Registrasie 2025

Studente word aangemoedig om die selfregistrasieproses (e-registrasie) te gebruik wat op ons SUNStudent-stelsel beskikbaar is.

Let asseblief op die spesifieke registrasiedatums vir jou program en studiejaar wat in die registrasieskedule uiteengesit word. Dit is raadsaam om die skedule te raadpleeg voordat jy met die registrasieproses begin.

Aanlyn registrasie begin op die volgende datums:

  • Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe: 2 Januarie 2025
  • Stellenbosch-kampus: 13 Januarie 2025

Installeer Microsoft Authenticator op jou foon voor registrasie: Alle nuwe en terugkerende studente moet die Microsoft Authenticator (MA)-applikasie op hulle Android- of Apple-slimfoon of -tablet installeer voordat hulle registreer. Dit is 'n verpligte vereiste van Microsoft. Klik hier vir instruksies oor hoe om die MA-applikasie te installeer.

Finale toelating vir eerste aansoekers

Let asseblief daarop dat die finale toelatings en kommunikasie vanaf 14 Januarie 2025 verwerk sal word. Klik hier vir meer inligting.

Studentegelde 2025

Vir meer inligting oor studentegelde en verwante prosesse, klik op die skakels hieronder:

?
?