Die Kunstekaap-teatersentrum in Kaapstad was verlede week die middelpunt van intense debat en kennisuitruiling toe dit die gasheer was vir die jaarlikse Internasionale Konferensie en Beraad oor Maatskaplike Geregtigheid, wat albei gefokus het op die kritieke noodsaak om die VN se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwit (SDG) 2: Zero Honger te bereik.
Die konferensie, wat op 17 Oktober 2024 gehou is, het vooraanstaande akademici, navorsers en kundiges bymekaargebring om hulle te verdiep in die kompleksiteite van hongersnood, terwyl die beraad, wat op 18 Oktober gehou is, ho?vlakbesprekings tussen beleidmakers, regeringsamptenare en verteenwoordigers van die burgerlike samelewing gefasiliteer het.
Die geleenthede, aangebied deur die Universiteit Stellenbosch (US) se Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid (CSJ), het 'n strak prentjie geskets van die wêreldwye hongerkrisis, met somber syfers en ontstellende vertellings wat die verwoestende impak van voedselonsekerheid blootlê.
Skokkende statistieke
- 9,1% van die wêreldbevolking het in 2023 honger ervaar.
- 20,4% van Afrika se bevolking het in 2023 honger gely.
- Daar word verwag dat 582 miljoen mense teen 2030 chronies ondervoed sal wees, met meer as die helfte wat in Afrika woonagtig is.
- 23,7% van huishoudings in Suid-Afrika beleef voedselonsekerheid.
- 30% van seuns en 25% van meisies onder 5 jaar oud in Suid-Afrika het belemmerde groei.
'Gapende gat'
Nelson Muffuh, die hoof van die VN in Suid-Afrika, het die organisasie se sekretaris-generaal, António Guterres, soos volg aangehaal: “Honger is 'n verskriklike skande in 'n wêreld van oorvloed, en 'n le? maag is 'n gapende gat aan die hart van die samelewing."
SDG's
Om 'n beter en meer volhoubare toekoms vir almal teen 2030 te verseker, het wêreldleiers – in 2015 – ooreengekom op 'n stel van 17 globale doelwitte wat onderling verbind is. Dit sluit in Doelwit 2, Zero Honger, wat daarop gemik is om honger te be?indig, voedselsekerheid en verbeterde voeding te bereik, en volhoubare landboupraktyke te bevorder.
Die wêreld is egter “nie op koers" om die teikens te bereik wat met SDG 2 geassosieer word nie, het dr. Babagana Ahmadu van die internasionale Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) gewaarsku.
Die reg op voedsel
Die ironie is dat “honger bestaan, maar dit hoef nie," het die US-kanselier, regter Edwin Cameron, in sy hoofrede gesê. Hy is 'n afgetrede regter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika.
“Die wêreld produseer genoeg kos. Suid-Afrika is 'n middelinkomsteland. Ons is nie arm nie. Ons het genoeg kos om almal te voed, en tog is mense honger," het hy gesê en beklemtoon dat toegang tot voedsel 'n fundamentele mensereg is.
“Ons Grondwet is 'n wonderlike dokument, maar ons het dit nie volbring nie. In artikel 27 sê dit dat almal in hierdie land die reg op toegang tot voldoende voedsel het, maar dit is nie verwesenlik nie."
Oorsake
Dr. Henk Boshoff van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het op hierdie tema uitgebrei.
“Honger en die biologiese behoefte aan kos is nie 'n sosiale, godsdienstige of politieke konstruk nie. Dit diskrimineer nie volgens ras, geslag of geografiese ligging nie, tog het dit 'n sosio-politieke en ekonomiese kwessie geword wat bepaal word deur ras, klas en sosiale status," het hy gesê.
Die byeenkomste in Kaapstad het diep gedelf in die veelvlakkige oorsake van honger, en kwessies ondersoek soos konflik, klimaatsverandering, kosvermorsing, onvolhoubare landboupraktyke, die finansialisering van die voedselstelsel, geprosesseerde kosse se gebrek aan voedingswaarde, verlies aan biodiversiteit en die agteruitgang van die omgewing.
Die nadelige impak van die 中国体育彩票-pandemie op pogings om armoede en honger te bekamp, is ook erken.
