中国体育彩票

图片
RDSD
Welkom by Universiteit Stellenbosch

?NIOS  |  Voorgraadse Navorsing

Befondsing

Voorgraadse Publikasieaansporingsfonds 

 

Wat behels dit?

'n Finansi?le toekenning aan hoofstudieleiers wat mede-outeur op publikasies in geakkrediteerde, eweknie-beoordeelde vaktydskrifte met voorgraadse studente is, wie se navorsing hulle gefasiliteer het as deel van studente se geregistreerde studie in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW).

 

Watter bedrag word toegeken?

R10,000 per kwalifiserende publikasie vir hoofstudieleiers wat as mede-outeurs op voorgraadse publikasies aangedui word. Hierdie toekenning moet aangewend word tot voorgraadse navorsing binne die betrokke afdeling of departement.

 

Wie kom in aanmerking?

'n FGGW-personeellid wat beide as mede-outeur van ? DHOO-geakkrediteerde eweknie-beoordeelde vaktydskrifte EN hoofstudieleier van 'n voorgraadse student dien, welke student die mede-outeur is van die geakkrediteerde gepubliseerde artikel wat vanuit die voorgraadse navorsingsprojek ontstaan het.

 

Hoe doen ek aansoek?

 

Hoe word toekennings gemaak? 

Slegs volledige aansoeke op die mees onlangse aansoek vorm (UPI-02-2020) sal oorweeg word. Toekennings sal gemaak word:

  • volgens die fondsre?ls en –riglyne, en
  • na gelang van die beskikbare begroting.

 

Wanneer sluit aansoeke?

Aansoeke kan enige tyd gedurende die jaar ingedien word. ALLE aansoek sal elke jaar tussen 1 Mei en 30 Mei hersien word. Aansoekers sal daarna van die uitkoms in kennis gestel word.


Wie kan ek kontak vir verdere inligting? 

Vir fondsre?ls en -riglyne sowel as aansoekvorms, kontak Me Inge Sonn, Hoof: Kantoor vir Voorgraadse Navorsing, Navorsings- en Internasionaliseringsontwikkeling- en Steun, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. E-pos: ingeks@sun.ac.za. Tel: 021 938 9181. ?
?


Voorgraadse Navorsing TUIS
Kontak ons
------------------------------------
Nuttige Skakels
 

Voorgraadse Publikasieaansporingsfonds fondsre??ls en aansoekvorms:  

? Rules (English)?

? Re?ls (Afrikaans)???

Ap?plication form (English only)??