???????????????Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking
?
Vrae wat dikwels gevra word ?
???? Akademiese Hernuwing? (Spelwisselaar) |
---|
Wat is die verskil tussen programhersiening, -vernuwing en -herontwerp? Hierdie drie onderling verwante ondergroepe van die oorhoofse proses van deurlopende gehalteversekering van akademiese programme aan die US het elkeen ? effens ander doel.
Die literatuur lig talle maniere uit waarop die proses van programhersiening, ?herontwerp en -hernuwing benader kan word (中国体育彩票 of Toronto, 2017). Dit is dikwels ? herhalende en tydrowende proses, wat op die bestaande sterk punte van die program behoort te bou, deur bewyse onderlê moet word, redelik in omvang en duur moet wees en daarop gemik moet wees om betekenisvolle verandering in die akademiese departement te bewerkstellig.? |
Hoe lyk die goedkeuringsproses vir jaarboekveranderinge / veranderinge aan bestaande programme of modules? Veranderinge aan ? module moet deur die fakulteit (d.w.s. die programkomitee en fakulteitsraad) goedgekeur word. Alle veranderinge, buiten redaksionele veranderinge, moet ook aan die betrokke institusionele liggame, naamlik die Programadvieskomitee, Akademiese Beplanningskomitee en die Senaat, voorgelê en deur hulle goedgekeur word.? Die volledige werksvloei en die datums van institusionele vergaderings is hier beskikbaar. ? |
Wan?neer moet ek ? modulespesifikasie indien (Vorm B)? ? Modulespesifikasie is nodig as ? module grootliks verander word. Hierdie veranderinge vereis die registrasie van ? nuwe module om te onderskei tussen studente wat vir die bestaande weergawe ingeskryf is, en die diegene wat vir die nuwe weergawe ingeskryf is. Veranderinge wat die invul van ? nuwe modulespesifikasie sal vereis, sluit die volgende in:
Meer inligting is hier beskikbaar. |
Watter proses moet ek volg om goedkeuring vir wysigings aan ? bestaande module te bekom? Kontak asseblief die betrokke Visedekaan: Onderrig en Leer om die prosesse vir die fakulteit te bevestig. Die fakulteitsprosesse sal ook bepaal of institusionele toestemming benodig word en die versoek sal aan die Programadvieskomitee voorgelê word. |
Watter proses moet gevolg word om die naam van ? program te verander? Om die naam van ? program te verander, word die eksterne goedkeuring van die Departement van Ho?r Onderwys en Opleiding (DHOO), die Raad op Ho?r Onderwys (RHO) en die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAKO) benodig. Die versoek sal via die fakulteit, die institusionele komitees en die Senaat dien, soortgelyk aan ? jaarboekverandering (volledige begronding, verduideliking, ens.). Die DHOO- en RHO-dokumente om die verandering aan te vra, moet ook ingedien word. Die dokumente is
hier beskikbaar. |
Wat?ter verandering aan ? program is beduidend genoeg om ? nuwe program nodig te maak? Groot veranderinge aan ? bestaande kwalifikasie/program wat die registrasie van ? nuwe program nodig maak, sluit die volgende in:
Vir meer inligting, besoek die ABG-webwerf
hier?. |
Watter steun is vir die invul van ? nuwe modulespesifikasie (Vorm B) beskikbaar? Daar is hulpbronne met meer inligting oor elke afdeling van die modulespesifikasie, saam met voorbeelde van goeie praktyk, op die ABG-webwerf beskikbaar. Jy kan ook by jou
SOL-adviseur of die adviseurs by die
ABG om hulp aanklop. |
Waar begin ek met die beplanning van ? nuwe program? Meer inligting oor die verskillende oorwegings is op die ABG-webwerf beskikbaar. Individuele steun en raad is egter ook beskikbaar en daar word aanbeveel dat jy die adviseurs by die ABG raadpleeg wanneer jy ? nuwe program of die programhersieningsproses oorweeg: As jy dit oorweeg om ? nuwe program in te stel wat nog nooit voorheen bestaan het nie, kontak die Akademiese Beplanningsadviseur, Melissa van der Vyver. As jy die moontlikheid van ? nuwe program deur middel van die programhernuwingsproses oorweeg, kontak die Programhernuwingsadviseur,
Marianne Bester. |
Waar kan ek ? programspesifikasie (Vorm A) en modulespesifikasie (Vorm B) kry? Die vorms en steunbronne is op die
ABG-webwerf beskikbaar. |
Wat is die verskil tussen EVL en KAO?
Vir meer inligting, raadpleeg die
US EVL- en KAO-beleid (word tans hersien). Elke fakulteit het ook EVL- en KAO-prosesse wat gevolg moet word. Kontak gerus die kantoor van die Visedekaan: Onderrig en Leer vir ? afskrif van jou fakulteitsprosesse.
|
Waar kan ek meer inligting oor die verlengde kurrikulumprogramme (VKP'e) aan die US kry? By die US word VKP'e (voorheen verlengde graadprogramme [VGP'e] genoem) in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Fakulteit Teologie en Fakulteit Natuurwetenskap (Ingenieurswese en AgriWetenskappe ingesluit) aangebied. Kontak gerus die verteenwoordiger in elke fakulteit vir meer inligting
hier. |
Gehalteversekering en gehaltebestuur Die volgende vrae hou verband met die gesentraliseerde gehalteversekering- en ?bestuurstelsel aan die US: |
Wat is die verskillende fases van die gehaltebestuurstelsel aan die US?
Meer inligting is op die ABG-webwerf beskikbaar. ? |
Word die eksterne evaluering van my sentrum/departement/fakulteit vereis? Ons gehaltebeheerstelsel maak voorsiening vir die gereelde evaluering van akademiese departemente en professionele akademiese ondersteuningsdienste vir gehalteversekering en -bevordering volgens ? vaste siklus. Ons Gehalteversekerings- en ?Bevorderingsbeleid strook met die RHO se Raamwerk vir Institusionele Gehalte-oorsig. Vir meer inligting, kontak gerus die kollegas by die
gehaltekantoor van die ABG. |
Wat is die verskil tussen ? selfevalueringsverslag en ? eweknie-evalueringsverslag?
Vir meer inligting, besoek gerus die ABG-webwerf of kontak die kollegas by die gehaltekantoor.? |
Wat is ? 'bewysportefeulje' vir die selfevalueringsverslag? Vir bystand met ? kernstatistiekverslag, kontak gerus die kollegas by die
gehal?tekantoor van die ABG. |
?