Prof. Scott Drimie van die Suider-Afrikaanse Voedsellaboratorium en die US se Fakulteit AgriWetenskappe het 'n skrille herinnering gebied aan die verband tussen konflik en honger, met verwysing na die 2024 Wêreldwye Verslag oor Voedselkrisisse, wat aan die lig gebring het dat byna 140 miljoen mense wat deur akute voedselonsekerheid in die gesig gestaar word, in konfliksones woon. Sprekers het die gebruik van hongersnood as 'n oorlogswapen in plekke soos Gasa en Soedan, waar mense doelbewus van voedsel ontneem word, ondubbelsinnig veroordeel.
Kollektiewe verantwoordelikheid
Terwyl die statistieke 'n wrede werklikheid voorgehou het, het die samekomste in die Kunstekaap ook 'n sprankie hoop gebied en oproepe tot optrede ontlok. Sprekers het onderstreep dat honger as uitdaging, hoewel skrikwekkend, nie onoorkombaar is nie.
“Ons moet maak soos wat die Ethiopi?rs sê – 'Wanneer spinnerakke verenig, kan hulle 'n leeu verstrengel'. Die leeu wat ons moet vasbind, is honger – met baie spinnerakke, want dit is 'n multidimensionele probleem," het prof. Thuli Madonsela, direkteur van die CSJ, wat ook die Leerstoel in Maatskaplike Geregtigheid aan die US beklee, gesê.
'n Deurlopende tema van al die sessies was die noodsaaklikheid van kollektiewe verantwoordelikheid. Terwyl hulle die regering se deurslaggewende rol in die hantering van honger erken, het sprekers daarop gewys dat elke lid van die samelewing 'n rol het om te speel om oplossings te vind.
“In plaas daarvan om vir die regering te wag, kan ons byvoorbeeld net vir almal 'n billike loon betaal en verskaffers van goedere en dienste regverdig vergoed," het Madonsela gesê.
Topprioriteit
Die deelname van Khumbudzo Ntshavheni, minister in die presidensie, is beskryf as 'n aanduiding dat die regering die stryd teen honger ernstig opneem.
Sy het die behoefte beklemtoon aan 'n sistematiese ingryping om hongersnood te takel, met inagneming van maatskaplike geregtigheid en die impak van klimaatsverandering.
Sy het 'n beroep gedoen op samewerking met akademiese instellings, die private sektor en die burgerlike samelewing om innoverende oplossings te ontwikkel. “Dit is dus belangrik en betekenisvol dat universiteite soos Stellenbosch intens betrokke is by hierdie inisiatief," het sy gesê.
US se verbintenis
Die US se Rektor en Visekanselier, prof. Wim de Villiers, het die Universiteit se verbintenis tot maatskaplike geregtigheid beklemtoon en 'n beroep gedoen vir voortgesette samewerking om honger onder studente die hoof te bied. “Ons weet dis 'n kwessie wat baie mense in ons eie gemeenskap raak. Veels te veel van ons studente moet die las van honger wees dra, en dit ondermyn hul pogings wesenlik om hul akademiese potensiaal te bereik."
Hy het die Universiteit se inisiatiewe beklemtoon om honger onder studente te beveg, insluitend voedselprogramme op die kampus.
US-studente toon ook inisiatief in hierdie verband. Kopano Lebele, die stigter van die Maties Honger en Voedselonsekerheid-werkstroom, het afgevaardigdes ingelig oor die inisiatief, wat sedert Julie vanjaar gratis etes aan studente in nood verskaf.
“Ons kon skaars grondvat, en nou is daar die uitdaging om die program volhoubaar te maak. Ons is op soek na langtermynvennootskappe en borgskappe."
Burgerlike samelewing
Nieregeringsorganisasies is geprys vir hul onvermoeide werk om voedselhulp aan kwesbare gemeenskappe te verskaf, met spesiale erkenning wat gegee is aan geloofsgebaseerde organisasies en dié sonder winsbejag wat sopkombuise en voedselverspreidingsprogramme bedryf.
Suid-Afrika se Nasionale Skoolvoedingsprogram, wat 9 miljoen kinders van daaglikse voedsame maaltye voorsien, is ook geloof vir die beduidende impak daarvan. Maar toe dit opgeskort is nadat skole gesluit is as deel van die 中国体育彩票-inperking, het Equal Education hof toe gegaan om die departement van basiese onderwys te verplig om dit weer in te stel.
