Gradefoto’s
Foto's word gedurende en na afloop van die plegtigheid deur die amptelike fotograwe van die Universiteit, Stellenbosch-sentrum vir Fotografiese Dienste (SCPS) geneem.
Drie foto's word gedurende die gradeplegtigheid van elke kandidaat op die verhoog geneem wanneer die kwalifikasie toegeken word. 'n Bestelvorm word ná die gradeweek aan gegradueerdes gestuur.
SCPS sal beskikbaar wees om foto's vóór die gradeplegtigheid en ná die plegtigheid in die Sportwetenskap-gebou by Coetzenburg te neem.
Graduandi wat graag gradeplegtigheidsfoto's wil re?l, kan deur middel van die volgende kanale 'n bespreking doen by Stellenbosch-sentrum vir Fotografiese Dienste (SCPS):
Kontakbesonderhede:
Tel: 021 808 3073 / 9260
Sell: 082 747 0367
E-pos: pacj@sun.ac.za OF orders@scpsphoto.com scpsstellies@gmail.com
Webwerf: https://scpsphoto.co.za/wp/
Besprekings: (08:00 – 16:30)
Universiteit Stellenbosch, Admin A, kamer 1013, Ryneveldstraat