Hierdie nuut hersiende kortkursus kombineer inhoud van die vorige Assesseringskortkursus en die Kunsmatige Intelligensie (KI) geletterdheid in onderrig-leer-assessering (OLA) kortkursus. Dit het ten doel om geleenthede vir die herbedink van Onderrig, Leer en Assessering, in die era van KI, te skep.
Gerig deur die Stellenbosch Universiteit se Assesseringsbeleid (2021) en die Tussentydse riglyne vir toelaatbare KI-gebruik (2023), beklemtoon die kortkursus assessering as 'n sentrale, ge?ntegreerde komponent van die onderrig- en leerproses, terwyl dit die impak van maklik toeganklike KI-instrumente op hierdie landskap krities ondersoek.
Deelnemers sal kernkonsepte soos die verskillende doele van assessering, konstruktiewe belyning, terugvoer, eweknie- en selfassessering, asook die rol van navorsingsgebaseerde bewyse in die vorming van effektiewe praktyke, ondersoek. Daar sal gefokus word op die geleenthede en uitdagings wat generatiewe KI bied, sowel as vrae oor die impak daarvan op akademiese integriteit, assesseringsontwerp en studenteleer.
Deur aktiewe en samewerkende betrokkenheid sal deelnemers krities nadink oor hul bestaande assesseringspraktyke en innoverende strategie? ondersoek om assesserings te ontwerp wat nie net dieper studenteleer bevorder nie, maar ook veerkragtig en betekenisvol bly in 'n KI-verrykte wêreld.
? Kernvraag vir deelnemers van hierdie kortkursus is: Is jou assesserings ontwerp om outentieke leer te bewaar en te bevorder in 'n konteks waar KI alomteenwoordig is?
Hierdie kursus is gemik op US-personeel wat by OLA betrokke is en word gratis aangebied.
Aanbod:
- NQF-vlak 8; ses krediete en 60 leerure.
- Die kortkursus word twee maal per jaar, een keer per semester, aangebied.
Modus:
- Gemengdeleer.
- Vier kontaksessies, aangesig-tot-aangesig.
- Aanlynleer en -samewerkingsgeleenthede.
- Asinchrone, selfgereguleerde leer.
???????????????
Datums van kontaksessies: ??
1e Semester | 2e Semester |
5-7 Februarie 2025 22 Mei 2025 | 28-30 Mei 2025 29 Oktober 2025 |