
A3-modules en lokaalinligting?: November 2025
?Verwys asseblief na die SUNStudent-portaal vir jou A3-assesseringsdatums en lokaalinligting vir die A3-assesseringstydperk wat op
20 November 2025 begin. Hierdie webblad is 'n addisionele hub waar jy nader aan die tyd inligting oor A3-assesserings sal kry, as jy nie die inligting op die portaal kan vind nie. Blaai af tot by die tabel met die module- en lokaalinligting vir die A3 assesserings in November/Desember 2025.
- Let asseblief daarop dat die Excel-sigblad net nie-konsessie-lokale vertoon vir modules wat sentraal deur die Assesseringskantoor op die Stellenbosch-kampus geadministreer word. Die leêr is gemerk met die datum van die A3-assessering.
- Jy sal die lokaal vir jou spesifieke module in die sigblad vind by die geskeduleerde assesseringsdatum en -sessie. Studente-groepe word volgens hul vanne per lokaal ingedeel.
- Die besonderhede van die assesseringslokale sal op die laatste een dag voor die spesifieke assesseringsdatum beskikbaar gestel word wanneer fakulteite die name van studente bekend maak wat vir die A3-geleentheid kwalifiseer.
? Module- en lokaalinligting vir A3-assesserings in November/Desember 2025
- Aangesien sommige modules intern deur akademiese departemente geadministreer word, moet jy by jou department navraag doen as jou modules nie op die sigblad hieronder (sodra beskikbaar) verskyn nie.
- Studente met konsessies moet asseblief met die Kli?ntedienssentrum in verbinding tree vir inligting oor A3-konsessielokale: info@sun.ac.za of 021 808-9111. Verskaf asseblief jou studentenommer wanneer jy navraag doen. Vanwe? die konstruksie in Admin A, het die Kli?ntedienssentrum tydelik na die Anorganiese Chemie-gebou in Bosmanstraat verskuif.
Donderdag, 20 November 2025 | Saterdag, 29 November 2025 |
Vrydag, 21 November 2025 | Maandag, 1 Desember 2025 |
Saterdag, 22 November 2025 | Dinsdag, 2 Desember 2025 |
Maandag, 24 November 2025 | Woensdag, 3 Desember 2025 |
Dinsdag, 25 November 2025 | Donderdag, 4 Desember 2025 |
Woensdag, 26 November 2025 | Vrydag, 5 Desember 2025 |
Donderdag, 27 November 2025 | Saterdag, 6 Desember 2025 |
Vrydag, 28 November 2025 | Einde van A3-assesserings |
A3-assesserings vir finalejaar-studente (2025)
Finalejaar-studente wat in November/Desember 2025 gebruik maak van 'n A3-assesseringsgeleentheid (ongeag die rede) in 'n voorvereisde module vir hul kwalifikasie, sal nie in Desember 2025 kan gradueer nie. Hierdie studente se kwalifikasies sal by een van die plegtighede in die gradeweek van 23 tot 27 Maart 2026 toegeken word. ?









