中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Filosofieprofessor Vasti Roodt is eerste vroulike dekaan van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Anel Lewis]
Gepubliseer: 06/09/2024

?Prof Vasti Roodt neem vanaf 1 Januarie 2025 die leisels oor as die eerste vrouedekaan van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe (FASS).

As 'n US-alumnus het Roodt 'n lang verbintenis met die Universiteit. Sy het al haar studies aan die US voltooi, insluitend haar MA (Filosofie) cum laude en DPhil (Filosofie). Sy is al vir meer as twee dekades in verskeie hoedanighede by die Departement Filosofie betrokke, waar sy in 2001 as lektor begin het en sewe jaar later as senior lektor.

Sy is in 2016 as medeprofessor aangewys en het vanaf 2017 tot 2018 as voorsitter van die departement gedien. Sy was die afgelope vyf jaar die hoof van die Eenheid vir Sosiale en Politieke Etiek (PROSPER) in die Sentrum vir Toegepaste Etiek en is tans die Visedekaan: Onderrig en Leer in die FASS.

“Ek is dankbaar vir my akademiese tuiste, die Departement Filosofie, waar ek die analitiese vaardighede, kritiese oordeel en etiese uitkyk kon slyp wat ek hoop om na my nuwe rol as Dekaan te bring," sê Roodt.

Onder haar leiding as visedekaan het die Fakulteit 'n nuwe MPhil in Sosiale en Politieke Etiek ge?nisieer en ontwikkel. Sy het ook werkswinkels en riglyne oor alternatiewe assesserings in die era van kunsmatige intelligensie gelei.

Sy was betrokke by verskeie internasionale navorsingsprojekte en genootskappe, insluitend by Radboud Universiteit in 2000 en Leuven Universiteit in 2002 en weer in 2019.

Roodt dien in verskeie institusionele komitees aan die US, insluitend die Senaat se Subkomitee vir Leer en Onderrig en die Taakspan oor Akademiese Vryheid, en as 'n lid van die kurrikulumwerkstroom van die Komitee vir die Institusionele Reaksie op die (Khampepe-) Kommissie se Aanbevelings (CIRCoRe). Sy is ook die US Akademiese Ambassadeur aan die Universiteit van Groningen.

Sy doseer verskeie modules aan voorgraadse, honneurs- en MPhil-studente en is studieleier van MA- en PhD-studente.

Haar navorsingspesialiteit is morele en politieke filosofie, met spesifieke fokus op die werk van Friedrich Nietzsche en Hannah Arendt, die openbare-private onderskeid, die konsep van geweld, en konseptuele etiek. Haar huidige navorsing ondersoek die rol van metafoor en analogie in ons beredenering oor politieke vraagstukke.

Roodt het wyd bygedra tot hoofstukke in boeke en eweknie-ge?valueerde publikasies en is 'n keurder vir verskeie uitgewers en joernale en Europese navorsingstigtings. Oor die afgelope twee dekades was sy die ontvanger van talle studiebeurse en toekennings.

Roodt, wat erken word as 'n kenner op haar gebied, skryf ook 'n tweeweeklikse filosofie-rubriek vir Rapport/Netwerk24, en sy is 'n gereelde gespreksgenoot op verskeie mediaplatforms, insluitend CapeTalk, RSG, Daily Maverick en The Conversation. Verlede jaar het sy die impak van die Springbokke se Wêreldbeker-oorwinning op sosiale samehorigheid in verskeie media onder die loep geneem, onder meer op Newzroom Afrika.

Roodt gee toe dat die FASS 'n “groot en komplekse fakulteit" is en 'n uitdagende omgewing om te bestuur. Een van die uitdagings is die impak van generatiewe kunsmatige intelligensie op studenteleer. “Die bewyse is oorweldigend dat studente hulle tot KI wend vir die skryf van werkopdragte, wat die primêre metode van assessering in ons fakulteit is. Hierdie probleem kan nie deur dissiplinêre maatre?ls opgelos word nie. In plaas daarvan moet ons heroorweeg wat, hoe en hoekom ons assesseer en ons assesseringstrategie? dienooreenkomstig herontwerp."

Sy sê sy beplan om samewerking met die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke sowel as die Skool vir Klimaatstudie uit te brei, en om befondsing vir interdissiplinêre navorsingsprojekte voort te sit. Daar sal ook gefokus word op die uitbou van die Nagraadse Skool tot 'n vlagskip binne die Universiteit en verder.

Die aanstelling is verwelkom deur die huidige dekaan, prof Anthony Leysens, wat sê: “Ek is verheug dat prof. Vasti Roodt as die eerste vroulike Dekaan van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe aangestel is. Sy ken die fakulteit goed en het dit as departementele voorsitter en Visedekaan vir Leer en Onderrig gedien.

“In daardie hoedanigheid het sy leierskap, volharding en die vermo? getoon om ons reaksie op die uitdaging van kunsmatige intelligensie in die geesteswetenskappe innoverend te inisieer, implementeer en moniteer. Sy het 'n uitstekende verhouding met ons studente wat sy oor die afgelope jare ontwikkel het. Boonop sien sy die geleenthede vir interdissiplinêre navorsing en leer, hibriede leer en die digitale geesteswetenskappe.

“As iemand wat 'n deeglike en grondige begrip het van die universiteit se doel en waarvoor dit staan, verpersoonlik sy die gesegde 'Ek dink waar ek is' en bepleit 'n dekolonisering van die gees. Sy verstaan die belangrikheid van die transformasie van institusionele kultuur."

Prof Deresh Ramjugernath, Viserektor: Leer en Onderrig en aangewese Rektor en Visekanselier, voeg by: “Prof. Vasti Roodt se aanstelling as die nuwe Dekaan van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe is 'n belangrike mylpaal vir die Universiteit Stellenbosch. Haar uitgebreide ervaring in die bevordering van hibriede leer en alternatiewe assesserings strook perfek met ons strategiese fokus op innoverende en inklusiewe onderrigmetodes.

“Ons verwag dat haar leierskap die Fakulteit vorentoe sal neem, die ontwikkelende opvoedkundige landskap met ope arms sal aanneem en sal voortgaan om die kwaliteit en impak van ons programme te verbeter. Haar visie en kundigheid sal ongetwyfeld bydra om die toekoms van lettere- en sosialewetenskappe-onderrig aan ons Universiteit te help vorm."

Leysens stem saam en voeg by: “In die persoon van Vasti Roodt sal die Universiteit en die Fakulteit innovering en 'n vorm van vernuwing en verandering kry wat nie die kern van ons Fakulteit se uitnemendheid of ons volhoubaarheid verander nie, maar dit in 'n ander vorm omskep. Ek het volle vertroue in haar. Sy is gereed, voorbereid en het die relevante ervaring en volwassenheid om die leierskap van hierdie uitstaande geesteswetenskappe-fakulteit oor te neem."

Roodt sê sy sien veral daarna uit om lede van die Fakulteit te ondersteun in hul strewe na kennis en begrip. Verder hoop sy om “'n institusionele kultuur te kweek waarin almal in hul element voel; waarin almal kan floreer, en om personeel en studente te inspireer in die rigting van hoop en aksie eerder as traagheid".

Foto: Stefan Els
??