???????????
??Die Sentrum vir Leertegnologie? is toegewyd om professionele leergeleenthede vir personeel, in hul pogings om leertegnologie sinvol in hul kursusse aan studente te inkorporeer, te bied. Die Sentrum bied twee geakkrediteerde kortkursusse in Vermengde Leer wat 'n praktyksgemeenskap bied waarin personeel verder hul kennis kan ontwikkel in die teoretiese en praktiese aspekte van tegnologiese bemiddelling van onderrig, leer en assessering. Hierdie kortkursusse word gratis aan personeel gebied.
Die Leertegnologie Ondersteuningspan in die Sentrum bied ook basiese opleidingsessies in die gebruik van SUNLearn en/of ander Universiteitsondersteunde sagteware.
Kliek op enige van die kursusse om meer uit te vind. ?
kursus is vir die dosent van die toekoms ontwerp. Dit sluit nuwe dosente tot meer ervare akademici van alle dissiplines, met ’n gretige belangstelling in onderrigleer aan die een kant en digitale tegnologie? aan die ander kant, in. Hierdie volledige aanlyn kursus sluit aanbiedinge van teoretiese bewys-gebaseerde konsepte, modelle en raamwerke, goeie praktyke, inspirerende voorbeelde, praktiese illustrasies en interessante (oop) hulpbronne in wat met praktiese oefeninge gekombineer word.
Inleiding tot Vermengde Onderrig, Leer en Assessering
Hierdie kortkursus fokus op doserende akademici en professionele ondersteuningspersoneel wat aktief betrokke in die lewering van ho?ronderwys kursusse, geakkrediteerde kortkursusse of personeelopleiding en -ontwikkeling is. Die kursus is in ’n hibriede modaliteit ontwikkel en bestaan uit twee in-persoon kontaksessies (Vrydag 8 September en Maandag 23 Oktober) en vier aanlyn modules.
’n Formele opdrag moet suksesvol voltooi word ten einde ? sertifikaat vir voltooiing van die kursus te ontvang.
?
Kursus uitkomste
Na voltooiing van die kursus, behoort deelnemers in staat te wees om:
- Die terrein van opvoedkundige tegnologie te beskryf;
- Die teoretiese begronding in terme van sleutelaspekte wat met vermengde leer verband hou, toe te pas;
- Ontwikkelde praktiese en konteks-spesifieke vaardighede in die integrasie van leertegnologie? in die kurrikulum, toe te pas;
- ?Toekomstige selfgerigte praktyke in die ontwikkeling van toekomstige lewenslange vaardighede in die veld van opvoedkundige tegnologie, te oorweeg.
Onderwerpe
Onderwerp 1: Verstaan Vermengde Leer
Onderwerp 2: Skep en integrasie van multimedia
Onderwerp 3: Aanlyn deelname en samewerking
Onderwerp 4: E-Assessering
Onderwerp 5: Professionele leer in die veld
Onderwerp 6: Finale Opdrag
Nominale ure
Die gemiddelde ure wat ’n deelnemer aan die kursus kan verwag om aan die kursus te spandeer is 24 ure (vier ure per week oor ses weke).
Datums
Die semester 2-kursusse sal in September begin met die kontak sessies op Vrydag 8 September en Maandag 23 Oktober 2023.?? ?
Inskrywings vir die kursus
Universiteit Stellenbosch ?personeel kan vir die
Semester 2 inname hier registreer. Kies "Department" by betaal opsies, aangesien hierdie kursus gratis aan universiteitspersoneel aangebied word.
Gevorderde Vermengde Onderrig, Leer en Assessering?
Hierdie kursus is vir die dosent van die toekoms ontwerp. Dit sluit nuwe dosente tot meer ervare akademici van alle dissiplines, met ’n gretige belangstelling in onderrigleer aan die een kant en digitale tegnologie? aan die ander kant. Die kursus is in ’n hibriede modaliteit ontwikkel en bestaan uit twee in-persoon kontaksessies, ?Donderdag 7 September en Donderdag 2 November?. ? Die kursus sluit aanbiedinge van teoretiese bewys-gebaseerde konsepte, modelle en raamwerke, goeie praktyke, inspirerende voorbeelde, praktiese illustrasies en interessante (oop) hulpbronne in wat met praktiese oefeninge gekombineer word.
Kursus uitkomste
Hierdie kursus word in ’n self-gerigte, ten volle aanlyn leer-formaat aangebied wat kursusdeelnemers teen hulle eie pas voltooi. Die formaat sluit virtuele (aanlyn) aanbiedings, praktiese aktiwiteite, groepbesprekings en ’n individuele projek, soos die ontwerp van ’n digitale aktiewe leer intervensie, in. Die kursus sal ook deur ’n MS Teams-kanaal, vir die skep van ’n sosiale leer- en praktyksgemeenskap, ondersteun word.
Na die voltooiing van die kursus, behoort deelnemers in staat te wees om:
- Die fundamentele konsepte van aktiewe en vermengde leer te beskryf en in die klaskamer, ’n ten volle aanlyn leeromgewing of ’n vermengde leer omgewing toe te pas;
- Hedendaagse leertegnologie? te soek, beoordeel en gebruik ten einde hul eie onderrig te verbeter;
- Betekenisvolle leerervaringe ontwerp, ontwikkel en implementeer ten einde studente se leer te aktiveer;
- Aksienavorsing vir refleksie van eie praktyke as dosent in die digitale wêreld, toe te pas.
Onderwerpe
Onderwerp 1: Inleiding
Onderwerp 2: Lees-kyk-luister
Onderwerp 3: Ondersoek
Onderwerp 4: Vervaardig
Onderwerp 5: Bespreek
Onderwerp 6: Samewerking
Onderwerp 7: Beoefen
Onderwerp 8: Reflekteer
Nominale ure en assessering
Die gemiddelde ure wat ’n deelnemer kan verwag om aan hierdie kursus te spandeer is 40 ure (vyf ure per week oor ag weke). Deelnemers sal assesseringsvrae en ’n finale videoprojek voltooi om ’n sertifikaat van bevoegdheid te ontvang.
Datums
Die semester 2-kursusse sal in September begin, met ?die kontak sessies op Donderdag 7 September en Donderdag ?2 November 2023.
Inskrywings vir die kursus
Universiteit Stellenbosch personeel kan vir die Semester 2? inname hier registreer. Kies "Department" by betaal opsies, aangesien hierdie kursus gratis aan universiteitspersoneel aangebied word.????
Kontak
Vir werkswinkels en kortkursus navrae, kontak:
Me Magriet de Villiers
Adviseur: Leertegnologie?
??????????????????????????