'Akademiese beplanning' verwys na die beplanning en ontwerp van nuwe akademiese programme by die US wat nie tans deel uitmaak van die Universiteit se program- en kwalifikasiesamestelling (PQM) nie. Hierdie programme moet sowel 'n interne as eksterne goedkeuringsproses ondergaan. Laasgenoemde behels goedkeuring deur die Departement van Ho?r Onderwys en Opleiding (DHOO), akkreditasie deur die Raad op Ho?r Onderwys (RHO) en registrasie by die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid (SAKO).
'Programhersiening, -herontwerp en -vernuwing' behels op sy beurt hetsy groot of geringe veranderinge aan bestaande US-programme.
Groot veranderinge
Groot veranderinge aan 'n bestaande kwalifikasie of program in die US se PQM sluit in veranderinge aan:
(1) die titel van 'n kwalifikasie;
(2) die beweegrede, doel, uittreevlakuitkomste en gepaardgaande assesseringskriteria van 'n program;
(3) die totale kredietwaarde van 'n program;
(4) die programontwerp, waaronder die byvoeging van nuwe modules en/of wysiging van die kredietwaarde van bestaande modules, wat die totale kredietwaarde van die program be?nvloed;
(5) die vakinhoud- (CESM-)kodes van modules, wat 'n invloed het op die 50%-re?l van toepassing op die gebruik van aanwysers en kwalifiseerders; en
(6) die aanbiedingsmetode (d.w.s. kontak na? afstandsleer).
Groot veranderinge is dikwels die gevolg van nuwe ontwikkelings in dissiplines, op vakgebiede of praktykdomeine. Beroepsliggame (statutêr en niestatutêr) kan ook nuwe standaarde stel wat beduidende veranderinge aan 'n bestaande program van die US tot gevolg kan hê.
Groot veranderinge aan 'n bestaande program moet in 'n programspesifikasie (vorm A) uiteengesit en vir interne oorweging en goedkeuring aan die Programadvieskomitee, Akademiese Beplanningskomitee en Senaat voorgelê word. Eksterne goedkeuring deur die DHOO, akkreditasie deur die RHO en herregistrasie by SAKO word ook vereis.
?Geringe veranderinge
Geringe veranderinge aan 'n bestaande kwalifikasie/program in die US se PQM (waaronder modules) sluit in:
(1) veranderinge aan modulename;
(2) veranderinge aan die beskrywing van module-inhoud;
(3) veranderinge aan modulekrediete op grond van inhoudsveranderinge (slegs veranderinge van minder as 50%);
(4) veranderinge aan die leeruitkomste en gepaardgaande assesseringskriteria van module(s);
(5) veranderinge aan die re?ls van kombinasie in die ontwerp van 'n bestaande program (d.w.s. voor- en medevereistes);
(6) 'n verandering in die aanbiedingsmetode van kontakgebaseerde leer van aangesig tot aangesig tot hibridiese leer; en
(7) die implementering van 'n nuwe hibridieseleermodule.
Geringe veranderinge dien voor die Programadvieskomitee, Akademiese Beplanningskomitee en Senaat. 'n Modulespesifikasie? (vorm B) moet vir elke module voltooi word. Waar 'n aantal modules van 'n bestaande program hersien word, word 'n spesifikasie vir programhersiening, -herontwerp en -vernuwing (vorm C) vereis.
Raadpleeg gerus die werkvloei? vir die interne en eksterne goedkeuringsprosesse ten opsigte van nuwe akademiese programme en vir verdere inligting oor die ?goedkeuring, akkreditasie en registrasie van nuwe akademiese programme onderskeidelik by die DHOO, ?RHO en SAKO.
?Kliek ? vir? toegang tot alle kurrikulum ?template, institusionele datums en hulpbronne vir die beplanning van modules (Vorm B).
Die tabel hieronder onderskei tussen n?uwe akademiese programme en groot en geringe veranderinge aan bestaande programme. Vir bykomende hulpbronne oor enige van die aspekte in die tabel, klik gerus op die hiperskakels.? ?Neem asb. kennis dat sommige hulpbronne tans ontwikkel of hersien word en so gou as moontlik beskikbaar gemaak sal word.