“Die regbank wat die regering voorsê wat om te doen, word as oorskrydend beskou, maar soms moet jy net doen wat jy moet doen," het regter Sulet Potterill, wat die regter in die saak was, gesê.
Sy het verduidelik dat die howe niks kan doen tensy hulle genader word nie, en daarom het sy die toenemende aantal sake wat deur burgerlike organisasies gebring word in die nastrewing van maatskaplike geregtigheid, verwelkom.
Vroe? ontwikkeling
Afgevaardigdes het gepleit vir die uitbreiding van die skoolvoedingsprogram om vroe? kinderontwikkelingsentrums in te sluit, uit erkentlikheid vir die belang van voeding in die vroe? kinderjare.
Die belangrikheid van voldoende voeding in die eerste 1 000 dae van 'n kind se lewe is onderstreep, met sprekers wat die behoefte beklemtoon het om belemmerde groei en onderontwikkeling te voorkom. In hierdie verband is daar ook 'n pleidooi gerig vir 'n kraamtoelaag vir swanger vroue om te verseker dat hulle gesond eet.
Ekonomiese maatre?ls
Wyle president Nelson Mandela se bekende aanhaling is deur verskeie sprekers gebruik – “We do not want freedom without bread, nor do we want bread without freedom". Met ander woorde, die politieke en ekonomiese aspekte van maatskaplike geregtigheid is ewe belangrik. Al die fundamentele regte en vryhede wat geassosieer word met 'n demokratiese samelewing moet bereik word.
Neil Coleman, medestigter van die Instituut vir Ekonomiese Geregtigheid, het 'n sterk pleidooi gelewer vir 'n universele basiese inkomstetoelaag (UBIG) as 'n kernbelangrike aspek om hongersnood in Suid-Afrika te verminder. Hy het aangevoer ho? werkloosheid, lae lone en onvoldoende maatskaplike sekerheid skep 'n “toksiese kombinasie wat honger en wanvoeding kweek".
Hy het die skokkende statistieke uitgewys dat een uit elke vyf Suid-Afrikaanse huishoudings gereeld 'n familielid stuur om op straat te bedel.
Coleman het beweer hoewel ander ingrypings soos koskoepons en subsidies 'n rol het om te speel, hulle dikwels ondoeltreffend is en oop vir korrupsie. Volgens hom is die doeltreffendste manier om honger te bekamp “om 'n inkomste direk in mense se hande te sit" deur middel van 'n basiese inkomstetoelaag, tesame met maatre?ls om voedselpryse te beheer en toeganklikheid vir almal te verseker.
Boere
Die kritieke rol van boere, kommersieel sowel as kleinskaals, om voedselsekerheid te verseker, is ook beklemtoon. Sprekers het gevra vir groter steun vir boere om hulle in staat te stel om voedsel volhoubaar te produseer en by te dra tot billike voedselverspreiding.
Resolusie
Die beraad het 'n hoogtepunt bereik in die aanvaarding van 'n resolusie wat konkrete stappe uiteensit om die hongerkrisis te takel. Die resolusie vra vir groter belegging in volhoubare landbou, versterkte maatskaplike veiligheidsnette, verbeterde toegang tot voedsame voedsel en groter samewerking tussen regerings, die burgerlike samelewing en die private sektor.
Die resolusie sal aan die Verenigde Nasies oorgedra word om deel te vorm van die VN se Tweede Wêreldberaad oor Maatskaplike Ontwikkeling wat in 2025 gehou sal word.
Prof. Madonsela, het die hoop uitgespreek dat die konferensie en beraad se uitkoms sal lei tot verhoogde bewustheid oor SDG 2: Zero Honger, meer insigte kan bied oor hoekom honger voortduur en op sommige plekke vererger, en dat daar vorentoe groter transdissiplinêre en intersektorale ko?rdinering en samewerking sal wees in pogings om honger te bekamp.
“My grootste hoop is dat ons meer individuele, institusionele en regeringsbeloftes sal sien wat erkenning van honger as 'n menseregte- en maatskaplike-geregtigheidskwessie weerspie?l, die oortuiging dat ons almal 'n rol het om te speel in die be?indiging van honger, en toewyding aan dringende, geko?rdineerde en gesamentlike optrede om te verseker dat sigbare vordering gemaak word teen die tyd dat ons byeenkom vir die 2025 Konferensie en Beraad oor Maatskaplike Geregtigheid."