Alle nuwelingstudente en hul ouers (MB, ChB, BSc in Fisioterapie, en BSc in Dieetkunde) word vriendelik genooi om by die volgende aktiwiteite in te skakel (vir ouers, slegs Donderdag 19 Januarie).
LET WEL: Studente in die programme B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie en B in Arbeidsterapie skakel saam met hul ouers by die program van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe op die Stellenbosch-kampus in, tensy anders aangedui.
Let asseblief daarop dat die verwelkomingsgeleentheid om 18:00 (informele program vir studente begin reeds om 17:30) op Donderdag 19 Januarie nie op die Tygerberg-kampus plaasvind nie, maar by die Danie Craven-stadion op Stellenbosch. Nuwelingstudente van Tygerberg-kampus en hulle ouers word versoek om hierdie geleentheid by te woon na afloop van die dag se program op die Tygerberg-kampus. Vir diegene wat nie vervoer het nie, sal daar busvervoer van Tygerberg-kampus na Stellenbosch en terug gere?l word. ? | |
Navrae: | Farah Fredericks, tel 021 938 9379 Sandra Josias, tel 021 938 9789 |
LET WEL: Donderdag 19 Januarie | ? |
15:00 – 16:00 | Studente in die programme B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie en B in Arbeidsterapie skakel saam met hul ouers by die program van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe op die Stellenbosch-kampus in, tensy anders aangedui. |
Ouers EN NUWELINGSTUDENTE ontmoet die Uitvoerende Hoof, Interdissiplinêre Gesondheidswetenskappe: prof Usuf Chikte | |
Plek | Lesinglokaal 309 (Spraakterapie) en 310 (Arbeidsterapie), Sportwetenskap-gebou, Coetzenburg (Stellenbosch-kampus) |
DONDERDAG 19 JANUARIE | ? |
08:30 – 10:00 | Verwelkoming van ouers en nuwelingstudente deur die Dekaan: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, die Tygerberg-studenteraadsvoorsitter en ander rolspelers in die Fakulteit |
Plek | Tygerberg Sportsaal (nr 10 op die kaart) |
10:00 – 11:00 | Ontmoeting van ouers en nuwelingstudente met onderskeie programko?rdineerders van MB, ChB, BSc in Fisioterapie en BSc in Dieetkunde |
Plek | MB, ChB: Lesinglokaal 11 Fisioterapie: Lesinglokaal 5 Dieetkunde: Lesinglokaal 1 Onderwysgebou (nr 2 op die kaart) |
Besoek gerus tussen 11:00 en14:00 die studenteverenigings se uitstalling in die Tygerberg Studentesentrum wanneer u nie by een van die onderstaande sessies betrokke is nie. Daar is 'n kafeteria in die Tygerberg Studentesentrum en 'n koffiewinkel wat ligte etes in die Kliniese-gebou bedien. Daar is ook ? kiosk in die Onderwysgebou. | |
11:00 – 12:30 | Verken Tygerberg – ? kampustoer vir eerstejaarstudente van Hippokrates en Meerhoff, en hul ouers |
Plek | Meld aan op die Hippokrates grasperk (nr 4 op die kaart) |
11:00 – 12:30 | Osler*-studente en hul ouers ontmoet Osler-komiteelede |
Plek | Lesinglokaal 11, Onderwysgebou |
12:30 – 14:00 | Verken Tygerberg – ? kampustoer vir eerstejaarstudente van Huis Francie van Zijl en Huis Kerkenberg, en hul ouers |
Plek | Meld aan op die Hippokrates grasperk |
12:30 – 14:00 | Sessie vir ouers van Hippokrates- en Osler- eerstejaarstudente oor studente-ondersteuning op die Tygerberg-kampus |
Plek | Lesinglokaal 11, Onderwysgebou |
14:00 – 15:30 | Verken Tygerberg – ? kampustoer vir eerstejaarstudente van Osler, en hul ouers |
Plek | Meld aan op die Hippokrates grasperk |
14:00 – 15:30 | Sessie vir ouers van Huis Francie van Zijl-, Meerhoff- en Huis Kerkenberg-eerstejaarstudente oor studente-ondersteuning op die Tygerberg-kampus |
Plek | Lesinglokaal 11, Onderwysgebou |
15:30 | Busse vertrek na Danie Craven-stadion, Stellenbosch
|
17:30 – 18:00 | Informele program |
18:00 – 19:00 | AMPTELIKE VERWELKOMING |
Verwelkoming deur die Rektor vir nuwe studente en hul ouers (verpligtend vir alle nuwe studente) | |
