??NIOS | ??Tygerberg Doktorale Kantoor
FGGW Nadoktorale Genote
Inligting vir (voornemende) nadoktorale genote:
Genootskappe is afhanklik van keuring en befondsing, en kan vir 'n minimum van een jaar en 'n maksimum van vyf jaar toegeken word. 'n Nadoktorale genootskap kan toegeken word tot vyf jaar na die graduering van 'n PhD.
Afgesien van volledige nadoktorale genootskappe, bied die US ook befondsing aan om doktorale kandidate in staat te stel om ses maande vanaf voltooiing van die graad te spandeer om artikels op grond van hul doktorale navorsing via die mededingende Consolidoc progr??am.
Die Tygerberg Doktorale Kantoor dien as 'n kampusgebaseerde verwysingspunt vir alle FGGW na-doktorale genote of voornemende postdocs. Oorkoepelende verantwoordelikheid vir alle algemene aangeleenthede rakende Postdoktorale Genootskap, veral registrasie en betaling, lê by die US Na-doktorale Kantoor. Wees hartlik welkom om daardie kantoor by postdocinfo@sun.ac.za te kontak.
Die volgende dienste is beskikbaar vir alle geregistreerde postdoktorale genote in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe gebaseer op Tygerberg-kampus (klik hier vir drukbare weergawe):
1 Eweknie steun en lidmaatskap van die Postdok Vereniging
Sodra na aankoms asb. dadelik aan by die whatsapp gemeenskapsteungroep for Tygerberg Nadoktorale Genote: https://chat.whatsapp.com/CnwXvvTaRJp3N40FQ0H6jp
Elke postdok van die Universiteit Stellenbosch is ook outomaties 'n lid van die Postdoktorale Vereniging. Die PDS word deur postdoks bestuur en verteenwoordig die belange van die postdoks binne die strukture van die Universiteit Stellenbosch. Afgesien van hierdie verteenwoordigende rol, beoog die PDS om postdoks met behulp van vergaderings, geleenthede en sosiale aktiwiteite in verbinding te bring. Die PDS kan gekontak word via postdocs@sun.ac.za.?
2 Kaarttoegang
Om 'n toegangskaart te bekom, kan 'n geregistreerde postdoktorale genoot na die kaartaktiveringskantoor naby die ingang van die kliniese gebou gaan, waar 'n foto en 'n toegangskaart teen 'n fooi van R200 uitgereik word. (Toegangskaarte kan ook op Stellenbosch-kampus by die IT-hub in die Admin A-gebou verkry word.)
'n Nadoktorale genoot wat nog nie geregistreer is nie, sal teen 'n koste van R200 vir besoekerstoegang moet aansoek doen. 'n Aansoekvorm word voltooi met 'n afskrif van ID aangeheg en gestuur aan me L Matthee
lm@sun.ac.za en mnr A Hartzenburg
abrahamh@sun.ac.za vir verwerking.
3? Parkering
Nadoktorale genote mag by P5 voor die BMRI parkeer (sien asseblief die kaart
by hierdie skakel). Om boom- en parkeertoegang geaktiveer te hê, moet postdoktorale genote die
parkeringsko?rdineerder kontak of aansoek doen om parkering
hier deur op die skakel in afdeling 1.1.2 te klik. Die besonderhede van die nadoktorale genote kan ook deur die gasheer aan die
parkeringsko?rdineerder gestuur word om in die stelsel gelaai te word. Sou enige uitdagings met hierdie stappe ervaar word, kontak asb. Me Wendy Robyn (wrobyn@sun.ac.za) vir verdere bystand.
4 Biblioteek
Nadoktorale genote het die volgende voorregte (soos aangedui by hierdie skakel):
- Leen: 15 items vir 30 dae per item.
- Hernuwing: 2 per item (met 'n maksimum hernuwingstydperk van 90 dae) tensy iemand anders dit versoek het. Hernu aanlyn of met die hulp van 'n personeellid.
- Terugsendings: Na enige van die biblioteek- en inligtingsdienswebwerwe.
- Boetes: Agterstallige items sal beboet word teen R1 per item per dag. Leenvoorregte sal opgeskort word wanneer 'n limiet van R30 bereik word.
- Bewaring van boeke wat tans geleen word: Gratis en onbeperk - bespreek aanlyn of deur 'n personeellid.
Die
Geneeskunde & Gesondheidswetenskappe Biblioteek het nege seminaarkamers. Nadoktorale genote kan seminaarkamers 4 en 8 bespreek wat vir gebruik deur nagraadse studente, nadoktorale genote en personeel gereserveer word. 'n Seminaarkamer kan
by hierdie skakel bespreek word.
5 Toegang tot Sagteware vir navorsingsdoeleindes
Die US se
sagteware-stasie gee nadoktorale genote toegang tot sekere sagteware-pakette vir navorsingsdoeleindes, soos gedek deur universiteitswye lisensies.
