中国体育彩票

图片
Students
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Graduering in absentia

Indien jy nie die gradeplegtigheid kan bywoon nie, het jy tot Vrydag 22 November 2024 om te re?l dat jou kwalifikasie in absentia toegeken word. Ongelukkig sal geen verdere versoeke na hierdie datum verwerk kan word nie.

Om hierdie re?lings te tref, meld aan by die studenteportaal en gaan na Academics > Graduation Ceremony. As jy "No" kies by bywoning, sal die stelsel jou vra om óf self afhaal óf koerieraflewering vir jou gradueringsdokumente te kies.

Let asseblief op die volgende:

  • Die verstekadres wat vir die koerierdiens gebruik word, is jou huidige adres op die stelsel. Indien jy wil hê dat jou dokumente by 'n ander adres afgelewer moet word, moet jy dit asseblief in die spasie wat voorsien word, invoeg.
  • Moet asseblief nie 'n posbusadres insluit nie, aangesien DHL Couriers nie by ’n posbusadres kan aflewer nie.

Let asseblief daarop dat as jy die sperdatum misgeloop het om aan te dui dat jy in absentia gaan gradueer, sal jou gradueringsdokumente outomaties aan jou uitgereik word. Ongelukkig sal dit in hierdie geval nie moontlik wees om jou gradueringsdokumente self af te haal nie.

Hoe kry ek my gradueringsdokumente?

Koerier

Waar re?lings getref is om in absentia te gradueer, sal die betrokke gradueringsdokumente na afloop van die gradeweek na die woonadres wat op die databasis van die Universiteit verskyn, gestuur word.

Self afhaal

Waar re?lings getref is om die dokumente self af te haal, sal dit vanaf Dinsdag 17 Desember 2024 op weeksdae tussen 08:00–16:30 by die inligtingstoonbank in Admin A afgehaal kan word. Die Universiteit sluit 22 Desember 2024 om 12:00 en heropen weer Donderdag, 2 Januarie 2024.

Klik hier vir meer inligting oor die versending van gradueringsdokumente.

Graduering in absentia: versending van gradueringsdokumente

As jy nie jou seremonie kon bywoon nie of aangedui het dat jy in absentia gaan gradueer, sal jy jou gradueringsdokumentasie soos volg ontvang:

Plaaslike en internasionale aflewerings

Jou gradueringsdokumente sal met DHL Couriers versend word, wat die dokumente by jou deur sal aflewer, mits jou huidige woonadres en kontaknommers op die Universiteit se stelsel bygewerk is.

Versending van gradueringsdokumentasie

Let asseblief daarop dat die verspreiding van gradueringsdokumente vertraag sal word weens die langnaweek van 16 Desember 2024.

Gradueringsdokumente vir alle graduandi wat in Suid-Afrika woon, sal vanaf Donderdag, 19 Desember 2024 via DHL uitgestuur word.

1. Plaaslike afleweringstydsraamwerk:

Die verwagte afleweringstyd vir plaaslike aflewerings is 2–5 werksdae. Let asseblief daarop dat aflewerings na afgele? gebiede effens langer kan neem.

2. Opspoor van jou dokumente:

Jy sal 'n opsporingsnommer per SMS ontvang. Dit is noodsaaklik om te verseker dat jou selfoonnommer korrek is op die stelsel om die opsporingsnommer te ontvang.

3. Afleweringsdatum vir internasionale graduandi:

Gradueringsdokumente vir internasionale graduandi sal vanaf Donderdag 19 Desember 2024 met DHL versend word.

4. Tydsraamwerk vir internasionale aflewerings:

Internasionale versendings kan 5–7 werksdae neem om afgelewer te word, afhangende van waar jy gele? is.

5. Posbusadresse:

DHL kan nie by posbusadresse aflewer wat op die stelsel geregistreer is nie. Verifieer asseblief op die stelsel dat jou woonadres vir aflewering korrek is. As jou besonderhede bygewerk moet word, kontak asseblief info@sun.ac.za teen Vrydag 22 November.

6. Bywerking van adres en kontakbesonderhede

Maak asseblief seker dat jou huidige woonadres en kontaknommers korrek is op die stelsel. As jou besonderhede bygewerk moet word, kontak asseblief info@sun.ac.za. DHL sal hierdie inligting gebruik vir aflewering.

7. DHL sal jou kontak:

DHL sal jou kontak op die kontaknommer wat op die stelsel verskyn om jou van die aflewering in kennis te stel en om te verifieer dat jou woonadres en kontakbesonderhede korrek is.

*Let asseblief daarop dat die Universiteit nie aanspreeklik gehou sal word vir verkeerde besonderhede (adresse en kontaknommers) op die stelsel wat daartoe kan lei dat DHL Couriers by die verkeerde woonadresse aflewer of nie gegradueerdes weens verkeerde kontaknommers kan kontak om aflewerings te bevestig nie.

Jy sal 'n bykomende bedrag van R500,00 moet betaal vir enige gradueringsdokumente wat verkeerd uitgereik is weens verkeerde besonderhede oor die stelsel.

As jy nie jou inligting teen die sperdatum bywerk nie, moet jy jou eie re?lings met DHL Couriers via https://www.dhl.com/za-en/home/get-a-quote.html tref.

Vir verdere navrae oor die aflewering of opsporing van jou gradueringsdokumente, kontak DHL by 021 872 4717.

Vir verdere hulp, kontak graduation@sun.ac.za.