Dr Caitlin Uren, ? dosent van die Departement Biomediese Wetenskappe, is onlangs ingehuldig as lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Jong Wetenskaplikes (SAYAS), wat jaarliks slegs ? paar van die land se mees uitstaande jong wetenskaplikes by sy geledere voeg.
Sy sien uit daarna om aan die Akademie se aktiwiteite deel te neem. “SAYAS lê sterk klem op gemeenskapsimpak – die gebruik van navorsing om die samelewing te verbeter," sê Uren, wat in 2017 'n PhD in menslike genetika aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) voltooi het.
“Vir my was dit nog altyd waarna my navorsing teruggekom het. Ek gaan nie iets doen wat nie tot voordeel van die gemeenskap gaan wees nie. Na my mening is dit wat die wetenskap altyd moet poog om te doen."
Uren beskou haar lidmaatskap van SAYAS, wat in 2011 gestig is, as ? geleentheid om ? bre?r rol in hierdie verband te speel: “Om by SAYAS aan te sluit, sal my in staat stel om deel te neem aan Akademie-geaffilieerde inisiatiewe wat gemik is op gemeenskapsverbetering. Ek is gretig om met die Akademie en mede-lede saam te werk om op my bestaande werk voort te bou en uit te brei."
Navorsing het ten doel om uitkomste vir TB-pasi?nte te verbeter
Sy doen tans navorsing op die gebied van tuberkulose (TB) farmakogenetika – “ons ondersoek hoekom mense TB-middels verskillend metaboliseer, met die uiteindelike doel om behandelingsuitkomste by pasi?nte regoor Afrika te verbeter".
Uren verduidelik: “Benewens my farmakogenetiese werk, stel ons ook belang om latente TB-infeksie in die Noord-Kaap te kwantifiseer met die doel om die genetiese en nie-genetiese faktore wat lei tot progressie van latente TB-infeksie na aktiewe TB-infeksie beter te verstaan.
“Daarmee saam bedryf ons 'n opleiding- en uitreik-inisiatief in die gebied oor algemene TB-bewustheid, begrip van die tekens en simptome van TB, risikofaktore, TB-diagnostiek en TB-behandeling."
Ander uitreikgeleenthede in die Noord-Kaap sluit in praatjies met ho?rskoolleerlinge oor Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde (STEM)-vakke wat tot tersiêre onderwys lei. Praktiese aktiwiteite, byvoorbeeld DNS-ekstraksie uit 'n piesang, word ook gere?l om studente in biologiese wetenskappe te laat belangstel.
Fassinasie met biomediese wetenskap
Uren is duidelik passievol oor hierdie veld. "Biomediese wetenskap en gesondheidsorg het my van kleins af gefassineer," sê sy. Sy gee erkenning aan haar biologie-onderwyser, 'n wetenskap-gegradueerde, wat haar entoesiasme in die wetenskap opgemerk het en haar bykomende lesse gegee om haar belangstelling te koester en te lei.
Uren was veral vroeg aangetrokke tot die veld van genetika: "Genetika is nogal 'n bre? veld, maar maak nie saak watter aspek van genetika jy na kyk nie, jy sal waarskynlik 'n individu se lewe direk of indirek positief be?nvloed."
Sy voeg by: "Dit is hierdie potensiaal om 'n individu of gemeenskap te bevoordeel wat my na genetika aangetrek het."
Uitbreiding van farmakogenetika in Afrika
Uren beoog om in haar navorsing in die toekoms steeds op farmakogenetika te fokus. "Dit is 'n gebied wat baie uitgebrei kan word, veral in Afrika, met die unieke en groot genetiese diversiteit in die streek," sê sy.
“Bevolkings in Afrika is onderverteenwoordig in biomediese navorsing, en veral in farmakogenetika-navorsing, tot so ? mate dat hulle benadeel is.
“Daar is dus ruimte vir verbetering – nie net in terme van die omvang en breedte van navorsing in die gebied nie, maar in die kapasiteit vir ons om pasi?nte te help om ? positiewe behandelingsuitkoms te bereik sonder enige ernstige nadelige newe-effekte. Ek dink dit is 'n gebied wat die grootste impak kan hê."
Navorsingsdoelwitte strook met SAYAS
Uren glo haar lidmaatskap van SAYAS kan 'n belangrike rol in haar toekomstige navorsing speel: “Die Akademie bevorder samewerking tussen individue oor verskeie dissiplines heen. Dit skep ook 'n geleentheid om ons loopbane as jong wetenskaplikes te bevorder deur navorsing en kapasiteitsontwikkeling."
Nog 'n sleuteldoelwit van SAYAS is om programme te ontwikkel wat die akademiese en professionele groei van jong wetenskaplikes ondersteun deur verskeie mentorskap-inisiatiewe en deur werkswinkels en seminare te hou.
Uren ondersteun ook hierdie doelwit heelhartig en glo dat toesighouding en mentorskap in die akademie van kritieke belang op nagraadse vlak is. "As ek nie die ondersteuning van my toesighouers en mentors gehad het nie, sou ek beslis nie gewees het waar ek vandag is nie," glo sy. “Ek is uiters bevoorreg om daardie ondersteuning te hê; daar is baie studente wat dit nie het nie."
Benewens SAYAS, is Uren ? lid van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Mensgenetika, wie se hoofdoel is om menslike genetika-navorsing op die subkontinent te bevorder. Sy is ook 'n lid van die Fakulteit Natuurwetenskappe se Sentrum vir Bioinformatika en Rekenaarbiologie aan die Universiteit Stellenbosch.