Menslikehulpbronne-ondersteuning
????
Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe het verskeie vennootwerkgewers, naamlik die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdienste (NGLD), die Wes-Kaapse Regering Departement Gesondheid (WKR:G) en die Mediese Navorsingsraad (MNR). Ons verskaf, via die Afdeling Besigheidsbestuur, bykomende ondersteuning aan die Universiteit se Afdeling Menslike Hulpbronne. Dit sluit die volgende in:
- Ko?rdineer vergaderings van die Komitee vir Akademiese Aanstellings en Bevorderings (KAAB).
- Ko?rdineer vergaderings van die Fakulteits- en institusionele MH Komitee.
- Ko?rdineer kontrakaanstellings.
- Stel 'n jaarlikse personeelplan vir die Fakulteit op.
- Ko?rdineer aansoeke om buite-/privaat werk.
- Ko?rdineer die aanstelling van personeel wat deur die Departement Ho?r Onderwys en Opleiding (DHOO) se Toekenning vir Kliniese Opleiding bekostig word.?
?
???

?
???
