中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dit is tyd om saam te werk ter bevordering van Suid-Afrikaanse vrouerugby
Outeur: Jocelyn Solomons
Gepubliseer: 22/08/2024

Terwyl ons Vrouemaand vier, moet ons ook besin oor die vordering wat ons vrouerugbyspelers maak en die verskillende uitdagings wat hulle in die gesig staar. Ons kan slegs deur kollektiewe inspanning en onwrikbare toewyding 'n toekoms bou waar vrouerugby nie net floreer as 'n simbool van vooruitgang en gelykheid nie, maar ook erken, gevier, gekoester en vurig verdedig word. Só skryf dr Jocelyn Solomons van die Departement Oefening, Sport en Leefstylgeneeskunde in ? meningsartikel vir die Cape Times.

  • Lees die vertaalde weergawe van die artikel hier onder of klik hier vir die stuk soos geplaas.

Jocelyn Solomons*

Terwyl ons Vrouemaand vier, moet ons ook besin oor die vordering wat ons vrouerugbyspelers maak en die verskillende uitdagings wat hulle in die gesig staar. Onlangse prestasies, soos die Vrouebokke wat hulle derde Rugby Afrika-vrouebeker gewen het en die Suid-Afrikaanse vroue-sewesspan wat in die 11de plek by die Olimpiese Spele in Parys ge?indig het, is prysenswaardige prestasies.

Daar was die afgelope sewe jaar merkwaardige groei en internasionale ontwikkeling in die sport, wat op 'n groot verskuiwing na die erkenning van vrouestemme op die wêreldverhoog dui. Hoewel dit prysenswaardig is, is daar steeds 'n dringende behoefte aan voortgesette vordering, veral in vrouerugby in Suid-Afrika.

Die voortdurende, en ietwat onregverdige, vergelykings van vrouerugbyspelers met hulle manlike eweknie?, soos die Blitsbokke wat die bronsmedalje in Parys gewen het, beklemtoon 'n behoefte aan dieper erkenning en ondersteuning vir vrouerugby. Hierdie vergelykings weerspie?l ook 'n verouderde ideologie in die samelewing wat diep gewortel is in apartheid se nalatenskap, veral in persepsies van geslagsrolle en sport wat tradisioneel deur mans oorheers is, soos rugby. Geen wonder die tempo van transformasie in vrouerugby in Suid-Afrika bly stadig nie.

My onlangse doktorale studie aan die Universiteit Stellenbosch het belanghebbers se persepsies oor die status van vrouerugbyontwikkeling in die land ondersoek. Dit het die sport se kompleksiteite ondersoek en sleutelhindernisse en fasiliteerders ge?dentifiseer deur te fokus op 1) ons land se historiese, sosio-ekonomiese en kulturele konteks, 2) die afrigter-atleet-verhouding en 3) doeltreffende afrigting.

Die studie beklemtoon 'n kommerwekkende werklikheid: Terwyl die onlangse groei van vrouerugby vooruitgang buite die nalatenskap van apartheid simboliseer, bly verouderde geslagsrolle en kulturele ideologie? voortbestaan. Dit laat 'n kritiese vraag ontstaan: As spelers se eie gesinne sukkel om hulle rugbyaktiwiteite ten volle te ondersteun, hoe kan ons verwag dat die land die sport sal omarm en daarin belê? Ons moet die subtiele én openlike maniere waarop die samelewing tot hierdie probleem bydra, erken en aanspreek. Dit is duidelik in die vele opmerkings wat manlike en vroulike spanne vergelyk, die strukturering van gimnasiums waar gewigsoefeningareas op mans, en kardio-areas of oefenaktiwiteite op vroue gerig is, en in die bewuste keuse om nie na 'n vrouewedstryd wat as voorloper vir die manswedstryd dien, te kyk nie.

Die rol wat die media in die vorming van openbare narratiewe speel, vererger hierdie ingewortelde vooroordele nog meer. Mansspelers word gereeld uitgevra oor hulle statistieke en fisieke voorbereiding, terwyl vrouespelers dikwels bevraagteken word oor hulle persoonlike reise en emosionele reaksies op wedstryduitkomste. Hierdie ongelykheid be?nvloed nie net die publiek se persepsie nie, maar versterk ook die ongelyke finansi?le steun vir vrouerugby. Om die sport werklik te bevorder, moet ons hierdie vooroordele tromp-op konfronteer en 'n billiker omgewing kweek wat vroue se bydraes op en van die rugbyveld af respekteer en waardeer.

