?

Uitstel van graduering

As jy vir die Desember 2024-gradeplegtigheid kwalifiseer, het jy die opsie om die toekenning van jou kwalifikasie na die Maart 2025-plegtigheid uit te stel.

Let asseblief daarop dat indien jy sou kies dit om na die Maart 2025-plegtigheid uit te stel, sal jy nie jou amptelike gradueringsdokumente by die Gradueringskantoor kan aanvra nie. Ons sal wel 'n amptelike akademiese rekord aan jou kan verskaf.

Om hierdie re?lings te tref, meld aan by die studenteportaal en gaan na Academics > Graduation > kies uitstel na Maart. Die sperdatum vir indiening van sulke versoeke is Vrydag 22 November 2024.

Let asseblief ook daarop dat indien jy 'n assessering vir 'n module gedurende die tweede assesseringsgeleentheid aflê en slaag (A3-assesseringstydperk wat van 21 November tot 7 Desember 2024 plaasvind), sal jou kwalifikasie gedurende die Maart 2025-gradeplegtigheidsiklus toegeken word. Studente in hierdie kategorie hoef nie die in absentia-vorm te voltooi nie.

?