?? Assessering (Spelwisselaar)? |
---|
Wat is die oogmerke van assessering? Assesserings dien verskeie doele (soos evaluering vir diagnostiese, summatiewe, formatiewe en volhoubare oogmerke) wat die primêre doel van die fasilitering van leer en die voorbereiding van studente vir lewenslange leer sal bevorder. Jy kan meer oor elkeen van hierdie oogmerke in die US se Assesseringsbeleid (2022) uitvind
hier. |
Wat is die beginsels van goeie assessering? Die beginsels van goeie assessering word in die US se nuwe Assesseringsbeleid (2022) uiteengesit. Die beginsels fokus op die volgende temas: assessering lê aan die kern van ? ge?ntegreerde benadering tot studenteleer; assessering moet studenteleer bevorder; assessering as ? ge?ntegreerde deel van ? leer-en-onderrigproses wat leeruitkomste, leergeleenthede en assesseringspraktyke konstruktief belyn; die beleid staan ? buigsame assesseringsbenadering voor; en die beleid aanvaar dat assesseerders bekwaam is en dat assesseringstrategie? nie een vorm of oogmerk van assessering bo ? ander bevoordeel nie. Jy kan meer oor elkeen van hierdie beginsels in die US se Assesseringsbeleid (2022) lees
hier. |
Wat is ? assesseringstrategie? Assessering kan op verskeie punte in die loop van ? leerprogram gedoen word. ? Omvattende assesseringsplan moet verskeie assesseringsgeleenthede insluit wat ? gepaste ewewig tussen formatiewe en summatiewe assesseringstipes handhaaf. Jy kan meer oor elkeen van hierdie oogmerke in die US se Assesseringsbeleid (2022) lees
hier. |
Hoeveel eweknie-assessering kan ek in my module gebruik? Dit sal van die konteks, module, studente, assesseringstrategie en die doel van die assessering afhang. Alle assesserings moet versigtig oorweeg en noukeurig ontwerp word. Kontak die SOL-adviseur in jou fakulteit vir bystand. Klik
hier om te sien wie die SOL-adviseur vir jou fakulteit is. |
Watter steun is tot die beskikking van kwalifiserende studente gedurende assessering? Die Taalsentrum se Tolkdiens verskaf tolking in Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) vir dowe studente wat dit tydens ? assessering nodig het. Kontak
Vicki Fourie vir meer inligting. |
Is daar ? Assesseringskortkursus vir akademiese personeel? Die SOL bied jaarliks tydens die eerste en tweede semester ? Assesseringskortkursus aan. Klik op
Assesseringskortkursus (sun.ac.za) op die SOL-webwerf, of kontak
Charmaine van der Merwe vir meer inligting. |
?
?? Hibridiese Leer (Spelwisselaar)? |
---|
Watter verskillende leweringsmodusse is aan die US beskikbaar? Die US is ? geregistreerde kontakinstelling. Ons kredietdraende aanbiedinge (modules of programme) moet dus aan die minimum kontakvereistes voldoen. Die enigste leweringsmodusse wat gebruik kan word, is dus
volle kontak- of
hibridiese leer. Vir meer inligting, klik asseblief
hier. |
Wat is die verskil tussen hibridiese leer, gemengde leer en kontakleer? Gemengde leer (GL) Aan die US word GL verstaan as die stelselmatige, oordeelkundige en kontekstueel-reaktiewe mengsel van verskillende benaderings tot onderrigmetodiek, onderrigmetodes en toepaslike digitale tegnologie?, gekombineer met die beste kenmerke van interaksie in persoon. GL kan dus beskou word as ? bre? begrip van kontemporêre onderrig, leer en assessering (Hrastinski, 2019) wat die kurrikulumontwerpproses vir kontakleer, HL en volledig-aanlyn leer (VAL) kan onderlê, verryk of bemiddel.? Kontakleer? Dit vind plaas wanneer ? module of program in ?
fisiese klaskamer of fasiliteit aangebied word, met die dosent/fasiliteerder en studente hoofsaaklik in persoon aanwesig. Die meeste van die onderrig, leer en assesserings vind steeds op kampus of in die klaskamer plaas, en die
tradisionele rooster waarvolgens studente daagliks leergeleenthede op kampus bywoon, word gebruik.? Hibridiese leer (HL) HL behels die lewering van ? akademiese program of module deur volgehoue periodes van volledig-aanlyn leer, wat aangevul word met minder/korter, dog hoogs betrokke en interaktiewe periodes ('jaarboekblokke') van kontaksessies op kampus. Lees meer oor HL
hi?er.? Meer gedetailleerde inligting is
hier beskikbaar.? |
Waar kan akademiese personeellede wat daarin belangstel om ? HL-aanbod te ontwikkel, of die kollegas in hulle departement/fakulteit wil aanmoedig om dit te doen, begin??
|
Kan ons ? program/module volledig aanlyn aanbied? Nee. Die US is nie geregistreer om enige kredietdraende aspekte volledig aanlyn aan te bied nie en die terugvoer van studente en afgestudeerdes dui aan dat daar steeds verkies word om tyd op kampus deur te bring. Meer besonderhede is
hier beskikbaar. |
?Waar kan ek ? lys met kreatiewe en/of aanlyn leergeleenthede kry?
|
Hoe verskil HL van ARTLA? Die begin van 中国体育彩票 in 2020 het die onmiddellike vervanging van kontakinteraksie met studente deur VAL of nood-afstandsonderrig, -leer en -assessering (ERTLA) genoodsaak. Aangevulde afstandsonderrig, -leer en -assessering (ARTLA) was ? gedifferensieerde benadering waardeur fakulteite ? mengsel van kontakleer, VAL en HL kon aanbied om studente se terugkeer na die kampus te akkommodeer. ERTLA en ARTLA was noodrespons-inisiatiewe wat deur die spesiale vergunning van die Minister van Ho?r Onderwys toegelaat is, om seker te maak dat onderrig, leer en assessering kon voortgaan. Hierdie vergunning het slegs vir ? beperkte tyd gegeld en is nie in 2022 hernu nie. HL vereis die doelbewuste kurrikulumontwerp van ? module/program as ? kombinasie van volle jaarboekblokke (hoofsaaklik aanlyn) asinchrone steierwerkleer en ? kombinasie van aanlyn en blokke intydse sessies op kampus. Hierdie intydse sessies dra by tot die minimum kontaktyd (RHO, 2014) wat deur die DHOO vereis word. Meer besonderhede is
hier beskikbaar. |
Tot watter mate kan ek HL begin implementeer, sonder om aansoek om HL-finansiering te doen? HL-finansiering is nie nodig om ? HL-module of -program te implementeer nie. Die HL-finansiering verleen finansi?le steun en maak die inkoop van ontwerpsteun deur die HL-kantoor moontlik. Daar is egter talle bronne via die HL-webwerf beskikbaar, wat akademici van idees sal voorsien. Individuele steun is ook via die Sentrum vir Leertegnologie? en die GLK van jou fakulteit beskikbaar. As ? module of program egter van kontakleweringsmodus na hibridiese leweringsmodus verander word, moet hierdie veranderinge aangemeld en institusionele goedkeuring bekom word. ?