6? FGGW-OTF publikasiesteun
Die FGGW se Oop Toegansfonds bied finansiele steun van die bladfooie vir navorsingsartikels in eweknie-beoordeelde, geakkrediteerde, oop-toegang en hibriede tydskrifte. Postdoktorale genote wat nie geoormerkte befondsing vir bladfooie het nie, word aangemoedig om deurlopend op 'n ad hoc basis aansoek te doen. Afhangende van die beskikbaarheid van fondse, kan toekennings van tot R30,000 gemaak word om tot 100% van die bladfooie vir FGGW-geaffili?erde outeurs te steun. Navrae kan aan Dr Tania Brodovcky by
taniab@sun.ac.za gerig word.
7 Navorsersprofiel
SU offers all postdocs the opportunity to establish and promote their profile as researcher via the Symplectic Elements Discovery portal. Update your profile with a photo, a biographical sketch, links to your ResearchGate and LinkedIn profiles, or similar, and media such as YouTube links. Your availability for media consultation, postgraduate supervision, etc, can also be indicated. Access https://researcherprofiles.sun.ac.za/, search for your name, and at the bottom-left of the screen, click the 'Edit your profile' link.
8 Kapasiteitsbou geleenthede
Nadoktorale genote word aangemoedig om van die kampusspesifieke kapasiteitsontwikkelingsgeleenthede wat binne die FGGW se Afdeling Navorsing en Internasionaliseringsondersteuning beskikbaar is, gebruik te maak. Die sentrale US Postdok-kantoor bied ook Postdok-spesifieke geleenthede via hul aanlyn platforms.
Dit is ook moontlik om per geleentheid die
African Doctoral Academy se meesterklas webinare
by te woon.
9 Keurgeleenthede
A stimulating range of academic, networking, social, and sporting events are available to members of the FMHS and SU community. Click here to read more.
10 Kampus Gesondheidsdienste
Die Gesondheidsdienstekliniek op Tygerberg-kampus is oop van Maandag tot Vrydag, 08:00 – 16:00, en kan bereik word by (021 – 938 9590). Die kliniek is gele? op die 2de Vloer, van Tygerberg Studentesentrum. Om die Tygerberg-kliniek te besoek, moet 'n mens eers 'n afspraak maak deur bogenoemde kontaknommer te kontak. Meer inligting oor die kampusgesondheidsdienste is
hier beskikbaar.
11 Omvangrykende steundienste
Die US Nagraadse Kantoor bied omvangrykende steun aan Postdoks.. Besoek asb hierdie skakel.?
Die Sentrum vir Studentevoorligting en -Ontwikkeling? (SSVO) bied gratis en vertroulike ondersteuningsdienste aan studente op die Tygerberg-kampus. 'n Afspraak moet bespreek word gedurende werksure by ontvangs of by tel (021) 927 7020 of e-pos supportus@sun.ac.za. Meer inligting oor geestesgesondheidsdienste se ondersteuning is hier beskikbaar.
Voedselonsekerheid is 'n blywende realiteit by Suid-Afrikanse universiteite. Postdoks uitdagings ervaar om toegang tot hul befondsing te kry, en gevolglik voedselonsekerheid ervaar, kan die Tygerberg Pantry Project by tygerbergpantry@gmail.com kontak .
Voedselsekerheid steun is ook via die SSVO beskikbaar by supportus@sun.ac.za.
12 Algemene navrae
Algemene navrae kan aan postdocinfo@sun.ac.za gerig word. Alle administratiewe dokumente met betrekking op nadoktorale genote is beskikbaar by hierdie skakel:
https://stellenbosch.sharepoint.com/sites/PostdocAdministrationSupportPostdocs.
Inloop-navrae word ook op Maandae-, Woensdae of Vrydagoggende verwelkom by die Tygerberg Doktorale
Kantoor in kantoor 1073 op die eerste verdieping van die Kliniese Gebou
(Steunafdelings), of om aan me Brigitta Kepkey by tel 011 938 9813
of e-posadres
tyg-phd@sun.ac.za. Ons kantoor dien as 'n verwysingspunt na die Postdoktorale Kantoor op Stellenbosch kampus.
Behuising
Let asb. daarop dat geen toegeweide nagraadse of na-doktorale behuising deur die US verskaf word nie. Daar word meegeding om akkomodasie in die gesogde woonareas van die Wes-Kaap, en dit is dus raadsaam om reeds voor aankoms re?lings vir gepasde akkommodasie te tref. Die volgende opsies kan oorweeg word:- Tygerberg Private Verblyf (Klik op Tygerberg Private Verblyf
- Epos Me Osborne vir 'n lys van private akkommodasie: privateaccomm@sun.ac.za
- Bell Vista losies: www.bellvista.co.za | info@bellvista.co.za
- The Digs (NSFAS geakkrediteer) oorkant ons kampus: info@thedigs.co.za | www.thedigs.co.za
- Digs Connect: www.digsconnect.com
- Hoewel dit nie gewaarborg is nie, mag ons die korttermyn studente-losieshuis op ons kampus dalk tydelike verblyf kan bied. Om hieroor navraag te doen, kontak Me Pruniel Thornes by fmhsbm@sun.ac.za
- Park Central lifestyle
- Property24 huur opsies
- AirBnB maandelikse verhuring