Ter viering van Vrouemaand skryf prof Lindy Heinecken van die Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie in ? meningsartikel vir die Cape Argus dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag beduidende vordering gemaak het om geslagsgelykheid aan te spreek. Vroue staar egter steeds talle struikelblokke in die gesig wat hulle insluiting en uitsluiting in die weermag be?nvloed. Die redes is uiteenlopend en hang van hulle amp in die weermag, asook van persoonlike omstandighede af.
- Lees die vertaalde weergawe van die artikel hier onder of klik hier vir die stuk soos geplaas.
Lindy Heinecken*
Terwyl die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) beduidende vordering gemaak het om geslagsgelykheid aan te spreek, staar vroue steeds talle struikelblokke in die gesig wat hulle insluiting en uitsluiting in die weermag be?nvloed. Die redes is uiteenlopend en hang van hulle amp in die weermag, asook van persoonlike omstandighede af. Ter viering van vanjaar se Vrouedag (9 Augustus) en Vrouemaand wil ek op van die toepaslikste kwessies, in geen spesifieke volgorde van prioriteit nie, fokus.
Die eerste het betrekking op hulle verteenwoordiging in senior leierskap. Hoewel vroue nou sowat 25% van die SANW verteenwoordig, is hulle steeds onderverteenwoordig in senior leierskapsposte. Dit beperk die geleenthede vir vroue om besluitnemingsprosesse te be?nvloed, geslagsperspektiewe in alle aspekte van militêre optredes en beleid te integreer en bestaande geslagspraktyke te ontwrig. Hoewel die SANW programme in werking gestel het om vroue se leierskapsvaardighede te ontwikkel en voor te berei vir ho?r poste, moet daar meer toewyding wees om kwessies aan te spreek wat vroue se loopbaanvordering be?nvloed. Dit kan werksessies en opleiding om geslagstereotipes uit te daag en om leierskapevaluerings aan vordering met geslagsintegrasiedoelwitte te koppel, insluit.
Die tweede groot uitdaging wat die werwing, behoud en moraal van vroue be?nvloed, is die kwessie van seksuele teistering, geslagsgebaseerde geweld en mishandeling. Hoewel dit nie uniek aan die weermag is nie, bied die weermag toestande wat geslagsdiskriminasie, seksuele teistering en mishandeling kan vererger, gegewe sy manlike organisasiekultuur. Seksisme bly algemeen, wat verskillende vorme van seksuele en geslagsteistering voed en wat van die gebruik van geseksualiseerde taal, grappies en diskriminerende opmerkings tot seksuele voorstelle, mishandeling en verkragting wissel. Die probleem is dat dit dikwels ondervermeld word weens kommer oor die uitwerking wat dit op hulle loopbane kan hê, 'n gebrek aan geloof in die bevelsketting en die vermo? om dit betyds aan te spreek.
Hoewel die SANW oor beleide en prosedures beskik om hierdie kwessies aan te meld en aan te spreek, verskil die doeltreffende implementering en invloed daarvan tussen verskillende eenhede. Regeringsberigte en mediabronne bied 'n gemengde prentjie oor die SANW se doeltreffendheid om seksuele en geslagsgebaseerde teistering aan te spreek. Kritici voer aan dat die SANW se hi?rargiese struktuur, kultuur en gebrek aan onafhanklike verslagdoeningsmeganismes doeltreffende verslagdoening en oplossing van sake belemmer. Daarom moet daar deurlopende evaluering en verbetering wees om te verseker dat vroue hierdie gevalle regverdig en billik kan aanmeld.
Die derde, groot struikelblok wat vroue ondervind, is die behoefte om 'n balans tussen hulle militêre loopbaan en gesinsverantwoordelikhede soos die versorging van kinders en ouers, te vind. Dit is vir vroue in die weermag moeilik om hierdie balans te vind, wat dikwels tot loopbaanontwrigting lei, wat verhoed dat hulle militêre kursusse volg wat vir bevordering nodig is, asook hulle beskikbaarheid om vir militêre optredes ontplooi te word. Vroue kies dikwels rolle wat dit makliker maak om hulle dubbele verantwoordelikhede te balanseer, wat weer hulle geleenthede vir loopbaanvordering beperk in vergelyking met hulle manlike eweknie?. 'n Moontlike teenvoeter is om buigsamer werkre?lings en ondersteuningsdienste te hê wat kan help om sommige van hierdie druk te verlig. Dit is egter dikwels moeilik, gegewe die burokratiese onbuigsaamheid, finansi?le beperkings en operasionele vereistes van die weermag wat van die private sektor verskil.