My navorsing werp ook lig op die afrigter-atleet-verhouding, wat noodsaaklik is vir spelerontwikkeling en prestasie. Die rol van 'n afrigter strek verder as die oefenveld. Afrigters word in die diepkant ingegooi en doen meer as wat van hulle op die veld verwag word – hetsy dit beteken om vervoer na en van oefensessies te re?l of om te verseker dat 'n speler die nodige hulp ná 'n besering ontvang. Spelers wat aan my studie deelgeneem het, het opgemerk dat positiewe afrigter-atleet-verhoudings deur gedeelde doelwitte, die smee van 'n emosionele band en soortgelyke waardes gekenmerk word.

Aanbevelings sluit in die verskaffing van konstruktiewe terugvoer, die aanpassing van afrigtingstrategie? om by die leerstyle van spelers te pas, en die erkenning van geslagsverskille waar toepaslik. Hierdie bevindings, hoewel dit miskien binne die konteks van mansrugby bekend is, beklemtoon belangrike oorwegings vir die ontwikkeling van afrigtingsraamwerke wat aangepas is vir die kompleksiteite en uitdagings van vrouerugby. Daarbenewens het die studie diep in doeltreffende afrigtingstrategie?, soos verwoord deur afrigters en spelers, gedelf, wat die belangrikheid van duidelike kommunikasie, praktiese en teoretiese uiteensettings van die spel se tegniese aspekte en geslagsbewuste interaksies beklemtoon. Spelers waardeer waardegebaseerde afrigting, eenvoud en positiewe versterking.

Nog 'n rede waarom vrouerugby tweede viool speel, is omdat baie vrouespelers in 'n laat stadium – dikwels op ho?rskool of universiteit – aan rugby bekendgestel word of uit verskillende sportagtergronde kom. Hierdie spelers se harde werklikheid is dat hulle 'n paar maande se oefenkampe en intensiewe voorbereiding ondergaan voordat daar van hulle verwag word om uitsonderlik teen toprugbylande te presteer.

Afrigters word op hulle beurt met die dubbele verantwoordelikheid belas om ontwikkeling én ho? prestasie gelyktydig te bevorder. Dit laat 'n kritiese vraag ontstaan: Wie plaas ons op die pad na mislukking? Daar is 'n behoefte om afrigtersopleiding en -ontwikkeling te heroorweeg om die afrigters beter te ondersteun, en om ook die oorgang van spelers te verbeter sodat hulle in staat is om ervare lande soos Engeland, Ierland en Nieu-Seeland die stryd aan te sê. Om die volhoubaarheid van vrouerugby in Suid-Afrika te verseker, moet belanghebbers die bestaande speler- en afrigterontwikkelingsmodelle ondersoek. Voldoen hulle werklik aan die behoeftes van die afrigters en spelers? Wat kan nóg gedoen word om afrigtersopleiding en -ontwikkeling te bevorder?

Die bevindinge van my studie beklemtoon die noodsaaklikheid van introspeksie oor ons rolle as 'n samelewing en belanghebbers in vrouerugby, veral in die konfrontasie en aftakeling van voortdurende verouderde ideologie?. Om hierdie uitdagings die hoof te bied, is 'n fundamentele verskuiwing nodig in hoe ons vrouerugby waarneem en bevorder – insluitende die afbreek van verskanste geslagstereotipes in elke aspek van die lewe en die versekering van billike mediaverteenwoordiging om die sport se sigbaarheid en geloofwaardigheid te verhoog. Die verbetering van afrigtingspraktyke en die ontwikkeling van pasgemaakte afrigtingsprogramme is ook noodsaaklik vir langtermynsukses. Ons het 'n volgehoue verbintenis tot inklusiwiteit wat in tasbare optrede weerspie?l word, en nie net woorde nie, nodig om Suid-Afrikaanse vrouerugby te bevorder nie. Belanghebbers moet verder gaan as korttermynvieringe en daarop fokus om blywende verandering te skep.

Hierdie navorsing dien as 'n padkaart, wat alle betrokkenes – afrigters, spelers, administrateurs en ondersteuners – aanmoedig om aktief struikelblokke uit die weg te ruim, in die spel en omvattende ontwikkeling te belê en vrouerugby met dieselfde entoesiasme en hulpbronne as die mansspel te ondersteun. Ons kan slegs deur kollektiewe inspanning en onwrikbare toewyding 'n toekoms bou waar vrouerugby nie net floreer as 'n simbool van vooruitgang en gelykheid nie, maar ook erken, gevier, gekoester en vurig verdedig word.

  • Foto deur Carel Stander.

*Dr Jocelyn Solomons is 'n junior dosent in die Departement Oefening, Sport en Leefstylgeneeskunde by die Universiteit Stellenbosch (US), en spesialiseer in vrouesport, veral vrouerugby. Hierdie artikel is gedeeltelik op haar onlangse doktorale proefskrif in Sportwetenskap by die US gegrond.