Modulespesifikasie (Vorm B) word vir elke module vereis, aangesien ? nuwe moduele op die studente-inligtingstelsel (SIS) geregistreer moet word, om tussen die kontak- en die HL-weergawe te onderskei, en om seker te maak dat HL-kurrikulumontwerp-aspekte ge?nkorporeer word. |
Wat is die hoofoorwegings vir akademiese personeel en departemente wat in die ontwerp van HL-aanbiedinge belangstel? HL bied ruim onderrigsontwerpsteun en (beperkte) finansiering vir die gedeeltelike inkoop van dosente se tyd, om vir die ontwikkelingskapasiteit van HL-aanbiedinge voorsiening te maak, maar slegs tydens die eerste rondte van die ontwikkelings- en implementeringsfase. Die lewensvatbaarheid van die program en die meegaande finansi?le risiko is dus ? hoofoorweging vir die fakulteit. Personeelkonteks: Departementsvoorsitters, dosente en ander akademiese personeel wat by die proses betrokke sal wees, moet die volgende in ag neem:
Dit is net so belangrik om die konteks van jou voornemende studente in ag te neem. HL vereis van studente om voldoende toegang tot die internet en persoonlike toestelle te hê, en om oor ? basiese vlak van digitale geletterdheid te beskik, sodat aanlyn geleer kan word. Die tegniese en kurrikulêre ontwerp van die module/program kan aangepas word om so reaktief as moontlik op studente se konteks te wees, maar die HL-finansieringsaansoek moet eers bewys dat jy van hulle leerbehoeftes bewus is (ten opsigte van hoe, wanneer en waar die kohort sal leer), selfs as hierdie behoeftes heel divers is. Meer kernoorwegings is
hier en op die
HL-webwerf beskikbaar. |
Kan ek van ? tolk gebruik maak as ek die HL-modus gebruik? Ja, die Taalsentrum se Tolkdiens is volledig toegerus om intydse aanlyn lesings en kontakblokke te tolk, solank dit aanlyn gestroom word. Studente kan die diens tuis of in die klas met behulp van hulle selfone of skootrekenaars gebruik. Vir meer inligting, kontak Juanli Theron of Christine Joubert of besoek ons webblad hier. Die Taalsentrum se Tolkdiens kan ook klankvertalings van asinchrone oudiolesings of hulpbronne verskaf. Vir meer inligting, kontak
Juanli Theron of
Christine Joubert of besoek die Taalsentrum se webblad
hier. |
?Wat is 'StellenboschX'? 'StellenboschX' verwys na die vennootskap tussen die US en edX, ? voorste wêreldwye aanlyn leerplatform wat deur 2U Inc bekendgestel is. Die StellenboschX-kursusportefeulje (wat op die internasionale edX-platform aangebied word) sal ? wye verskeidenheid vakgebiede insluit. Hierdie aanbiedinge sal die US se akademiese en navorsingskundigheid ten toon stel en reaktiwiteit op die ontwikkelende behoeftes van kontemporêre volwasse studente demonstreer. Die portefeuljes sal betaalde (sertifikaatdraende) professionele sertifikate en Massiewe Oop aanlyn?kursusse "(Massive Open Online Courses (MOOCs)", wat gratis afgehandel kan word, insluit. As jy meer oor die US se vennootskap met edX wil uitvind, en/of daarin belangstel om ? kursus op edX aan te bied,
kontak gerus die HL-span. |
Waarom het die US met edX in vennootskap getree? Vir meer inligting hieroor, raadpleeg asseblief die nuusbrief wat die US/edX-vennootskap aankondig.
Klik hier vir toegang tot die aankondiging. |
Wat is die volgende stappe as ek daarin belangstel om ? kursus op edX aan te bied? Alle kommunikasie rakende (moontlike) StellenboschX-aanbiedinge gaan deur die HL-span. Voordat ? programvoorstel aan edX voorgelê word, het ons verskeie interne besprekings met jou om jou idees te takseer, ho?vlak- markinsigte te bekom en vir jou ? praktiese oorsig van die proses te gee.
Kontak gerus die HL-span om hierdie bespreking te re?l. ? |
?
?? Verryking in Onderrig, Leer en Assessering (Vir US-personeel) |
---|
Wanneer is die volgende skryfgeleentheid? Skryfgeleenthede word gewoonlik twee keer per jaar aangebied. Vir die jongste inligting, besoek die Skryfgeleentheid-afdeling op die SOL-webwerf of kontak finlo@sun.ac.za Die Taalsentrum bied ook skryfgeleenthede en skryf- en leesmarathons deur die Skryflab aan. Kontak Selene by
selene@sun.ac.za om die jongste datums en inligting te kry, of lees
hier meer. |
Kan ek ? werksessie oor ? OLA-saak in my fakulteit re?l? Ja! Kontak asseblief die SOL-adviseur in jou fakulteit vir hulp.Klik
hier om uit te vind wie jou adviseur is: |
Ek wil aan my kommunikasievaardighede werk. Watter professionele leergeleenthede is tot my beskikking? Die SOL bied Elsabé Daneel se kommunikasiewerksessie drie maal per jaar vir dosente aan. Vir meer inligting, kontak
claudias2@sun.ac.za en lees
hier. Die Taalsentrum se Kommunikasielab bied verskeie kortkursusse aan wat daarop gemik is om skriftelike en mondelinge kommunikasievaardighede te verbeter. Vir meer inligting, kontak Michelle by
michellep@sun.ac.za of besoek hierdie blad. |
Wat is die rol van ? departementshoof? Daar is ? institusionele dokument met die naam Riglyne vir Programkomiteevoorsitters en Programleiers wat jy kan raadpleeg. Jy sal dit
hier kry. ? Gesprek met jou Visedekaan: Onderrig en Leer sal ook van waarde wees, aangesien elke fakulteit verskillende verantwoordelikhede met hierdie rol kan verbind. |
Wat is AvOL? AvOL verwys na die Akademieskap van Onderrig en Leer. Daar is verskeie omskrywings, maar kortliks kan AvOL beskou word as ? “stelselmatige besinning oor onderrig en leer wat openbaar gemaak word"(McKinney, 2003). (Eie vertaling uit Engels.) McKinney, K. (2003). What is the Scholarship of Teaching and Learning (SoTL) in higher education? Teaching/Learning Matters, 33(1), 6–7. Jy kan
hier meer lees. By die US het ons ? interne konferensie genaamd die Akademieskap van Onderrig en Leer-konferensie. Lees
hier meer daaroor. Ons bied ook ? kortkursus oor die Akademieskap van Onderrig en Leer aan. Kontak
claudias2@sun.ac.za vir meer inligting. |
Wie kan die AvOL-konferensie bywoon? Die AvOL-konferensie is ? interne konferensie vir US-akademici en professionele en administratiewe steunpersoneel wat in OLA aan die US werk. Vir meer inligting, besoek die
AvOL-webwerf. |
Wat is die SoEL-kortkursus? Die Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap-kortkursus (SoEL-) dra 12 krediete en is op vlak 8 van die NKR. Dit word oor een jaar in GL-modus aan US-leiers in onderrig aangebied. Die doelwitte sluit die volgende in:
