Simptomatologie
???
?Fusariumverwelk-simptomeEksterne simptome Geaffekteerde plante verwelk vinnig, ouer en dan jonger blare word geel en bruin, en plante gaan uiteindelik dood. Vergeling van die blare kan in simptome, tussen piesangvari?teite en Foc rasse betrokke, verskil. In sommige gevalle bars die basis van die pseudostamme oop. | ? Groot beeld Groot beeld | ? | ? |
Interne simptome Baie tipies in risoom en pseudostam. Intern ontwikkel 'n diep goue verkleuring van die interne risoom, terwyl die vaskulêre bundels in die pseudostam geel tot rooi-bruin verkleur. | ? Groot beeld Groot beeld |
?Ander piesangverwelksiektesBakteriese siektes: Eksterne simptome van Moko siekte, "Blood disease" en Xanthomonas verwelk is dikwels soortgelyk aan die van Panama siekte. Blaarvergeling in hierdie siektes begin egter dikwels in die jongste blare en beweeg na die ouer blare, wat verskil in plante wat deur Foc geaffekteer word. 'n Geel uitskeiding word ook waargeneem uit plantweefsel wat deur bakterie? geaffekteer word. Pythium wortelvrot en Armillaria vrot kan ook simptome soortgelyk aan Fusariumverwelk toon. Pythium wortelvrot is nie algemeen nie en tot jong plante in nat omgewings beperk, terwyl Armillaria wortelvrot dikwels tot 'n paar plante beperk is, en wit swamgroei in geaffekteerde plantmateriaal voorkom. |
?Abiotiese strestoestandeWaterversuiping, droogte en weerlig kan almal blaarvergeling veroorsaak wat verkeerdelik as Fusariumverwelksimptome ge?dentifiseer word. Geen van hierdie abiotiese strestoestande sal enige interne simptome soortgelyk aan Panama siekte veroorsaak nie, en die swam kan nie vanuit die risome en pseudostamme ge?soleer word nie. | Koue skade Cavendish piesang geaffekteer deur koue temperature Groot beeld WeerligGroot beeld |