
Navrae
Toegang tot die Assesseringskantoor (AARGO)
Die hoofingang na Admin A is steeds gesluit vanwe? die opknapping van die hoofgebou. Gebruik asseblief die NARGA-ingang na Admin A (aan Merrimanlaan se kant) oorkant die Natuurwetenskappe-gebou (no 100 op die kampuskaart). As jy nie toegang het via die NARGA-ingang nie, druk asseblief op AARGO (vir toegang tot Assesseringsadministrasie, Akademiese rekords en Gradekantoor) op die sleutelbordjie teen die muur sodat die deur vir jou oopgemaak kan word. Volg die aanwysings na die AARGO-kantoor op die eerste vloer, en lui die klokkie by die ingang. E-posnavrae oor A2- en A3-assesserings kan na stbexams@sun.ac.za gestuur word. Sluit altyd jou US-studentenommer in die onderwerpre?l (subject line) in wanneer jy navrae per epos stuur.?
- Die gebruikershandleiding vir studente (Access Exam Table and Concession Letter on Student Portal) kan moontlik help om assesseringsverwante vrae te beantwoord. SUNStudent het nog nie 'n gebruikersvriendelike koppelvlak vir selfone nie. Gebruik dus liewer you rekenaar (en nie jou selfoon nie) om lokaalinligting op jou assesseringsrooster te vind.?
- Die US se Klientedienssentrum is die primêre aankloppunt vir navrae en hulp, telefonies (021 808-9111) of per epos: info@sun.ac.za. Let asseblief daarop dat die Kli?ntedienssentrum vanwe? die opknapping van Admin A, tydelik in die Anorganiese Chemie-gebou in Bosmanstraat (direk oorkant Huis Marais)
- ?
- Vir bykomende inligting oor assesseringslokale, kan studente die Assesseringskantoor in Admin A (via die NARGA-ingang) besoek of per epos navraag doen: stbexam@sun.ac.za
- Navrae oor assesseringstoegewings — ook nuwe noodtoegewingsversoeke — kan per epos gestuur word na die Eenheid vir Gestremdhede: concessions@sun.ac.za. Studente kan hul briewe vir assesseringstoegewings via die SUNStudent-portaal aflaai. Raadpleeg bladsy 7 van die gebruikershandleiding vir aanwysings.?
- Meld
asseblief assesseringsverwante sake tydens enige A2- en A3-assesseringstydperke
per epos aan by mev Ruby Frans: ruby@sun.ac.za??


A2- en A3-assesseringstydperke vir 2025






