中国体育彩票

图片
Doctoral Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

NIOS  |  ??Tygerberg Doktorale Kantoor

Pre-doktorale Kortkursu?s in Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe


Die Tygerberg Doktorale Kantoor bied jaarliks die US Pre-Doktorale Kortkursus in Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan.

Datum: Die kursus word in tweek blokweke aangebied. Voorbereidende leeswerk, kleiner take gedurende die kursus, en ongeveer een week van opvolgwerk versprei oor die drie tot vier weke na afloop van die kursus, word ook van studente verwag. Die volgende aanbieding van die kursus word voorlopig vir 31 Maart tot 14 April 2025 beplan.

Doel: Die oorhoofse doel van hierdie kortkursus is om 'n substantiewe, interdissiplinere fondasie vir doktorale studies in Geneeskunde en ander Gesondheidswetenskappe te verskaf, te same met leiding wat betref die skryf van 'n doktorale navorsingsvoorstel.

Teikengroep: PhD-studente in die voorstelontwikkelingsfase binne die US Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat reeds saam met hul studieleier aan 'n navorsingsonderwerp en verhandelingstitel werk en waarskynlik nie die onderwerp tydens die kursus sal verander nie, word besonderlik aangemoedig om aansoek te doen. Daar word van studente verwag om met 'n goed ontwikkelde sin van hul eie navorsingsbelanstelling op te daag. Alle voornemende en voorstelfase doktorale studente in 'n gesondheidsverwante veld sal by die kursus baat, maar aansoekers van buite SU moet asb daarop let dat sekere gedeeltes van die kursus aan SU-spesifieke prosesse gewei word. Studente wat met 'n gestremdheid / neurodiversiteit saamleef is hartlik welkom. Ons leer deurlopend - deel asb vooraf spesifieke benodighede of versoeke met ons.

Aansoeke: Doen navraag by me Chanelle Windvogel op tyg-thesis@sun.ac.za. Om vir hierdie kursus oorweeg te word, moet aansoekers:

  • Reeds in besit van 'n meestersgraad wees;
  • Beskikbaar wees om die volle kursus persoonlik, ter plaatse by te woon; en
  • 'n Duidelike sin van hul spesifieke navorsingsbelangstelling hê, soos reeds met 'n promotor bespreek.

Formaat van die kursus: Die Predoktorale Kortkursus in Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe is 'n ter plaatse kontakkursus wat elemente van die hibriede klaskamer integreer. Die kursus sal waar moontlik op 'n praktiese wyse aangebied word sodat studente genoeg tyd sal hê om met hul protokolle in gesprek te tree en met hul studieleiers te konsulteer. Om dit moontlik te maak, sal suksesvolle aansoekers leesstof ontvang om vooraf te bestudeer. Slegs studente wat die volledige kursus persoonlik ter plaatse kan en sal bywoon, mag aansoek doen.

Lokaal: BMNI, Tygerberg kampus

Kursusinhoud: Klik hier vir 'n voorbeeldprogram

Taal van ondderrig: Engels

Sertifisering: Die kursus is as 'n kortkursus geregistreer, waarvoor 'n US Bevoegdheidsertifikaat uitgereik word. Studente word geassesseer op grond van hul vordering gedurende die kursus - met elemente van hul navorsingsvoorstel en met hul aanbieding aan die einde van die kursus. Studente word versoek om ten tye van hul aansoek die opsie vir 'n digitale sertifikaat uit te oefen.
CPD-punte: Ons doen jaarliks aansoek vir kursus akkreditering vir 30 CPD-punte en 5 Etiekpunte - toegeken aan diegene wat die volle kursus ter plaatse bywoon en wat 'n bevoegdheidsertifikaat verwerf.

NKR-vlak: 9

Geraamde Koste: R5,000- per student in 2025
(Akademiese omgewings mag by geleentheid bereid wees om 'n student vir hierdie kursus te ondersteun.)
Vervoer en spyseniering is vir 'n student se eie rekening. Slegs koffie/tee vir 'n voormiddag blaaskans word gewoonlik verskaf, indien die begroting/omstandighede dit toelaat.

Kontak: Me Chanelle Windvogel - tyg-thesis@sun.ac.za (kursus adminstrateur)

Sameroeper: Dr Liela Groenewald

Opvolg: Na suksesvolle voltooiing van die kortkursus word US studente aangeraai om deel te neem aan die PhD Praktykgemeenskap vir deurlopende ondersteuning tydens hul doktorale studies en om van die US Nagraadse Kantoor se verskeie geleenthede vir toepaslike kapasiteitsontwikkeling gebruik te maak.