Programme
Voorgraadse studies
BScAgric in Plantpatologie (Plant- en Grondwetenskappe)
Die program word in 3 studievelde onderverdeel:
- Gewasproduksie:
In hierdie veld van studie, sal jy opleiding in die produksie en kwaliteitsbestuur van veldgewasse, sagtevrugte, sitrus, fynbos, wingerd en tonnelgewasse ontvang.
- Gewasbeskerming en -Teling:
Hierdie veld van studie lei jou op as 'n kundige in gewasbeskerming (entomologiese en nematologiese peste, plantsiektes en hul beheer) en genetiese gewasverbetering (verbouing en manipulasie).
- Grond- en Waterbestuur:
Hierdie studieveld rus jou toe met die kundigheid om die aard, belang en bestuur van grond en water te verstaan soos dit verband hou met gewasproduksie.
?
Nagraadse studies