??????????????
Piesang Fusariumverwelk in Afrika
Gedurende die afgelope jare, het plantsiektes amok gesaai onder piesangproduksie regoor Afrika. Dit sluit siektes soos piesang Xanthomonas verwelk en piesang "Bunchy Top" siekte in. Die nuutste bedreiging vir piesangverbouing op die vasteland, word ingehou deur die ontdekking van ? uitheemse Fusarium oxysporum f.sp. cubense (Foc) isolaat, genaamd tropiese ras 4 (TR4), op ? plaas in noordelike Mosambiek. Foc TR4 was voorheen tot Asi? beperk, waar dit aansienlike skade aan Cavendish klone en sommige plaaslik-verboude vari?teite veroorsaak het. Onmiddellike maatre?ls om siek plante binne te hou en te vernietig, asook om die verspreiding van Foc TR4 binne en weg van die terrein te voorkom, is op die ge?nfekteerde plaas in werking gestel. ? Dringende en gesamentlike aksie word egter oor die land, area en kontinent benodig, ten einde te verhoed dat dit en ander invalle in ? volgende siekte-epidemie van piesangs in Afrika ontwikkel.
Piesang Fusariumverwelk is nie nuut in die Afrika kontinent nie. Foc ras 1 is vir die eerste keer in 1924 in Wes-Afrika aangeteken. 'n Tweede inbraak het in 1951 voorgekom toe Foc ras 1 Tanzani? binnegekom het. Hierdie ras kom nou wydverspreid in die meeste piesangproduserende lande in Afrika voor. Die meerderheid van piesangs wat op die kontinent verbou word, soos die East African Highland Banana (EAHB), meelpiesang en Cavendish piesangs, is egter weerstandbiedend / immuun teen Foc rasse 1 en 2.
Cavendish, ander soet piesangs en sommige kookpiesangs is vatbaar vir Foc ras 4. Ten einde die huidige siekte-uitbraak op piesangs in Mosambiek te beheer, en om ander lande, wat op piesangs vir voedselsekuriteit en inkomste-generering afhanklik is, voor te berei, is ? reeks van ingeligte ingrypings deur ? konsortium van Afrika en internasionale navorsers en institute ontwikkel. Dit sluit die volgende in:
- Beperking van die uitbraak in Mosambiek om verspreiding op die plaas, binne die land, en na naburige lande te voorkom
- Voorbereiding van ander lande afhanklik van piesangs, teen toekomstige invalle deur Foc TR4 deur verbeterde bio-sekuriteit raamwerke, geteikende bewusmakingsveldtogte en opleiding
- Bestuur van piesang Fusariumverwelk in Afrika deur gebruik van weerstandbiedende vari?teite en ge?ntegreerde siektebestuur.
(Borg van webtuiste-ontwikkeling )
Webbestuurder
Lizeth Swart
-
Meer toekomstige gebeure volg binnekort
Vertoon alles ›
-
Geen kennisgewings om te vertoon. Verwys na
Kennisgewings
op US tuisblad.
Vertoon alles ›