Die AgriWetenskappe Studente Vereniging is ‘n vereniging vir
die studente van die Fakulteit van AgriWetenskappe by Stellenbosch Universiteit
en streef daarna om beide die akademiese en sosiale sukses van sy studente te
verbeter.
Die missie word gerealiseer deur verteenwoordiging op die Fakulteits
Raad en ander geselekteerde kommittees van die Fakulteit, asook direkte
kommunikasie met die Dekaan waar tipiese studente sake en probleme bespreek
word.
Die kommittee lede tree ook elk op as ‘n verteenwoordiger
van die departemente en wend die poging aan om as ‘n direkte skakel op te tree
om meer sigbaar te word en in die proses die studente te bevoordeel. Die ASA
streef na inklusiwiteit, diversiteit en transformasie in alle sake naverwant
aan die Fakulteit. Die kommittee streef daagliks daarna om die waardes van
Stellenbosch Universiteit se Visie 2030 uit te leef.
Die Vereniging re?l ook ‘n verskeidenheid van funksies vir
sy studente waar akademiese en sosiale sake aangespreek word.