Vir meer inligting, klik
hier. |
Watter opleiding is vir nuwe dosente beskikbaar? Daar is verskeie opleidingsgeleenthede beskikbaar. Daar moet eers bepaal word na watter soort opleiding verwys word. Ten opsigte van onderrig, bied die US instellings- en fakulteitsgebaseerde geleenthede vir professionele leer in jou onderrigrol. Kontak die SOL-adviseur in jou fakulteit sodat hulle vir jou die regte moontlikhede kan uitwys. Jy kan ook die SOL-webwerf vir die lys van geleenthede besoek die weblad (Kyk na die aftreklys onder hierdie afdeling.) Vir alle professionele leergeleenthede wat binne die verskillende leweringsmodusse geposisioneer is, veral met betrekking tot digitale leertegnologie?, besoek die SOL-webwerf: |
Wie kan my met my onderrig help? Die SOL staan akademici in hulle onderrigrol by. Ons missie is om professionele leergeleenthede te skep vir akademiese personeel in fakulteite en om denkleiers op die gebied van reaktiewe, innoverende en vakkundige onderrig en leer te wees. Kontak gerus die SOL-adviseur in jou fakulteit vir hulp. Klik
hier om te sien wie jou adviseur is. |
Wat is ? nadenkende praktisyn? Die US Onderrig- en Leerbeleid omskryf ? nadenkende praktisyn soos volg: Nadenke praktisyns besin doelbewus en krities oor hulle onderrigpraktyk, en hersien en dokumenteer hulle professionele groei stelselmatig. Om meer hieroor te lees, besoek die SOL se hulpbron oor
besinning. |
Wie is die SOL-adviseur in my fakulteit? Om uit te vind wie die SOL-adviseur vir jou fakulteit is, klik
hier. |
Is daar enige middagete-webinare wat ? mens kan bywoon? Die SOL bied Auxins aan, en die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking bied LOV-seminare aan. Auxins is middagete-aanbiedinge deur akademici oor onderrig- en leer-innoverings in onderrigpraktyke aan die US. Vir meer inligting, klik
hier. Elke kwartaal re?l die SOL ? Onderrig-en-Leerseminaar onder die beskerming van die Viserektor: Onderrig en Leer, prof Deresh Ramjugernath, en die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking. Die seminare is daarop gemik om die akademieskap van onderrig en leer te bevorder. US onderriggenote deel hulle navorsing, innoverings en ondervindings ten opsigte van onderrig en leer, gevolg deur lewendige besprekings. Vir meer inligting, kyk
hier. |
SUNLearn Hoe kan ek meer uitvind oor die funksies van SUNLearn en hoe om studentebetrokkenheid op SUNLearn te bestuur? Vir meer oor die funksies van SUNLearn of hoe om studentebetrokkenheid op SUNLearn te bestuur, besoek die SOL-webwerf
Learning Technologies Support (sun.ac.za) en navigeer na die toepaslike afdeling op grond van jou behoeftes, hetsy opleiding en ondersteuning, fasiliteerderopleiding of tutoropleiding. ? Is daar opleiding vir SUNLearn? Basiese opleidingsessies oor die gebruik van SUNLearn word gereeld vir personeel aangebied. Besoek die SOL-webwerf vir meer inligting en om jou fasiliteerderopleidingsessie te bespreek, en/of om toegang tot die SUNLearn-gebruikersgids te verkry.
Is daar iemand wat my met die ontwerp van my kursus op SUNLearn kan help? Die GLK's verteenwoordig die SOL in die fakulteite. Kontak gerus die GLK in jou fakulteit vir hulp met die ontwerp van jou kursus op SUNLearn. Jy kan die besonderhede op die Ondersteuningsbesonderhede-blad op SUNLearn kry:
Ek wil graag ? SUNLearn inprop-module byvoeg of ? versoek om die gebruik van ? alternatiewe leertegnologie rig. Met wie kan ek praat? Vir enige SUNLearn-steun, kontak die
SUNLearn-hulplyn.? Is daar enige kortkursusse wat fokus op GL en hoe om dit in my onderrig, leer en assessering te integreer? Die SOL is daartoe verbind om professionele leergeleenthede vir personeel te skep in ? poging om leertegnologie op betekenisvolle wyse by hulle kursusse vir studente in te sluit. Twee geakkrediteerde kortkursusse in GL word deur die SOL beskikbaar gestel. Besoek die SOL-webwerf vir meer inligting:
Watter leertegnologie? word aan die US aanbeveel en ondersteun? Vir meer inligting oor die leertegnologie? wat aan die US aanbeveel en ondersteun word, besoek die SOL-webwerf en navigeer na die afdeling oor Leertegnologie-ondersteuning: Is daar ? sentrale bewaarplek vir onderrig-, leer- en assesseringshulpbronne vir onderrigpersoneel? (Dosentondersteuningsblad) Vir toegang tot professionele leergeleenthede (waaronder webinare, kursusse of SUNLearn-tuistes) of hulpbronne, besoek die SOL-webwerf en navigeer na die afdeling vir Professionele Onderriggeleenthede en Hulpbronne op die Akademiese Ontwikkeling en Navorsing-blad: |
Hoe kan ek die SOL-ateljee bespreek? Hoeveel kos dit om die ateljee te bespreek? Vir alle vrae oor die SOL-ateljee, telematiese dienste of die verskillende dienste en geriewe wat deur die SOL aangebied word, besoek die SOL-webtuiste en navigeer na die Bedryf, Telematiese Dienste en Projekte-blad: |
Kan ek die ateljee en toerusting gebruik? Kan ek ? videokamera huur om op verskillende plekke te verfilm? Vir spesifieke inligting oor die gebruik van die ateljee en toerusting, besoek die Bedryf-afdeling op die Bedryf, Telematiese Dienste en Projekte-blad: |
?
?? Uitgebreide Leerruimtes |
---|
Wat is ELR? Die ELR-program is nie slegs daarop gemik om die uitdaging van afstandleer weens die verminderde kapasiteit van lesingsale te oorkom nie, maar ook om in die toekoms die geleentheid aan dosente te bied om hulle klasse te stroom, terwyl hulle in lesingsale onderrig gee, en om die Universiteit se aanbiedinge met die Onderrig- en Leerbeleid te belyn. Vir toegang tot die interne US ELR-hulpbronne, klik op die onderstaande skakel na die SOL-webtuiste: |
?
?? Meertaligheid |
---|
Waarom is daar ? Taalsentrum aan die Universiteit? Die Taalsentrum se
mandaat is om taalondersteuning aan ons studente en kli?nte te bied en om
meertaligheid te bevorder. Ons doen dit op verskeie maniere – van die aankweek van ?
meertalige ingesteldheid onder personeel en studente, tot die aanbied van taal- en kommunikasiekursusse en
akademiesegeletterdheidsmodules, die bedryf van ?
