Toegangskaartjies

Aankomstyd

Die lokaal se deure sal een uur voor die aanvang van die plegtigheid open.

Ons versoek vriendelik dat jy en jou gaste minstens 45 minute voor die aanvang van die seremoniejulle sitplekke inneem.

Let daarop dat indien 'n graduandus van voorneme is om 'n privaat fotograaf in die lokaal in te bring, die fotograaf ook oor 'n toegangskaartjie moet beskik en dit dus deel uitmaak van die aantal toegangskaartjies wat aan 'n kandidaat uitgereik word.

Toegangskaartjies

Die populasiesertifikaat van die lokaal (’n wetlike vereiste) beperk die aantal mense wat op enige gegewe tydstip in die sentrum mag wees, wat die US dwing om ’n beperkte aantal toegangskaartjies per graduandi uit te reik.

  • Alle grade tot op honneursvlak mag twee (2) gaste uitnooi.
  • Op meestersvlak mag graduandi drie (3) gaste uitnooi.
  • Doktorale graduandi mag vier (4) gaste nooi.

As graduandi nie hulle kaartjies per e-pos ontvang het nie, kan hulle die kaartjies by die inligtingskiosk in die Coetzenburg-sentrum afhaal.

Ongelukkig kan geen bykomende kaartjies beskikbaar gestel word nie.

Let asseblief daarop dat indien jy nie jou gradeplegtigheid bywoon nie, jy nie jou kaartjies kan verkoop of na 'n ander graduandus of gas kan oorplaas nie. As jy bykomende kaartjies gekoop of kaartjies van 'n ander graduandus ontvang het, kan die houer van hierdie bykomende kaartjie toegang tot die plegtigheid geweier word.

Let daarop dat indien 'n graduandus van voorneme is om 'n privaat fotograaf in die lokaal in te bring, die fotograaf ook oor 'n toegangskaartjie moet besit en dit dus deel uitmaak van die aantal toegangskaartjies wat aan 'n kandidaat uitgereik word.

Voorskoolse kinders moet verkieslik nie die plegtighede bywoon nie. Indien dit gebeur, moet so 'n kind ook in besit wees van 'n toegangskaartjie en sal dit dus deel uitmaak van die aantal toegangskaartjies wat aan 'n kandidaat uitgereik word.

Let asseblief daarop dat jou toegangskaartjies vir die gradeplegtigheid die dag voor jou plegtigheid aan jou gestuur sal word. Indien jy om die een of ander rede nie jou kaartjies ontvang nie, kan jy dit op die dag van jou plegtigheid by die kiosk afhaal.

Die uitreikingskedule vir toegangkaartjies verskyn hier.

Familie en vriende wat nie die geleentheid kan bywoon nie, kan die plegtighede aanlyn volg by www.sun.ac.za/streaming.

Kaartjies kan uitgedruk of op selfone gestoor word en moet by die deur getoon word. Let daarop dat hierdie re?ling vir graduandi én gaste geld.

Sit- en lokaalprotokol

  1. Graduandi en gaste wat ná die aanvang van ’n seremonie aankom, selfs al het hulle toegangskaartjies, kan toegang tot die lokaal geweier word.
  2. In pas met die waardigheid van die geleentheid, word alle graduandi en hulle gaste vriendelik versoek om NIE die lokaal gedurende die plegtigheid te verlaat nie.
  3. Graduandi en hulle gaste word ook versoek om slegs ongegeurde water by die lokaal in te bring. Geen ander eet- of drinkgoed word toegelaat nie.

Oorlooplokaal

Weens die lokaal se populasiekapasiteit sal gaste wat sonder ’n toegangskaartjie by die Coetzenburg-sentrum opdaag, in 'n oorlooplokaal in die Sportwetenskapgebou gehuisves word waar hulle die gradeplegtigheid aanlyn via ’n regstreekse stroomuitsending sal kan volg.

?