belanghebbendes," erken sy. “Studenteleierskap beteken dikwels om baie stemme te oorbrug en kollektiewe aspirasies in uitvoerbare verandering te omskep. Dis frustrerend as ander nie daardie toewyding deel nie." Tóg hou sy vol om met vasberadenheid te lei en leer sy om te volhard en duideliker te kommunikeer.

Geen poging is ? vermorsing nie

Ondersteuning van haar eweknie? was ? noodsaaklike bron van krag. Haar mede-lede in die TSR inspireer haar voortdurend met hul passie en dryfkrag, merk sy op. “Hulle het my die mag van spanwerk en gedeelde visie geleer." Familie en vriende speel ? ewe belangrike rol. “Hulle was my anker – hulle bied emosionele ondersteuning, hoor gedurende besige tye hoe dit gaan en herinner my om na myself om te sien."

In oomblikke van uitputting of onsekerheid wend Rabiu haar tot haar geloof en ? besliste doelgerigtheid. “Ek het oor tyd heen ? positiewe ingesteldheid gekweek en probeer om terugslae as deel van die reis te beskou. Selfs wanneer uitkomste vertraag word, herinner ek myself daaraan dat hierdie ervarings my help groei." Haar geloof is haar fondament: “Islam onderrig dat geen moeite ? vermorsing is nie, al is die resultate onsigbaar. Dit gee my krag wanneer dit voel of die vordering stadig is."

Haar raad aan ander wat ? verskil wil maak, is eenvoudig maar diepsinnig: “Begin klein. Jy het nie ? titel of ? perfekte plan nodig nie – net ? bereidwilligheid om om te gee en op te tree. As jy iets bemerk wat moet verander, dink na oor hoe dinge behoort te wees en neem een tree om daardie visie te verwesenlik." Vir Rabiu hoef impak nie vertonerig te wees nie. “Fokus op oplossings met ? lae koste en ? ho? impak en wees doelbewus. Die belangrikste is om ander te betrek. Impak is die grootste wanneer dit gedeel word."

FOTO: Stefan Els
GRAFIKA: Geola Bergman