Skryflab waar personeel en studente gratis skryfwenke en ondersteuning kan kry, en die aanbied van ?
Leeslab waar personeel en studente kan leer om beter en vinniger te lees. Ons stel ook
tolking in die klas en
redigeer- en
vertaaldienste beskikbaar. Baie van hierdie dienste is ook aanlyn beskikbaar.? |
Waarom is meertaligheid belangrik vir OLA? Om meertalig te wees – dit wil sê, om in staat te wees om meer as twee tale te praat en te verstaan – sal nuwe wêrelde vir jou en jou studente laat oopgaan. Onderrig en leer in verskillende tale, byvoorbeeld Engels, Afrikaans en isiXhosa, in teenstelling met die keuse van slegs een onderrig- en leertaal, bied aan studente die geleentheid om leermateriaal uit verskillende perspektiewe te benader en om die manier te vind wat die beste by hulle leerstyl pas. Dit maak dit ook moontlik vir meer stemme om outentiek gehoor te word en is ? kritieke bemagtiger vir studente om medeskeppers van kennis in die onderrig- en leerruimte te wees. Assesserings in verskillende tale bied ook aan studente die geleentheid om in ander tale na die vrae te verwys, ten einde die vraag beter te verstaan en moontlik hulle kanse op sukses te verbeter. Meertaligheid sal jou ook in staat stel om beter met ander mense te skakel en jou op tallose ander wyses verryk. Meertalige mense is geneig om hulle omgewing beter te ontleed en misleidende inligting raak te sien. Hulle is ook geneig om meer rasionele besluite te neem, oor beter probleemoplossingsvaardighede te beskik, beter met die gelyktydige verrigting van verskeie take te wees, nuwe vaardighede vinniger aan te leer, meer doeltreffend te kommunikeer en selfs beter te skryf. Meertaligheid is ook een van die eienskappe waaroor die Universiteit wil hê ? afgestudeerde moet beskik teen die tyd dat hulle gradueer. Meertaligheid van die individu en die samelewing kan dus beskou word as “? hulpbron vir die fasilitering van kognitiewe ontwikkeling, epistemiese toegang, inklusiwiteit, transformasie, maatskaplike samehorigheid en respek vir alle tale", in lyn met die Taalbeleidsraamwerk vir Openbare Ho?ronderwysinstellings (2020). (Eie vertaling uit Engels) |
Hoe ondersteun die Taalsentrum meertaligheid? Die Taalsentrum stel
tolking in die klas beskikbaar en bied
redigeer- en
vertaaldienste aan. Ons bied ook verskeie taalkortkursusse aan. Jy kan by ons leer om basiese
isiXhosa of
Afrikaans te praat, baie pret hê in die loop van die proses en selfs geborg word om dit te doen, as jy gelukkig is. Gaan loer na ons
Taalleernaaf, wat kreatiewe maniere bied om ? nuwe taal aan te leer. Jy kan ook jou
akademiese Engels by ons verbeter. Ons bied ook
akademiese geletterdheids- en professionele kommunikasie-modules in sommige fakulteite aan, wat studente kan help om 'universiteit' te praat en hulle voorberei om op professionele wyse te kommunikeer. |
Kan studente kies om in Afrikaans of Engels te studeer?
Ja, hulle kan. Hulle moet by die fakulteit waarin hulle belangstel, navraag doen om uit te vind hoe hulle
taalplan lyk, omdat dit die tale bepaal waarin vakke aangebied word. Studente kan ook van
tolking in die klas gebruik maak, as dit beskikbaar is. Die Taalsentrum bied
akademiese geletterdheids- en professionele kommunikasie-modules in Afrikaans en Engels aan, om studente te help om die vaardighede waarmee hulle in een van daardie tale dalk meer op hulle gemak is, na hulle ander vakke oor te dra. Raadpleeg artikel 7.1 van die
US Taalbeleid (2022) vir inligting oor die taalvereistes ten opsigte van leermateriaal en assesserings. |
?Hoe moet ek die Taalbeleid in my module toepas? Fakulteite moet ? taalplan vir elke jaar indien. Hierdie taalplan sal die taalopsie wat vir alle voorgraadse modules gebruik moet word, aandui. ? Module kan deur middel van enige van die volgende taalopsies wat in die US Taalbeleid (2022) aangedui word, aangebied word:
Vir meer
inligting is daar ? infografika ter opsomming van die beleid beskikbaar. |
Het ek ? tolk in my klas nodig? Fakulteite dien elke jaar taalplanne in. Die taalplan van jou fakulteit sal bepaal of jy ? tolk in jou klaskamer nodig het. As jou module vir tolking kwalifiseer ingevolge jou fakulteit se taalimplementeringsplan, sal jou module outomaties by die tolkrooster ingesluit word en sal jy voor die begin van die semester ? e-pos van Juanli Theron of Christine Joubert ontvang. Tolkdienste is ook beskikbaar vir modules waarin dit nie noodwendig volgens jou fakulteit se taalimplementeringsplan nodig is nie. As jy ? erkende pedagogiese behoefte aan tolking het, of ? meertalige klaskamer-ervaring wil skep, kontak Juanli Theron of Christine Joubert om by die tolkrooster ingesluit te word. Modules wat ingevolge die fakulteit se taalimplementeringsplan vir tolking kwalifiseer, sal voorkeur geniet. Vir meer inligting, besoek die Taalsentrum se Tolkdiensteblad
hier. |
Moet ek betaal vir die tolkdienste in my module? Nee, jy hoef nie persoonlik te re?l vir die betaling van die tolkdienste in jou module nie. Die diens word institusioneel betaal. |
In watter tale moet my module se skyfies en aantekeninge beskikbaar wees? Volgens die US Taalbeleid (2022:7) moet alle leermateriaal minstens in Engels beskikbaar wees, buiten as die module oor die taal self handel. Indien moontlik, oorweeg dit om jou aantekeninge en skyfies ook in Afrikaans beskikbaar te stel, ter ondersteuning van die
meertalige ingesteldheid wat die Universiteit onder studente en personeel wil aankweek. As daar ? pedagogiese behoefte voor is, sluit ook isiXhosa by jou aanbieding in – taalimplementeringsfinansiering is vir vertaling in Afrikaans en isiXhosa beskikbaar. Fakulteite dien ook elke jaar taalplanne in. Die taalplan van jou fakulteit sal die tale waarin jy jou lesing moet aanbied, bepaal. |
Moet ek betaal vir die vertaling van leermateriaal? Ja, en finansiering hiervoor is beskikbaar. Die Universiteit het taalimplementeringsfondse aan elke fakulteit toegewys, wat gebruik kan word vir die vertaling en redigering van leermateriaal. Wanneer jy die Taalsentrum vir die
