Departement Veekundige Wetenskappe
Veekundige Wetenskappe
Veekundige Wetenskappe is die wetenskaplike studie van die voeding, teling, fisiologie en produksie van diere. Dit sluit nie net die aspekte van boer met vee, skape, varke en bokke in nie, maar is 'n omvattende vakgebied wat 'n groot verskeidenheid spesies bestudeer, soos melk- en vleisbeeste, wol- en vleisskape, wild, pluimvee en volstruise. Dit sluit ook die studie van akwakultuur, d.w.s. vis- en skulpvisspesies, in. Varswater-akwakultuur fokus op spesies soos forel, tilapia, krokodille, varswaterkreef en -garnale, terwyl mariene akwakultuur fokus op spesies soos oesters, mossels, perlemoen en salm. As die grootste landbousektor in Suid-Afrika is 'n gesonde veebedryf uiters belangrik vir die Suid-Afrikaanse ekonomie.?
Departement Veekundige Wetenskappe
Die Departement Veekundige Wetenskappe het in 2011 sy 90ste bestaansjaar gedenk, wat dit een van die oudste gevestigde departemente van Veekundige Wetenskappe in die land maak. Dit is 'n belangrike departement wat vakgebaseerde deskundigheid gebruik om relevante veeteelt- en dierebiologiesake te bestudeer. Die missie van die Departement Veekundige Wetenskappe (link to: http://www.sun.ac.za/animal) is om voortreflike veekundiges op te lei om aan die navorsing-, voorligting- en ontwikkelingsbehoeftes van Suid-Afrika te voldoen om die lewensgehalte van al sy inwoners te verbeter. Party van die belangrikste fokusterreine is: diereteling – spesialisering in veekunde wat betrekking het op die telingsleer van vee en ander spesies met die doel om die genetika van 'n dierepopulasie te verbeter en te bewaar; dierefisiologie – spesialisering in veekunde met betrekking tot die voortplanting, groei en ontwikkeling van mak, water- en wilde diere; en dierevoeding – die studie om die inname, vertering, absorpsie en aanwending van voedsel en voedselbestanddele te verstaan.?
Programme
Die Departement bied verskeie voor - en nagraadse opleidingsprogramme (link to http://academic.sun.ac.za/animal/undergrad.htm) in die vakrigtings enkelmaag- en herkouervoeding, ontwikkelingsfisiologie en vleiswetenskap, diereteling, bestuur van lewende hawe, reproduksiefisiologie en akwakultuur. Die onderskeie programme fokus op produksiestelsels en bestuur van 'n verskeidenheid mak dierspesies, waaronder skape en bokke, melkbeeste, vleisbeeste, pluimvee, varke, volstruise en verskeie akwakultuurspesies.
Voorgraadse programme
BScAgric
4-jaarkursus
Die Diereproduksiestelselsprogram maak voorsiening vir die volgende :
- Veekunde
- Veekunde met Agronomie
- Veekunde met Bewaringsekologie
- Veekunde met Akwakultuur?
- Landbou-ekonomie met Veekunde?
Nagraadse Studie
- Die Departement bied verskeie nagraadse opleidingsprogramme in:
- Enkelmaag- en herkouervoeding
- Ontwikkelingsfisiologie en vleiswetenskap
- Diereteling
- Bestuurspraktyke van mak diere
- Reproduksiefisiologie ?
Navorsing??
Die navorsing wat deur die Departement Veekundige Wetenskappe onderneem word, fokus op die voeding, teling en fisiologie van diere, sowel as op diereprodukte soos vleis. Met betrekking tot herkouervoeding is die navorsing primêr gerig op die optimale aanwending van beskikbare grondstowwe om die produksiedoeltreffendheid van beeste, skape en bokke te verhoog. Daar word sterk gekonsentreer op grootpensmetabolisme en ruvoerfermentasietempo's. Daar is oor die afgelope vyf jaar ook gefokus op die gebruik van eksogene fibrolitiese ensieme om die verteerbaarheid van ruvoer te verbeter. Navorsing oor enkelmaagdiere was gedurende die verslagjaar op die verskillende aspekte van pluimveevoeding en -bestuur ingestel. Vanuit 'n voedingsoogpunt word nuwe grondstowwe ge?valueer en pogings word aangewend om die doeltreffendheid van die gebruik van konvensionele grondstowwe te verbeter om winsmarges en dierewelsyn te verbeter. Met betrekking tot bestuursaspekte val die klem op die manipulering van die omgewing om die gesondheid en produksie van pluimvee te verbeter. Navorsing oor vleisgehalte fokus onder andere op die uitwerking van voeding op die gehalte van vleis van plaasdiere. 'n Verdere sterk fokusterrein van vleisnavorsing is faktore wat die gehalte van inheemse vleise be?nvloed, met die klem op volstruis- en wildsvleis. Die ontwikkeling van laekoste-vleisprodukte is 'n nuwe navorsingsterrein. Hierdie program is deel van die Universiteit Stellenbosch se Voedselsekuriteitsnavorsingsinisiatief. Navorsing in diesrefisiologie fokus tans op bedryfsverwante fisiologiese en reproduktiewe probleme.
'n Omvattende lys van alle navorsingsartikels is beskikbaar by http://www.sun.ac.za/research/en/research-report
Kontakbesonderhede ?
Departement Veekundige Wetenskappe
Fakulteit AgriWetenskappe
Universiteit Stellenbosch
Privaatsak X1, 7602 Matieland, Suid-Afrika
?
Tel: +27 21 8084916 Faks: +27 21 8084750
E-pos: ab@sun.ac.za Web: http:/?/academic.sun.ac.za/animal/index.htm
?
Personee?l?
?Akademiese personeel
Personeellid | Telefoonnommer | E-pos adres | Rigting |
Dr C Cruywagen | 021 808 4746 | cwc@sun.ac.za | Ruminant Nutrition |
Ms A Davids | 021 808 3148 | annelind@sun.ac.za | Genitics, Animal Breeding |
Prof K Dzama | 021 808 4741 | kdzama@sun.ac.za | Animal Breeding, Chairperson |
Prof LC Hoffman | 021 808 4747 | lch@sun.ac.za | Meat Science |
Dr H Lambrechts | 021 808 4748 | helet@sun.ac.za | Animal Physiology |
Dr E Pieterse | 021 808 4743 | elsjep@sun.ac.za | Monogastric Nutrition |
Mr K Salie | 021 808 2031 | ks1@sun.ac.za | Aquaculture |
?Tegniese & O?ndersteunende personeel????
Personeellid | Telefoonnommer | E-pos adres | |
D Bekker | 021 808 4745 | db3@sun.ac.za | |
J Booyse | 021 808 2638 | janineb@sun.ac.za | |
A Botha | 021 808 4916 | ab@sun.ac.za | Departemental secretary |
B Ellis | 021 808 4741 | beverley@sun.ac.za | |
G Jordaan | 021 808 4742 | gfj@sun.ac.za | |
M Mlambo | 021 808 2638 | michaelm@sun.ac.za | |
C Muller | 021 808 2638 | cherylm@sun.ac.za | |
L Uys | 021 808 4739 | lisa@sun.ac.za |