Die vierde uitdaging is 'n reeks operasionele kwessies wat met die indiensneming en ontplooiing van vroue verband hou. Hoewel daar nou voldoende bewyse is om aan te dui dat vroue met die “regte" opleiding op 'n vlak kan deelneem wat met mans vergelykbaar is, bly die “kultus van die liggaam" 'n probleem. Hierdie debatte hou met die kwessie van standaarde, en of dit op die toepaslike kriteria gegrond is om maksimum vaardigheid te bereik om die posvereistes uit te voer, verband. Dit geld veral waar dit op gevegsrolle van toepassing is wat fisiese krag, stamina en uithouvermo? vereis.
Terwyl die SANW reeds 'n ver pad gestap het om geslagsneutrale standaarde te ontwikkel, is fisieke fiksheid en opleidingstandaarde steeds uitdagend vir vroue, wat tot ongelykhede lei. Dit is egter nie die krag van soldate nie, maar eerder hulle vaardighede, taktiek en strategie? wat oorlo? wen. Tegnologiese vooruitgang en die steeds groter wordende reeks pligte in vandag se weermag beteken soldate het 'n reeks sielkundige, fisiese en kognitiewe vaardighede nodig wat verder as fisiese krag strek.
Daarbenewens moet vroue verskeie operasionele uitdagings hanteer wat hulle vermo? om as gelykes te funksioneer, be?nvloed. Een van die mees basiese is die invloed wat toerusting en uniforms wat nie reg pas nie, op werkverrigting en gemak het. 'n Vroulike soldaat het in 'n onderhoud die volgende gesê:
“Die koe?lvaste baadjies pas nie vir ons nie, die broeke pas ons nie, niks in hierdie organisasie is vir vroue ontwerp nie. My stewels wat ek dra, is twee nommers te groot. Omdat jou stewels nie reg aan jou voete pas nie, swel jou voete en word jou toonnaels blou. Hulle sê dit is 'n man se wêreld. Ons daag dit uit, maar … eish [uitdrukking van ontsteltenis] … niks gebeur nie."
Daarom is daar op die mees basiese vlak 'n behoefte om te verseker dat toerusting en uniforms vir 'n uiteenlopende verskeidenheid liggaamsoorte ontwerp word.
Wanneer hulle ontplooi word, staar vroue ander uitdagings in die gesig wat hulle optimale benutting be?nvloed. Dit hou nie net met vroue se waargenome (on)vermo? verband om die sielkundige spanning van optredes en ongeskiktheid om in gevegstipe rolle te dien, te hanteer nie, maar ook hoe hulle uitgebeeld word as potensi?le 'slagoffers' uitgebeeld word wat beskerming nodig het. Dit, tesame met hulle rolle as “vroue en ma's:" lei dikwels tot die uitsluiting van sekere optredes, wat hulle agentskap en vermo? om as gelykes te funksioneer, wegkalwe.
In die lig hiervan moet daar dieper introspeksie wees oor hoe vroue in vredesoperasies opgelei, ontplooi en ondersteun word, ten einde die ideale wat in geslagshoofstroming voorgestaan word en die doelwitte wat in resolusie 1325 van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad (VNVR) uiteengesit word, verwesenlik moet word. Volgens die VNVR herbevestig hierdie resolusie “die belangrike rol van vroue in die voorkoming en oplossing van konflikte, vredesonderhandelinge, bou van vrede, vredesbewaring, humanitêre reaksie en heropbou ná konflik en beklemtoon dit die belangrikheid van hul gelyke deelname en volle betrokkenheid by alle pogings om vrede en veiligheid te handhaaf en te bevorder."
Op grond hiervan is dit duidelik dat meer werk nodig is om 'n ten volle inklusiewe en billike omgewing vir vroue in die SANW te skep, ten einde te verseker dat geslagsgelykheid in die weermag nie 'n ontwykende doelwit bly nie.
*Prof Lindy Heinecken is Visedekaan: Navorsing in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch.