中国体育彩票

图片
RDSD
Welkom by Universiteit Stellenbosch

? FGGW Navorsings- & Internasionaliseringsontwikkeling & -Steun (NIOS)

Navorsers en studente in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch, word genooi en aangemoedig om gebruik te maak van die navorsingsontwikkelings- en -steunmeganismes wat deur die Afdeling Navorsingsontwikkeling en -steun gebied word. Die afdeling bestaan uit die volgende gefokusde kantore:


Die Kantoor vir Navorsings-kapasiteitsbou en -befondsing. Die kantoor ontwikkel aktiwiteite om die navorsingskapasiteits-ontwikkeling van personeel en nagraadse studente te steun, en versprei inligting oor befondsingsgeleenthede vir gesondheidsnavorsing. Dr Tania Brodovcky bestuur die kantoor. Lees meer ?

Die Kantoor vir Gesondheids-navorsingsetiek steun US-navorsers ter nakoming van die vereistes rakende die beskerming van die veiligheid, regte en welstand van mensedeelnemers aan gesondheidsnavorsing. Me Charmaine Khumalo bestuur hierdie kantoor.

Lees meer ????

Tygerberg Internasionaal bevorder uitruiling, steun internasionale besoekers, en hanteer internasionale kollegas se registrasie by die HPCSA en die nasionale Departement van Gesondheid se Foreign Workforce Management-program. Dr Nyambura Mwagiru lei hierdie portefeulje.

Lees meer ?

Die Tygerberg Doktorale Kantoor fasiliteer die strategiese en logistieke komponente van die doktorale proses (vanaf werwing to graadverwerwing), bied die Predoktorale Kortkursus aan, hanteer die eksaminering van navorsingsmagisters in die fakulteit, en bied 'n kontakpunt aan postdoktorale genote. Dr Liela Groenewald is aan die stuur.

Lees meer ?

Die Kantoor vir Navorsingsteun aan Kliniese Assistente (KNKA). KNKA verskaf steun aan kliniese assistente binne die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat navorsing as deel van hulle spesialisasie- (MMed) en subspesialisasieprogram (MPhil) moet verrig. Dr Emmanuel Obasa neem die leisels. ?

Lees meer ????????

Die kantoor vir Voorgraadse Navorsing steun voorgraadse studente in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat navorsing onderneem, deur navorsingskapasiteit uit te brei, etiekbeoordelings te fasiliteer, en befondsing te verkry. Me Inge Sonn bestuur die kantoor.

Lees meer ?