中国体育彩票

图片
Students
Welkom by Universiteit Stellenbosch
??

?Herberekening van punte | Herevaluering van antwoordstelle

Stap 1: Werk deur antwoordstelle

Studente word ten sterkste aangeraai om hul antwoordstelle noukeurig na te gaan voordat hulle aansoek doen vir die herberekening van finale punte of die herevaluering van antwoordstelle. Raadpleeg afdeling 8 op bladsy 49 van die Jaarboek 2025, Deel 1 (Algemene Re?ls) vir inligting oor die aansoekprosedures.

Stap 2: Herberekening van punte

  • Bespreek jou voorneme om aansoek te doen vir die herberekening van 'n finale punt direk met jou fakulteitsadministrateur. Verwys na paragraaf 8.2 in die Jaarboek 2025, Deel 1 (Algemene Re?ls) vir meer inligting. Die koste vir die herberekening van punte beloop R100 per versoek. Stuur asseblief die betalingsbewys (verwysing: herberekeningsversoek en die naam van jou fakulteit) saam met jou versoek per epos na jou fakulteitsadministrateur.
  • Julle behoort binne vyf (5) werksdae na die sluitingsdatum van julle fakulteitsadministrateur terugvoer te ontvang.
  • Elektroniese betalings: takkode 050610; rekeningnommer: 063163225.
  • Die sluitingsdatum vir die middeljaarversoeke vir die herberekening van punte was 25 Julie 2025.
  • Die sluitingsdatum vir jaareindversoeke (2025) vir die herberekening van punte is die eerste Vrydag (13 Februarie) na die begin van lesings in die eerste semester van 2026.

Stap 3: Herevaluering van antwoordstelle

  • Indien jy, selfs na 'n herberekening, nie 'n module slaag nie, maar jou finale punt is minstens 45% en jy is van mening dat jou A2-, A2S2- of A3-assesseringspunt steeds foutief is, kan jy aansoek doen vir 'n herevaluering van die antwoordstel(le).
  • Klik op die skakel vir die aansoekvorm en betalingsprosedures vir die herevaluering van A2- en A3-antwoordstelle.
  • Die sluitingsdatum vir die middeljaar-versoeke vir die herevaluering van antwoordstelle was 25 Julie 2025.
  • Die sluitingsdatum vir jaareindversoeke (2025) vir die herevaluering van antwoordstelle  is die tweede Vrydag (20 Februarie) na die begin van lesings in die eerste semester van 2026.
  • Enige verdere navrae oor herevalueringsversoeke kan na stbexams@sun.ac.za gestuur word.
  • Julle behoort binne 10 werksdae na die sluitingsdatum van stbexams@sun.ac.za terugoer te ontvang.
  • Studente kan eers vir die herevaluering van 'n antwoordstel aansoek doen nadat 'n A3-assessering afgehandel is. Die herevaluering van antwoordstelle is net van toepassing op finale A2- en A3-punte.