Administratiewe prosedures vir graduandi

Kontroleer asseblief die volgende op jou studenteprofiel. Klik hier:

  1. Dat jou volle naam en van korrek gespel is.
  2. Dat jou volle naam en van, soos op jou ID-dokument, op jou profiel verskyn (jou toewydings- en graadsertifikate vereis jou volle naam en van).
  3. Vir enige regstellings, stuur asseblief ’n e-pos aan:
    Stellenbosch-kampus: info@sun.ac.za
    Tygerberg-kampus: mnr Makhotla (bmakhotla@sun.ac.za )
    Heg ’n afskrif van jou ID aan indien jou naam of van verkeerd gespel was en/of ’n afskrif van jou huweliksertifikaat indien jou nooiensvan na jou getroude van verander moet word.
  4. Die sperdatum vir regstellings is Vrydag 22 November 2024..

*Let asseblief daarop dat die US nie verantwoordelikheid sal aanvaar vir enige name, van(ne) en/of posadresse wat nie korrek op die stelsel is nie. ’n Bykomende bedrag kan gehef word indien gradueringsdokumente wat weens foutiewe besonderhede op die stelsel verkeerd uitgereik is, heruitgereik moet word.

Graduandi word vriendelik daaraan herinner om hul onderskeie persoonlike besonderhede, pos- en kontakinligting teen Vrydag 22 November 2024 op te dateer.