Visie
Ons visie is om deur samewerking ’n gehaltekultuur en die voortdurende vernuwing van die akademiese aanbod by die Universiteit Stellenbosch te bevorder.
Missie
Ons missie is om:
- ’n doeltreffende en ge?ntegreerde gehaltebestuurstelsel by die Universiteit te bestuur deur die drie verbandhoudende werksaamhede van akademiese beplanning, gehalteversekering, en programhersiening, -herontwerp en -vernuwing;
- wedersydse verhoudinge met akademiese en steunpersoneel sowel as studente te bou;
- ingeligte, konteksspesifieke steun en advies te bied;
- namens die Universiteit met eksterne ho?ronderwysliggame te skakel, waaronder die Raad op Ho?r Onderwys, die Departement van Ho?r Onderwys en Opleiding, die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid en die Kaapse Ho?ronderwyskonsortium; en
- ’n vakkundige benadering te volg. ?
???????