vertaling van jou leermateriaal nader, sal jy ? kwotasie ontvang, wat jy dan kan gebruik om finansiering vir taalimplementering aan te vra. Jou fakulteitsbestuurder behoort jou hiermee te kan help. |
My studente sukkel om ten opsigte van akademiese lees en skryf by die universiteitsomgewing aan te pas. Kan julle daarmee help? Die vermo? om akademiese tekste te lees en skryf en gesprekke daaroor te voer, is nie iets wat van nature kom nie. Dit is baie soos ? nuwe taal aanleer – ? taal wat die studente moontlik nog nooit voorheen gebruik het nie. By die Taalsentrum bied ons kredietdraende
akademiese geletterdheids- en professionele kommunikasie-modules om studente met die leer en gebruik van hierdie nuwe taal te ondersteun – om 'universiteit' te leer praat en om hulle voor te berei om op professionele wyse te kommunikeer. Ons werk saam met die fakulteite om studente te ondersteun terwyl hulle hul kennis opbou en leer hoe om te leer. |
Ek wil aan my kommunikasievaardighede werk. Watter professionele leergeleenthede is daar vir my? Die Taalsentrum se Kommunikasielab bied ook kortkursusse in professionele kommunikasie aan, wat jou kan help om verskillende bevoegdhede vir doeltreffende en selfversekerde kommunikasie te ontwikkel, sodat jy op dieper vlak met jou studente kan skakel. Hier is enkele van die kursusse waarby jy kan baat:
Crafting confident presentations (Die voortbring van selfversekerde aanbiedinge)
Communicative English made easy (Maklike kommunikasie-Engels)
A crash course in English grammar (? Blitskursus in Engelse grammatika) Conversations to encourage behavioural change in the workplace (Die voer van gesprekke om verandering aan te moedig) Help versterk mense se eie motivering om nodige verandering in ? spesifieke omgewing te bewerkstellig. As ? gespreksgenoot kan jy iemand bystaan om in te sien waarom verandering vir hulle tot voordeel kan wees – as ? beroepspersoon in die werksplek, maar ook in ? gesinsopset of as ? vriend. Hierdie kursus rus jou toe vir sulke gesprekke. ? Vir meer inligting oor die Taalsentrum se Kommunikasielab-kursusse, kontak
Michelle Pieters. |
MobiLex-toepassing Hierdie toep is aan die US ontwikkel, met die doel om die studenteleer-ervaring te verryk deur die US se meertalige aanbod en studente se vermo? om meertalige woordelyste te gebruik, te verbeter. Die toep bied vakspesifieke terminologie in Afrikaans, Engels en isiXhosa vir voorgraadse studente en akademiese personeel in die Fakulteit Opvoedkunde, Fakulteit Teologie, Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, en Fakulteit Natuurwetenskap aan. |
?
?? Studentesukses |
---|
SUNSuccess Selfhelp.sun.ac.za dien as ? sentrale platform, wat die dienste, hulpbronne en voorligting van die Sentrum vir Studentevoorligting en -Ontwikkeling konsolideer. As die Universiteit se eerste linie van bystand, bied die webtoepassing waardevolle steun en raad oor talle aspekte wat deurslaggewend vir studentesukses is, met inbegrip van aanpassing by die universiteitslewe, loopbaanvoorligting, geestesgesondheid, voedselsekerheid en hulp met ongeskikthede. Die SUNSuccess-projek se oorkoepelende doelwit is om ? studenteondersteuningsoplossing met die volgende oogmerke te implementeer:
Die projek word ontwikkel as ? module van SUNStudent en sal in 2025? ontplooi word. Kontak gerus vir Christina Harvett (cmh@sun.ac.za) met enige navrae. |
Kan julle my en my studente met akademiese skryfwerk help? Natuurlik. Ons
Skryflab is ? veilige ruimte waar ?
skryfkonsultant jou met jou akademiese skryfwerk sal help. Jy kan ons soveel keer as wat jy wil, besoek en ons diens is gratis. Ons bied ook
akademiese geletterdheids- en professionele kommunikasie-modules in die meeste fakulteite aan, wat studente sal help om 'universiteit' te leer praat en hulle voorberei om op professionele wyse te kommunikeer. |
Kan julle my en my studente met akademiese leeswerk help? Ja, ons sal graag! Ons
Leeslab bied talle maniere om jou leesvaardighede te verbeter – van gratis kort werksessies tot die gebruik van
Leesteorie, wat aanlyn leesbegripoefening vir studente op alle vlakke aanbied. Ons werk ook saam met sommige fakulteite sodat ons dienste by sommige kursusse ingesluit word. Sommige van hierdie dienste is ook gratis. |
Watter Skryflab-werksessies kan my studente doen? Die Taalsentrum se Skryflab-werksessies handel oor ? groot verskeidenheid onderwerpe, waaronder interne organisasie, samehang, kohesie, styl, eksterne struktuur, redigering, gehoor, oogmerk van wetenskaplike skryfwerk, navorsingsonderwerpe, probleemstellings en hipoteses. Ons kyk ook na projekstruktuur, paragrafering en beredenering, wetenskaplike skryfstyl, verwysing en meer. Ons Skryflab-werksessies is op meester- en doktorale studente in verskillende vakgebiede gemik en is daarop gerig om nagraadse studente te help om sukses te behaal. Lees meer hier. As jy voel dat jou studente by ? Skryflab-werksessie oor skryfvaardighede kan baat, sal die Taalsentrum pasgemaakte kursusse of werksessies vir spesifieke departemente aanbied, wat op jou unieke behoeftes gebaseer is. Ons sal dit in samewerking met die dosente uit die onderskeie departemente beplan, ontwikkel en aanbied. Om ? pasgemaakte werksessie vir jou studente te re?l, kontak Selene Delport. |
Eweknie-fasilitering (tutorskap): Hoe kan ek my tutors (eweknie-fasiliteerders) oplei? Die meeste fakulteite het interne opleidingsgeleenthede vir eweknie-fasiliteerders (tutors). Jy kan ook jou Visedekaan: Onderrig en Leer om meer inligting nader. Die US bied ook ? institusionele Kortkursus in Eweknie-leerfasilitering aan. Vir meer inligting, besoek gerus die
webblad of kontak Sim Ntwasa (sim@sun.ac.za)
Wat kan ek van die tutor verwag? Die Rgulasies vir Eweknie-leerfasilitering bied riglyne wat jy kan raadpleeg; sien gerus Punt 6.1: Benaming en rolle. Jy kan ook vir Sim Ntwasa (sim@sun.ac.za) om meer inligting nader. Besoek gerus die
SOL-webwerf vir die nodige regulasies.?
Waar kan ek meer inligting oor die Kortkursus in Eweknie-leerfasilitering kry? Vir meer inligting, besoek gerus die
webblad of kontak Sim Ntwasa (sim@sun.ac.za) |
?
