Prof Kennedy Dzama, Visedekaan vir Navorsing, Nagraadse Studie en Innovasie by die Fakulteit AgriWetenskappe, is aangestel as Voorsitter van die Southern Africa Food Lab (SAFL), ? inisiatief wat fokus op kreatiewe oplossings vir honger deur dialoog en samewerking tussen verskeie rolspelers te bevorder.
Dzama, ? toonaangewende kenner van diereteling en -genetika, het ? indrukwekkende loopbaan by die US opgebou sedert hy hom in 2006 by die instelling aangesluit het. Sedert 2011 lei hy die Fakulteit se Volhoubare Landbou-program, en van 2013 tot 2018 was hy Hoof van die Departement Veekundige Wetenskappe.
In 2017 is hy deur die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde (Sasas) as topnavorsingswetenskaplike aangewys. Die daaropvolgende jaar is hy as Visedekaan aangestel, en hy neem van tyd tot tyd as Dekaan waar. In 2020 is hy heraangestel as uitgelese professor, ? titel wat deur die US geskep is om erkenning te gee aan akademiese uitnemendheid.
Hongerkrisis
Dzama se aanstelling as Voorsitter van die SAFL kom op ? kritieke tydstip – honger neem wêreldwyd toe, veral in Afrika.
Statistieke wat in 2024 by die Internasionale Maatskaplike Geregtigheidskonferensie en -beraad gedeel is, het uitgewys dat 24% van huishoudings in Suid-Afrika nou voedselonseker is, en tot 30% van die land se kinders onder 5 weens wanvoeding aan groeivertraging ly.
Dié geleenthede is deur die US se Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid, onder leiding van prof Thuli Madonsela, gere?l. Sy dien ook as Erebeskermer van die SAFL, en het met dié organisasie saamgewerk om die byeenkomste aan te bied.
Hierdie syfers beklemtoon die behoefte aan samewerkende, innoverende oplossings, en die SAFL is in ? unieke posisie om hiertoe by te dra.
Uiteenlopende belanghebbendes
Hoewel die SAFL by die US gesetel is, strek die organisasie se impak wyer as Stellenbosch. Sedert 2009 bring die SAFL ? diverse groep belanghebbendes byeen in die soeke na oplossings vir voedselstelselprobleme. Dít sluit ander universiteite, die regering, die korporatiewe sektor, gemeenskaps- en nieregeringsorganisasies in.
Deur samewerking te bevorder, ontwikkel en implementeer die SAFL oplossings vir ? meer volhoubare en regverdige voedseltoekoms. Die organisasie fokus op ? wye reeks kritieke kwessies, insluitend landbou-innovasie, voedselsekerheid en -voeding, asook veerkragtigheid en aanpassing ten aanskoue van klimaatsverandering.
Mededirekteure
Tatjana von Bormann, uittredende voorsitter van die SAFL-adviesraad, het haar soos volg oor haar opvolger uitgelaat: “Kennedy is al meer as ? dekade lank deel van die SAFL-span wat die historiese onregte en diep ongelykhede van Suid-Afrika se voedselstelsel aanspreek.
“Nou dat hy die voorsitterskap oorneem, kan hy op daardie ervaring en sy eie kundigheid staatmaak om ons bande met navorsingsinstellings te versterk, ons toegang tot die nuutste vakkundige denke te verbeter en ons aan te spoor tot nuwe idees, verhoudings en samewerking."
Von Bormann sal as Mededirekteur aanbly, saam met prof Scott Drimie van die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.
“Ons het lankal ? gedeelde leierskapstruktuur, en nou het ons ? mede-direkteur-model vir operasionele bestuur, terwyl strategiese leierskap deur Kennedy verskaf word," verduidelik Drimie.
Ander leiers in die groep, soos navorsingsko?rdineerder Julia Harper, sal ook ondersteuning bied.
Voorsitter se prioriteite
Dzama het ambisieuse planne om die SAFL se reikwydte en impak uit te brei. Hy het sy prioriteite soos volg uiteengesit:
- Samewerking: “Ek wil hê ons moet sinergie binne die Fakulteit benut om impakvolle navorsingsvennootskappe tussen die SAFL en US-navorsers te skep."
- Streeksbetrokkenheid: “Ek sal my eie netwerke, asook dié van SAFL-lede, gebruik om belanghebbendes regdeur Suider-Afrika te betrek."
