??????Die kursus oor die Ewekniefasilitering van Leer is 'n opleidingsgeleentheid vir studente wat aktief medestudente help met hulle leer. Hierdie aanbod fokus daarop om eweknie-fasiliteerders toe te rus om medestudente aan te moedig en leer te fasiliteer deur praktiese fasiliteringsvaardighede te ontwikkel, terwyl hulle ook oplet na hulle eie psigososiale welstand.
- Tutors & demis
- Module-assistente
- Leerassistente
- Onderrigassistente
- Assesseringassistente
??Aanbod:
- ?Selfgeleide opleiding met 'n aanbevole 1.5 nasionale ure per week
Modus:
- ?Asynchrone aanlynleer
Die opleiding is daarop gemik om:
- Deelnemers se grensstellingsvaardighede te ontwikkel sodat hulle veerkragtig en aanpasbaar kan wees tydens eweknie-fasiliteringssessies.
- Leerfasilitering en praktiese vaardighede te ontwikkel wat studente se selfdoeltreffendheid aanmoedig.
- 'n Betrokke leier te ontwikkel wat nuuskierig, belangstellend, en passievol is oor leer.
- Graduandi-eienskappe te ontwikkel, insluitend professionalisme, interpersoonlike en intrapersoonlike vaardighede, asook sosiale intelligensie.
Aansoekproses:
Jy mag aansoek doen vir hierdie geleentheid nadat jy as 'n ewekniefasiliteerder in jou departement of afdeling aangestel is.
- ?Kontak die tutor-ko?rdineerder in jou departement of fakulteit om aansoek te doen.
- Alternatiewelik kan jy met Johara Khan in verbinding tree by joharak@sun.ac.za
Vir meer inligting oor e?weknieleerfasilitering, klik hier.