?? Hulpbronne vir Onderrig, Leer en Assessering |
---|
Waar kry ek institusionele beleide wat met onderrig, leer en assessering verband hou? Besoek gerus die
SOL-webwerf vir OLA-verwante beleide. Jy kan ook beleide op die US-webwerf vind,
hier. |
?Waar kry ek nasionale beleide wat met onderrig, leer en assessering verband hou?
Besoek die
SOL-webwerf. Die ABG webwerf bied ? versameling
HO-raamwerke. |
?Onderrigportefeuljes: Hoe stel ek ? onderrigportefeulje saam (ook vir bevordering)?
Die SOL het ? omvattende
hulpbron wat kan help. Jy kan ook die SOL-adviseur in jou fakulteit om hulp nader. Klik
hier om te sien wie die SOL-adviseur vir jou fakulteit is. |
Toekennings en toelaes: Waar kan ek meer inligting kry oor die onderriggenootskap/onderrigtoekennings? Jy kan ook vir dr Karin Cattell-Holden (kcattell@sun.ac.za) om meer inligting nader. Hoe doen ek om ? onderrigtoekenning aansoek? Kontak asseblief jou SOL-adviseur, aangesien elke fakulteit sy eie interne proses volg. Die riglyne vir aansoeke is op die SOL-webwerf beskikbaar. Klik hier om te sien wie die SOL-adviseur vir jou fakulteit is: Jy kan ook vir dr Karin Cattell-Holden (kcattell@sun.ac.za) om meer inligting nader. |
Wat is Finlo? Waar doen ek aansoek? Die Fonds vir Innovasie en Navorsing oor Leer en Onderrig (Finlo) is in 2005 opgestel om ? kultuur van innovering en besinning oor leer en onderrig by die Universiteit aan te moedig. Die fonds bied ? geleentheid aan dosente om te innoveer, doeltreffende praktyke en prosesse te evalueer en om leer- en onderrigprobleme, -oplossings en ?tendense te ondersoek . Dit bied ook ? meganisme vir die beskikbaarstelling van resultate wat ontwerp is om die gehalte van onderrig, leer en assessering te verbeter. Enige dosent, span dosente of sentrum verantwoordelik vir onderrig, leer en assessering kan om ? toekenning aansoek doen. Vir meer inligting, of om aansoek te doen, besoek die
Finlo-webwerf. Jy kan ook vir
finlo@sun.ac.za om bystand kontak. |
Watter OLA-verwante kortkursusse is beskikbaar? Die SOL bied verskeie kortkursusse aan akademici ter ondersteuning van hulle onderrigrol. Jy sal die lys van professionele leergeleenthede hier kry. (Klik op die aftreklys.) Jy sal die professionele leergeleenthede wat deur die SOL aangebied word, hier kry: Die Taalsentrum se Kommunikasielab bied ook verskeie kortkursusse in professionele kommunikasie aan, wat jou kan help om verskillende bevoegdhede vir doeltreffende en selfversekerde kommunikasie te ontwikkel, sodat jy op dieper vlak met jou studente kan skakel. Hier is enkele van die kursusse waarby jy kan baat:
Crafting confident presentations (Die voortbring van selfversekerde aanbiedinge)
Communicative English made easy (Maklike kommunikasie-Engels)
A crash course in English grammar (? Blitskursus in Engelse grammatika) Vir meer inligting oor die Taalsentrum se Kommunikasielab-kursusse, kontak
Michelle Pieters. Wat is PRONTAK? PRONTAK is die US-kortkursus vir Professionele Onderrigontwikkeling vir Akademici in hulle onderrigrol. Die PRONTAK/PREDAC-kortkursus word jaarliks vir nuut aangestelde akademici aan die US aangebied. Tydens hierdie kursus sal elke deelnemer, saam met ander nuut aangestelde dosente uit verskillende fakulteite, die geleentheid gegun word om te besin oor hulle menings, kennis en aannames oor onderrig, leer en assessering binne die konteks van die huidige denke oor universiteitsonderrig. Praktiese en innoverende benaderings tot onderrig en assessering sal deurgaans in die kursus aandag geniet. Nasionale en institusionele raamwerke wat Ho?r Onderwys in Suid-Afrika en aan die US rig, sal ook gedek word. Vir meer inligting, klik
hier. Hoe doen ek die Assessering-kortkursus? Die Assessering-kortkursus word in die eerste en tweede semester van elke jaar aangebied. Die kursus is ontwerp om in pas te wees met die hersiene Assesseringsbeleid (2022), en assessering te ondersteun wat studenteleer bevorder. Die kursus is as ? amptelike US kortkursus (Bevoegdheid) geregistreer en volg ? gemengde benadering wat aanlyn, asinchrone, selfstudiewerksaamhede (op SUNOnline) en kontaksessies in persoon kombineer. Deelnemers sal ongeveer 50 uur aan hierdie werksaamhede moet bestee om die kortkursus af te handel. Vir meer inligting, kontak
cvandermerwe@sun.ac.za of klik
hier.? |
In die klaskamer: In watter tale moet my module se skyfies en aantekeninge beskikbaar wees? Volgens die US Taalbeleid (2022:7) moet alle leermateriaal minstens in Engels beskikbaar wees, buiten as die module oor die taal self handel. Indien moontlik, oorweeg dit om jou aantekeninge en skyfies ook in Afrikaans beskikbaar te stel, ter ondersteuning van die meertalige ingesteldheid wat die Universiteit onder studente en personeel wil aankweek. As daar ? pedagogiese behoefte voor is, sluit ook isiXhosa by jou aanbieding in – taalimplementeringsfinansiering is vir vertaling in Afrikaans en isiXhosa beskikbaar. Fakulteite dien ook elke jaar taalplanne in. Die taalplan van jou fakulteit sal die tale waarin jy jou lesing moet aanbied, bepaal. Moet ek betaal vir die vertaling van leermateriaal? Ja, en finansiering hiervoor is beskikbaar. Die Universiteit het taalimplementeringsfondse aan elke fakulteit toegewys, wat gebruik kan word vir die vertaling en redigering van leermateriaal. Wanneer jy die Taalsentrum vir die vertaling van jou leermateriaal nader, sal jy ? kwotasie ontvang, wat jy dan kan gebruik om finansiering vir taalimplementering aan te vra. Jou fakulteitsbestuurder behoort jou hiermee te kan help. Het ek ? tolk in my klas nodig? Fakulteite dien elke jaar taalplanne in. Die taalplan van jou fakulteit sal bepaal of jy ? tolk in jou klaskamer nodig het. As jou module vir tolking kwalifiseer ingevolge jou fakulteit se taalimplementeringsplan, sal jou module outomaties by die tolkrooster ingesluit word en sal jy voor die begin van die semester ? e-pos van Juanli Theron of Christine Joubert ontvang. Tolkdienste is ook beskikbaar vir modules waarin dit nie noodwendig volgens jou fakulteit se taalimplementeringsplan nodig is nie. As jy ? erkende pedagogiese behoefte aan tolking het, of ? meertalige klaskamer-ervaring wil skep, kontak Juanli Theron of Christine Joubert om by die tolkrooster ingesluit te word. Modules wat ingevolge die fakulteit se taalimplementeringsplan vir tolking kwalifiseer, sal voorkeur geniet. Vir meer inligting, besoek die Taalsentrum se Tolkdiensteblad
hier.