- Dialoog: “Ons wil voortgaan met ons African Food Dialogue-reeks en die insigte wat ons reeds verkry het, met ? wyer gehoor deel."
'Ongelooflike reis'
Dzama se loopbaan word deur samewerking en interdissiplinêre navorsing gekenmerk.
Ná ? BSc in Landbou aan die Universiteit van Zimbabwe (UZ), het hy ? meestersgraad en PhD in diereteling en -genetika aan die Texas A&M Universiteit in die VSA verwerf.
“Dit was toe dat ek regtig waardering ontwikkel het daarvoor om oor dissiplinêre grense heen te werk," verduidelik Dzama.
“Ek het besef dat die oplossing van komplekse probleme vereis dat verskillende perspektiewe en kundigheid byeen gebring word."
Dit het daartoe gelei dat hy spanne navorsers uit verskeie velde opgebou het.
Met sy terugkeer na Afrika het Dzama ? dekade by UZ deurgebring voordat hy hom by die Universiteit van Fort Hare in Suid-Afrika aangesluit het, en toe deur die US gewerf is.
“Dit was ? ongelooflike reis – om by die Fakulteit aan te sluit, en later by die SAFL, waar ek met soveel inspirerende mense wat passievol is oor voedselstelsels, in aanraking gekom het."
Navigeer uitdagings
Sy oorgang na Stellenbosch was egter nie sonder uitdagings nie.
“Dit was nie aldag maklik om as ? buitestander hier in te skakel nie," erken Dzama, “maar gelukkig was ek reeds op ? senior vlak, en het ek kollegas se ondersteuning gehad."
Die deurbraak het gekom toe prof Mohammad Karaan, destyds Dekaan van AgriWetenskappe, hom genooi het vir ? gesprek. Karaan, wat intussen oorlede is, het rigting gegee aan Dzama se loopbaan by die US.
“Hy het gevra hoe dit met my gaan, na my insette oor die Fakulteit geluister en gesê: 'Ek het planne vir jou – bly by ons.' En hier is ek steeds!"
Dzama gee ook krediet aan prof Danie Brink, die huidige dekaan, vir die voortsetting van daardie ondersteuning. “Ons vul mekaar goed aan, en ek geniet dit om saam met my kollegas te werk."
'Op almal se bord'
Vir Dzama is voedselstelsels die kern van maatskaplike welstand.
“En voedselsekerheid is deel van daardie oorkoepelende uitdaging," verduidelik hy. “Dit is op almal se bord – letterlik en figuurlik."
Hy beklemtoon die noodsaaklikheid van ? holistiese benadering.
“Dit is van kardinale belang dat Suider-Afrika ? wye reeks voedselsoorte – hetsy van dierlike of plantaardige oorsprong – in die regte hoeveelhede produseer, en dat hierdie voedsel korrek verwerk en wyd aan die bevolking beskikbaar gestel word, sodat ons gesonde uitkomste vir almal bereik.
“Sonder die regte voedselstelsels gaan ons nie veel as ? streek bereik nie, hetsy in gesondheid of klimaat of onderwys of indiensneming of enige ander gebied."
Dzama dien ook as Raadsvoorsitter van die African Wildlife Economy Institute (AWEI), wat aandag gee aan die rol van wilde plant- en dierebronne in Afrika se ekonomie?, insluitend voedselstelsels.
“Daar is oorvleueling tussen die werk van AWEI en SAFL, en ek hoop om ons verhouding tydens my ampstermyn te versterk," sê hy.
Passieprojek
Dzama sien sy aanstelling as voorsitter van die SAFL nie as ? bykomende verantwoordelikheid nie, maar as ? geleentheid om sleutelaspekte van sy loopbaan te verenig.
“Ek was aanvanklik bekommerd dat dit met my pligte as Visedekaan sal inmeng. Maar toe besef ek daar is sinergie, wat wedersyds voordelig sal wees.
“Ek glo werklik in die Food Lab se missie, en voedselstelsels is my lewenstaak. Hierdie rol stel my in staat om terug te ploeg, en ek sien uit daarna."
- Desmond Thompson is ? vryskutjoernalis. Hy het ook die foto van prof Kennedy Dzama, wat hierdie berig vergesel, geneem.