中国体育彩票

图片
Doctoral Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Sosiale en omgewingsverantwoordelikheid

Die Tygerberg Doktorale Kantoor streef daarna om inklusiewe onderwys te verwesenlik deur die US en FGGW se waardes van uitnemendheid, deernis, aanspreeklikheid, respek en billikheid in werking te stel. Ons streef daarna om as bestaansrede elke kli?nt van energieke en effektiewe ondersteuning, te voorsien; en om kollegialiteit teenoor mekaar en ons bre?r US-kollegas te beoefen terwyl ons gesamentlik die visie en missie van die US en die beste belange van ons gemeenskap en wyer konteks te dien en bevorder.

Die span in die Tygerberg Doktorale Kantoor gaan twee verdere spesifieke, haalbare verbintenisse aan:

Die span bevorder volle deelname aan US-aktiwiteite deur personeel en studente wat met 'n gestremdheid leef. Ons streef daarna om ten volle toeganklike dienste en aanbiedinge te verskaf, en soek geleenthede om ons kampus toenemend inklusief te maak. Ons nooi alle FGGW-kollegas om by ons Akademiese Jaardag-stalletjie vir gestremdheid-relevante inligting te kom inloer, en alle US-kollegas om SA Loslitdag saam te ondersteun. Leer intussen by hierdie skakel meer oor die US Gestremdheidskantoor . Aan lede en voornemende lede van ons US-gemeenskap wat met 'n gestremdheid leef - ons leer; deel asseblief jou spesifieke behoeftes of versoeke met ons.

Ons beperk ook ons ??koolstofvoetspoor deur 95% papierlose diensverskaffing, en deur drukwerk so ver moontlik te beperk tot geleenthede waar dit spesifieke en weldeurdagte waarde toevoeg. Hierdie benadering ondersteun die US se volhoubaardheidsdoelwitte en die ambisie van ons dekaan en fakulteit om 'n nulafval Tygerberg-kampus te bereik.

Kortom, ons omhels die nagestreefde eienskappe van US-belanghebbendes.