Wat is konstruktiewe belyning? “Konstruktiewe belyning is ? onderrigontwerp waarin dit wat die studente behoort te leer en hoe hulle hul leer moet uitdruk, duidelik voor die begin van onderrig verklaar word. Onderrig word dan ontwerp om studente by leeraktiwiteite te betrek wat hulle kanse om daardie uitkomste te bereik, optimaliseer en assesseringtake word ontwerp om duidelike oordeel oor hoe goed daardie uitkomste bereik is, moontlik te maak." (Biggs, 2014:5-6). (Eie vertaling uit Engels.) Hoe vind ek uit wat die NKR-vlak/-krediete van my module is? Vir ? bestaande module: Stuur die agtsyfer-modulekode aan die fakulteitsadministrateur om te bevestig hoe die module op die SIS geregistreer is. Vir ? nuwe module: Die NKR-vlak sal afhang van (1) die soort kwalifikasie (d.w.s. baccalaureus, honneurs, ens.); en (2) die akademiese jaar waarin die module aangebied word. Vir ? baccalaureus-graad word die eerstejaarsmodules op NKR-vlak 5 (grondslagkennis) of NKR-vlak 6 aangebied, die tweedejaarsmodules op NKR-vlak 6 en die derdejaarsmodules op NKR-vlak 7. Vir meer inligting, besoek die
ABG-webwerf. |
Studenteterugvoer: Waar kan ek meer inligting oor studenteterugvoer kry? Besoek gerus die
studenteterugvoerwebwerf of kontak
vfbeukes@sun.ac.za. Hoe dikwels moet ek studenteterugvoer insamel? Studenteterugvoer oor die dosering van nuut aangestelde dosente word slegs in die tweede jaar ná aanstelling vereis. Terugvoer kan gedurende die eerste jaar ná aanstelling bekom word, met die oog daarop om dit tydens die opvolgkonsultasie met SOL-adviseurs te gebruik om die uitslae en moontlike ondersteuning te bespreek. Indien ? nuwe dosent dit sou versoek, word hierdie terugvoer vertroulik tussen die personeellid en die betrokke SOL-personeellid gehanteer, op voorwaarde dat ? tweede terugvoergeleentheid deur die loop van die jaar plaasvind, waarvan die uitslae volgens die gewone prosedure na die lynfunksiebestuurders gestuur word. Hoe versoek ek my studente om die terugvoervorm in te vul? ? E-registrasievorm moet deur die dosent of die administratiewe beampte in ? departement ingevul word, as formele versoek aan die Studenteterugvoerkantoor om die vraelys te aktiveer. Studente sal via die Studenteterugvoerstelsel in kennis gestel en van ? skakel na die vraelys voorsien word, en kan dan die vraelys elektronies binne ? sekere tydperk beantwoord. Wat doen die Universiteit met die uitslae van studenteterugvoer? Ná die sluit van ? studenteterugvoervraelys, word ? verslag voortgebring met aggregate vir elke vraag en die antwoorde op oop vrae word by die verslag ingesluit. Die verslag word aan die dosent en sy of haar lynbestuur gestuur. Die dekaan van die fakulteit ontvang ook ? afskrif van die verslag. Daar word aanbeveel dat die uitslag gebruik word om onderrig, leer en assessering aan die US te onderlê en te verryk. Daar is egter geen beleid wat duidelik bepaal wat met die uitslae gedoen moet word nie. Elke fakulteit/departement het hulle eie manier waarop die uitslae gebruik en ge?mplementeer word. Wat is die doel van studenteterugvoer? Verskillende gebruikers kan verskillende nut uit studenteterugvoer put. Byvoorbeeld, het jy die data nodig om by ? onderrigportefeulje in te sluit, ervaar jy die een of ander soort uitdaging in jou onderrig, beplan jy om die kurrikulum te verander, was daar beduidende verandering in die module/program of in die studentekohort? Sommige van die hoofdoelwitte van studenteterugvoer aan die US is die volgende:
Aan die US stel ons voor dat studenteterugvoer eerstens daarop gemik moet wees om dosente te bemagtig om hulle onderrig te verbeter. Slegs daarna kan terugvoer vir enige ander doel gebruik word, en dan slegs met groot omsigtigheid. Is studenteterugvoer vertroulik? Ja, dit is. Die studenteterugvoerstelsel is so opgestel dat slegs die studente en die studenteterugvoerpersoneel toegang tot die vraelyste het. Studente beantwoord die vraelyste anoniem en dosente het geen toegang tot die stelsel of enige van die vraelyste nie. Die terugvoerverslae wat voortgebring word nadat ? vraelys gesluit is, word ook met die uiterste vertroulikheid gehanteer. Slegs die spesifieke dosent vir wie die terugvoer aangevra is, het toegang tot sy of haar verslag. ? Afskrif van die verslag word ook aan die departementshoof en die dekaan van die fakulteit gestuur. |
Akademiese integriteit: Hoe hanteer ek vermeende plagiaat? Raadpleeg asseblief die
Plagiaatbeleid (ter ondersteuning van akademiese integriteit) en ook die riglyne van jou spesifieke fakulteit. Hoe voorkom ek dat studente aanlyn kul? Klik
hier. |
Klaskamernavorsing: Watter ondersteuning is vir klaskamernavorsing beskikbaar? Kontak gerus die SOL-adviseur in jou fakulteit om enige moontlike klaskamernavorsing wat jy mag beoog, te bespreek. Finlo bied ook aan dosente die geleentheid om te innoveer, doeltreffende praktyke en prosesse te evalueer en om leer- en onderrigprobleme, -oplossings en ?tendense te ondersoek. Dit bied ook ? meganisme vir die beskikbaarstelling van resultate wat ontwerp is om die gehalte van onderrig, leer en assessering te verbeter. Enige dosent, span dosente of sentrum verantwoordelik vir onderrig, leer en assessering kan om ? toekenning aansoek doen. Kyk
hier wie die SOL-adviseur in jou fakulteit is. Meer inligting oor Finlo is hier beskikbaar
hier. |
?
?? Universiteitstoelae vir Kapasiteitsontwikkeling |
---|
Waar kan ek meer inligting oor die UTKO kry? Die huidige UTKO finansier projekte met die bre? fokus op studentesukses en -ontwikkeling, personeelontwikkeling en programhernuwing. Meer inligting is
hier ?beskikbaar. Kontak Christina Harvett (cmh@sun.ac.za) met enige vrae. |