RHO Programakkreditasie
Neem asb. kennis dat die inligting vir hierdie dokumentasie in Engels voltooi moet word, aangesien programakkreditasie en sommige programwysigings ekstern gerapporteer moet word vir goedkeuring en akkreditasie. Alle hulpbronne word dus in Engels verskaf. Hierdie blad verwys net na die korrekte Afrikaanse vertaling van die verskillende kriteria.??
Maatstaf 1: Programontwerp |
?New |
?Major |
?Mi?nor |
---|---|---|---|
Kwalifikasie tipe? |
|
||
NKR-vlak |
|
|
|
Vlakbeskrywings |
|
|
|
Krediete en kredietwaardes? |
|
|
|
Minimum duur? |
|
|
|
Modus van voorsiening? |
|
|
|
Navorsingskrediete | ? |
|
|
Werkplekgebaseerde leer | |
|
|
Professionele liggaam vereistes | |
|
|
Program met betrekking tot US-visie en –missie | |
|
|
Rasionaal en regverdiging van program | |
|
|
Doel van die program | |
|
|
Programuitkomste en gepaardgaande assesseringskriteria (AAK) | |
|
|
Programstruktuur | |
|
|
Re?ls van kombinasie | |
|
|
Bevoegdhede | |
|
|
Internasionale vergelykbaarheid | |
|
|
Artikulasie | |
|
|
?Maatstaf 2: Studentewerwing, toelating en keuring | ?New |
?Major |
?Mi?nor |
---|---|---|---|
Toelatingskriteria | |||
Keuringskriteria | |||
Erkenning van Vorige Leer (EVL) en Kredietakkumulasie en –oordrag (RTT) |
|
?Maatstaf 3 + 4: Personeel | ?New |
?Major |
?Mi?nor |
---|---|---|---|
Personeel kwalifikasies, grootte en senioriteit |
|
?Maatstaf 5: Leer- en Onderrigstrategie | ?New |
?Major |
?Mi?nor |
---|---|---|---|
Onderrig en Leerstrategie vir die program |
|
||
Hibridiese leer strategie vir die program | |||
Akademiese ondersteuning | |||
Studente terugvoer |
Maatstaf 6: Assessering | ?New |
?Major |
?Mi?nor |
---|---|---|---|
Assesseringstrategie vir die program | |||
Assesseringsplan vir die program | |||
Interne en eksterne moderering | |||
Integriteit van assesseringspraktyke |
Maatstaf 7: Infrastruktuur en biblioteekhulpbronne | ?New |
?Major |
?Mi?nor |
---|---|---|---|
Onderrig- en leerfasiliteite | |||
IT-infrastruktuur en biblioteekhulpbronne |
Maatstaf 8: Administratiewe dienste vir program | ?New |
?Major |
?Mi?nor |
---|---|---|---|
Administratiewe ondersteuning |
|
||
Programleier |
|
||
Leerder-analise |
|
||
Integriteit van prosesse wat tot sertifisering lei |
|
?Maatstaf 9: Nagraadse beleide, prosedures en regulasies | ?New |
?Major |
?Mi?nor |
---|---|---|---|
Goedkeuring van navorsingsvoorstelle |
|
||
Aanstelling van studieleiers en eksaminatore |
|
||
Werkladingsmodelle |
|
||
Monitering van die gehalte van supervisie |
|
||
Akademiese ondersteuning vir nagraadse studente |
|
||
Nagraadse assessering |
|
||
Navorsingspersoneelontwikkeling |
|
?Maatstaf 10: Finansi?le Haalbaarheid | ?New |
?Major |
?Mi?nor |
---|---|---|---|
Inskrywingbeplanning |
|
||
Program vergelyking |
|
||
Studentegelde |
|
||
Direkte uitgawes |
|
||
Impak op menslike hulpbronne |
|
||
Befondsing |
?? |
???????????????