
A2- en A3-assesserings by die Universiteit Stellenbosch
Middeljaar- akademiese transkripte in Augustus beskikbaar
?Die amptelike middeljaaruitslae en akademiese rekords/transkripte met 'slaag graad' daarop vir studente wat in die middel van die jaar aan hul graadvereistes voldoen, sal vroeg in Augustus 2025 beskikbaar wees, sodra die punte bekragtig en administratiewe prosesse afgehandel is.
- ?Soos reeds gekommunikeer, is 18 Julie 2025 die laaste dag wat akademiese departemente hul punte vir die eerste semester kan oplaai.
- Die finale punte is ook onderworpe aan die bekragtiging van die uitslae deur die waarnemende Viserektor: Leer en Onderrig op 1 Augustus 2025.
- Studente wat hul amptelike akademiese rekord/transkrip vir die eerste semester van 2025 benodig, kan na 1 Augustus 2025 hul versoeke stuur na records@sun.ac.za. Voeg asseblief jou studentenommer in die onderwerpre?l (subject line) van jou eposversoek.
- Voorgraadse en nagraadse studente wat in die middel van die jaar aan hul graadvereistes voldoen, kan na 10 Augustus 2025 hul akademiese rekord/transkrip met 'slaag graad' daarop aanvra mits hulle geen uitstaande studentegelde het nie. Voeg asseblief jou studentenommer in die onderwerpre?l (subject line) van jou epos na records@sun.ac.za
Studente wat dringend voor 10 Augustus 2025 bevestiging van hul voltooide graad benodig, kan hul fakulteitsadministrateur/-beampte vir 'n verklaring oor graadvoltooiing kontak. Hul kontakbesonderhede is op die webblad vir Studentedienste beskikbaar.
Kommunikasie?
- Onthou: A3-assesserings, finale uitslae en herevaluering van antwoordstelle (05|06|2025)??
- Volg dié stappe om assesseringsrooster met lokale te vind? (27|05|2025)
- Let op re?lings vir A2- and A3-assesserings (15|05|2025)?
Assesseringsbeleid
Die Universiteit Stellenbosch (US) erken dat assessering ’n integrale deel van leer en onderrig uitmaak. Die US se Assesseringsbeleid ?omskryf assessering as “’n integrale deel van die onderrig-en-leerproses” wat “sistematies en doelgerig gebruik word om inligting aan die hand van die vereiste vaardighede uit te wys, in te samel en te vertolk ten einde ’n student se prestasie te beoordeel (RHO, 2016:12; eie vertaling)”. Dit kan ’n verskeidenheid take, produkte, uitsette of bekwaamhede insluit wat gebruik word om getuienis in te samel en die studente se prestasie volgens die gestelde assesseringsmaatstawwe en -uitkomste te beoordeel.
Verskillende assesserings en assesseringstydperke
Dit is elke student se eie verantwoordelikheid om te verseker dat hulle elke aspek van die Universiteit Stellenbosch se assesserings verstaan, en betyds kennis te neem van die inligting wat beskikbaar is.
- ?Hierdie assesseringswebblad verskaf inligting oor spesifiek voorgraadse A2- en A3-assesserings op die Stellenbosch-kampus wat sentraal deur die Assesseringsadministrasie, Akademiese rekords en Gradekantoor (Assesseringskantoor) geadministreer word. Hierdie groep sluit studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe in wat ook hul assesserings op die Stellenbosch-kampus aflê.
- Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, die Fakulteit Krygkskunde en die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe op die Bellvillepark-kampus kommunikeer self oor kampus-spesifieke assesserings.
- Ander assesserings – byvoorbeeld A1, AF en A4 – word deur 'n module se tuisdepartement of sentrum geskeduleer en geadministreer. Studente moet hieroor met hulle dosente in verbinding tree.
- Raadpleeg afdeling 4 op bladsy 38 van die
Jaarboek 2025, Deel 1 (Algemene Re?ls) vir meer besonderhede oor die onderskeie assesseringstydperke. ?