Plek | Danie Craven-stadion (nr 33 op die Stellenbosch-kampuskaart) |
Indien jy van jou eie vervoer gebruik maak, neem asseblief die verkeersdruk in Stellenbosch, parkering, sowel as stapafstand van jou geparkeerde motor tot by die stadion in ag. Gemaklike klere en skoene word aanbeveel. | |
*Osler verwys na die Privaat Studente Organisasie (PSO) op Tygerberg-kampus, met ander woorde studente wat nie in koshuise tuisgaan nie. ? | |
VRYDAG 20 JANUARIE | ? |
Let wel ? Moslem-gebedskamer is beskikbaar op Tygerberg-kampus by die TSS, op die 2de vloer. ? | |
09:00 – 11:30 | Registrasie (slegs daardie eerstejaars wat nie self via http://www.maties.com kon registreer nie) en neem van foto's vir studentekaarte (alle eerstejaars) |
09:00 – 09:30 | Huis Francie van Zijl |
09:30 – 10:00 | Huis Kerkenberg en Meerhoff |
10:00 – 10:30 | Hippokrates |
10:30 – 11:30 | Osler |
Plek | Soos aangedui in registrasie-inligtingstuk |
12:00 – 16:00 | GERGA-ori?ntering (verpligtend: alle eerstejaars) |
12:00 – 12:45 | Hippokrates |
13:00 – 13:45 | Huis Francie van Zijl |
14:00 – 14:45 | Huis Kerkenberg en Meerhoff |
15:00 – 15:45 | Osler |
Plek | GERGA, 3de vloer, Onderwysgebou |
Let wel: Alle studente op Tygerberg-kampus word sterk aangeraai om hul eie elektroniese toestelle (bv skootrekenaars of tablette) te voorsien vir akademiese doeleindes, ingesluit assesserings. Vir meer inligting oor die "Bring-Your-Own-Device (BYOD)"-stelsel, besoek gerus www.sun.ac.za/byod. ? | |
14:00 – 16:00 | Registrasie van nuwelingstudente vir die B in Arbeidsterapie- en B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie-programme wat nie self kan registreer nie |
Plek | Lokaal 3008 (kantoor van me Z Jansen), Administrasie A (nr 1 op die Stellenbosch-kampus kaart), Stellenbosch |
SATERDAG 21 JANUARIE | ? |
Algemene en sosiale inskakeling soos gere?l deur koshuise en Osler PSO. ? | |
MAANDAG 23 JANUARIE | ? |
08:00 – 16:00 | Akademiese ori?ntering: 'n Inleiding tot jou graad |
Verwelkoming (prof Julia Blitz, Visedekaan: Leer en Onderrig en me Ilana van Niekerk, Voorsitter: Tygerberg Akademiese Belangeraad) | |
Plek | Verskillende programme en aktiwiteite word in groepsverband aangebied Lesinglokaal 11, Onderwysgebou |
Dit word van studente verwag om professioneel geklee* te wees, aangesien van die aktiwiteite besoeke aan pasi?nte in die hospitaal insluit. | |
DINSDAG 24 JANUARIE | ? |
Algemene en sosiale inskakeling soos gere?l deur koshuise en Osler PSO. ? | |
WOENSDAG 25 JANUARIE | ? |
09:00 – 12:00 | Wat eerstejaars moet weet – ? interaktiewe leerervaring. |
Plek | Tygerberg Sportsaal |
09:00 – 16:00 | Verpligte sessie vir B in Arbeidsterapie-studente op Tygerberg-kampus |
Plek | Lokaal 1018, Afdeling Arbeidsterapie, Onderwysgebou |
12:30 – 14:00 | Tutor-mentor-bekendstelling en middagete |
Plek | Lesinglokaal 11, Onderwysgebou |
14:00 – 15:30 | Akademiese Administrasie |
· Opneem van toelatingsbewyse (2 afskrifte van Matrikulasie-uitslagadvies, 2 afskrifte van toepaslike identifikasiedokumente**, en kliniese besoekvorms (slegs Dieetkunde- en Fisioterapie-studente) · HPCSA-registrasievorms word voltooi · Uitdeel van roosterboekies en studiegidse · Verdere geleentheid vir vrae oor administratiewe aangeleenthede | |
Plek | MB, ChB: Lesinglokaal 11 Fisioterapie en Dieetkunde: Lesinglokaal 4 Onderwysgebou
*Mans Netjiese langbroek met kraaghemp, geen plakkies nie, geen buitensporige juweliersware nie. *Vroue Netjiese gepaste kleredrag, geen plakkies nie, geen buitensporige juweliersware nie. **SA burgers ID of geboortesertifikaat (geen paspoorte of rybewyse) – twee kopie? **Internasionale studente Paspoort en studiepermit – twee kopie? van elk |